Background Image
Previous Page  77 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 77 / 92 Next Page
Page Background

in die kollig

S

uid-Afrika se voedselsekerheid is afhanklik van familie-

boerderye – daarom het Senwes hierdie gepaste tema

in samewerking met Agri NW en Vrystaat Landbou se

jongboerverenigings in hul jaarlikse Toekomsfokusdag op

13 September op NAMPO Park geïnkorporeer.

Dié dag het ‘n

Nasie in Gespre

-formaat aangeneem en twee pa-

neelbesprekings oor familieboerderye is deur mnr Theo Vorster

gelei. Toeskouers kon ook die

Nasie in Gesprek

-toepassing aflaai en

aktief aan die bespreking deelneem deur vrae vir die paneel te stuur.

‘n Kenner op die gebied van familiebesighede, mnr André Diede-

richs (stigter: The Family Business Association of South Africa

[FABASA]), is van mening dat 96% van Suid-Afrika se voedsel-

sekerheid aan familieboerdery te danke is. “Die huidige generasie

leen eintlik net die besigheid by hul kinders,“ het hy gesê. Hy het

ook sterk melding gemaak van die opvolger se plek in ‘n besigheid.

“‘n Opvolger moet vermoëns en bereidwilligheid hê. As die seun

nie geskik is nie, moet iemand anders geïdentifiseer word.

Dieselfde reëls wat by ‘n korporatiewe instelling geld, moet in ‘n

familieboerdery toegepas word.“ Hy het ook genoem dat die kort-

termynbehoeftes van individue ondergeskik moet wees aan die

langtermynbehoeftes van die familiebesigheid.

Tydens die bespreking het mnr Heinrich Botha (produsent van die

Bultfontein-distrik) klem geplaas op watter voorreg dit vir hom is

om saam met sy pa te boer, omdat een doel en een visie vir hul

belangrik is. Hy het ook genoem dat konflik in familiebesighede

nie noodwendig negatief is nie, aangesien mense mekaar so beter

leer ken en gesonde debatte ook ruimte laat vir groei.

Vrystaat Landbou se Jongboer vir die Jaar 2016, mnr DJ van der

Linde, het sy mede-jongboere aangemoedig om hul ouers se leiding

te waardeer. “Mentorskap is iets wat elkeen benodig om suksesvol

te boer. Die oordra van kennis is essensieel,“ het hy gesê.

Mnr Hendrik Wessels van PricewaterhouseCoopers is van mening

dat ‘n pa nie noodwendig moet uittree wanneer hy aftree nie,

aangesien sy adviserende rol onberekenbare waarde toevoeg.

“Bestuur die kommunikasie tussen pa en seun op só ‘n wyse dat

die een weet wat die ander se verwagtinge is. Plaas strukture,

soos ‘n trust, in plek om van generasie tot generasie die voordeel

uit die gesamentlike besigheid te trek en vermy sodoende

belastingimplikasies.”

1: Ben Prinsloo (Reivilo), Gideon van Zyl (Vryburg) en Jan van Zyl

(Vryburg) het Agri NW se Jongboerkomitee by die dag verteenwoordig.

2: Gerhard Bruwer (‘n jongboer) het oor Graan SA se projekte gesels en

genoem dat die regering na hierdie droogte móét besef hoe belangrik

voedselsekerheid is.

3: Produsente gesels oor hul ervarings in ‘n familieboerdery tydens

die paneelbespreking. Van links is Anton Botha, Heinrich Botha,

DJ van der Linde en Gerhard Bruwer.

75

November 2016

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

1

2

3