Background Image
Previous Page  69 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 92 Next Page
Page Background

Afrika wink,

hoor produsente

P

rodusente by die onlangse TLU SA-kongres moes tot hul

groot onsteltenis verneem dat die vermeende waarborge oor

eiendomsreg in die Grondwet alles behalwe behoorlik ver-

skans en gewaarborg is. Hulle het egter ook die goeie nuus

verneem dat Suid-Afrika se produsente baie welkom is in die res

van Afrika en dat daar goeie geleenthede is. Daarby is kennis

geneem van planne vir ‘n eie Afrikaanse landboukollege met af-

standonderrig.

Eiendomsreg

Die “waarborge“ wat in die Grondwet vervat is – veral met betrek-

king tot eiendomsreg – is in werklikheid nie waarborge nie. Die

Grondwet bied vanweë teenstrydige bepalings oor onder meer

eiendomsreg, voldoende beweegruimte aan die regering om tot ‘n

beduidende mate daarop inbreuk te maak sonder die risiko dat dit

ongrondwetlik verklaar sal word.

Dit is die mening van prof Koos Malan, dosent in Publieke Reg aan

die Universiteit van Pretoria. In ‘n kort onderhoud met

SA Graan/

Grain

het hy aangedui dat daar nog groter onsekerheid oor die

toekoms van grondwetgewing is nadat sowel die Staatspresident

as die Grondwetlike Hof onlangse wetgewing na die Parlement

terugverwys het.

Volgens prof Malan is algemene interpretasies en verklarings dat

sekere regte in die Grondwet verskans is, vals. Daarby deel die

hoogste hof breedweg die ideologiese beskouings van die regering.

Die gevolg is dat die regering daarop kan vertrou dat die Grond-

wetlike Hof in sensitiewe sake in die regering se guns sal beslis.

Hierdie waarheid tree toenemend op die voorgrond.

Prof Malan het verduidelik dat grondwetlike regte nie vanself-

sprekend is nie, maar eers betekenis kry wanneer hulle vertolk of

uitgelê en toegepas word. Teenstrydighede in die hele Grondwet

gee breë beweegruimte vir die vertolkers daarvan.

In Artikel 25 – die een oor eiendomsreg – tree die verbintenis tot

korrektiewe sosialisme vanweë die beperkings op eiendomsreg

opnuut sterk na die voorgrond. Dit is reeds duidelik uit die

Grondwetlike Hof se uitspraak in die 2013-saak van Agri SA teen

die Minister van Mineraal- en Energiesake dat privaat eiendom

nie tot die nadeel van teenstrydige aansprake verabsoluteer mag

word nie.

Die hof het ook die gebruik van ontneming (teenoor onteiening)

goedgepraat deur onder meer daarop te wys dat met onteiening

“die nasie se verbintenis tot grondhervorming en om billike toegang

tot natuurlike hulpbronne te bewerkstellig,” in ag geneem moet

word. Dit maak dit ook duidelik dat “eiendom” nie tot grond beperk

is nie.

Hy het verder daarop gewys dat dit nie slegs eiendom is wat be-

dreig word nie, maar ook ander belange, soos arbeid, onderwys,

taal en kultuur. Verskeie organisasies, soos Solidariteit, Afriforum

en die FAK, gee hieraan aandag. Dit is krities dat alle betrokke

organisasies nou saamwerk.

Afrika wil ons produsente hê

Daar is baie geleenthede vir Suid-Afrikaanse produsente in Afrika.

Afrika wil ons produsente hê en Afrika aanvaar ons produsente as

deel van Afrika.

Laasgenoemde is die mening van dr Theo de Jager, voorsitter van

die landbou-organisasie Agri All Africa, tydens die onlangse kon-

gres van TLU SA in Pretoria.

Dit is egter ook nodig dat Suid-Afrikaanse produsente besef dat

daar verskeie probleme is wat hul ernstig kan raak. Boerdery in

Afrika moet in samewerking met georganiseerde landbou aangepak

word en nie op eie houtjie nie. Produsente wat daaraan dink om

elders in Afrika te gaan boer, moet ook nie al hul belange in Suid-

Afrika tot niet maak nie, maar dit eerder diversifiseer.

Volgens dr De Jager, wat die afgelope drie jaar meer as 40 Afrika-

lande besoek het, bestaan daar goeie netwerke om produsente

in Afrika te vestig. Daar is reeds sowat 3 000 Suid-Afrikaanse

produsente in 42 Afrika-lande.

Ander probleme moet egter ook raakgesien en aanvaar word.

Probleme met finansiering op grond wat nie in eie besit is nie, is

seker die belangrikste hiervan. Daar is slegs vier lande in Afrika

waar grond in eie titel besit kan word.

‘n Gebrek aan infrastruktuur soos paaie, elektrisiteit en kommuni-

kasiemiddele is ook ‘n beduidende probleem. Wat hierby aansluit,

is die hoë koste om enigiets in Afrika te vervoer. Dit is nie net ‘n

kwessie van min en swak paaie nie, maar oral langs die pad moet

“betalings“ gemaak word – selfs by informele “tolhekke“. Hoewel

dit baie kos om in Afrika bedrywig te wees, is dit tog lonend

– veral weens die lae arbeids- en administrasiekostes.

“Hoe meer ‘n mens in Afrika reis, hoe meer besef jy Suid-Afrika is

maar ‘n integrale deel van Afrika en sal seker toenemend so word.

Afrika sal nie werklik vorder en floreer as landbou in Afrika nie aan

die gang kom nie,“ sê hy.

Eie landboukollege

Goeie vordering is reeds gemaak met die vestiging van ‘n eie

landboukollege, wat met afstandonderrig as onderrigmetode,

kursusse in Afrikaans en op ‘n Christelike grondslag sal aanbied.

Die aankondiging oor die kollege is op die jaarkongres van TLU SA

gemaak en inligting oor hoe mense kan bydra tot die vestiging

daarvan is aan kongresgangers voorsien. ‘n Program van borg-

skappe met afslag op klasgelde vir benoemde studente word onder

meer beoog.

Kundige persone is tans besig om akkreditering by die Suid-

Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA) in plek te kry.

67

November 2016

AKTUEEL

THYS HUMAN,

SA Graan/Grain

medewerker