Background Image
Previous Page  30 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 76 Next Page
Page Background

Mei 2017

28

Impak van predasie

in die wildbedryf

‘n

Studie deur die Universiteit van die Vrystaat om die eko-

nomiese verliese as gevolg van predasie in die wildbe-

dryf te bepaal, is in 2016 voltooi. Die studie is in Limpopo,

Noordwes Provinsie en Vrystaat gedoen, maar fokus is

geplaas op eersgemelde.

Inligting is ingesamel deur middel van telefoniese onderhoude.

201, 61 en 64 vraelyste is onderskeidelik in Limpopo, die Noordwes

Provinsie en die Vrystaat voltooi.

Die resultate van die studie weerspieël die bepaling van wildge-

talle, predasieverliese, betekenis vir die wildprodusent en die faktore

wat die verskillende spesies beïnvloed.

Dit is alombekend dat daar groot variasie tussen wildspesies is,

daarom is wild in drie groepe verdeel, te wete grootwildspesies,

kleinwildspesies en skaars/kleurvariant-wildspesies. Die vyf spesies

wat die meeste verliese getoon het as gevolg van predasie in elke

groep, is gebruik om die ekonomiese verliese te bereken.

Bepaling van wildgetalle

Wildprodusente kon een van vier metodes kies van hoe wild op hul

wildplaas getel word, naamlik fisies tel, randwaarde (verandering

in waarde van verkope), oogskattings en die hoeveelheid wild

beskikbaar om te jag.

Oogskatting is deur die meerderheid produsente in al drie provin-

sies gekies. Fisies tel van wild is deur bykans ‘n derde van wildpro-

dusente in Limpopo gekies, terwyl die hoeveelheid wildprodusente

in die Noordwes Provinsie en die Vrystaat wat fisies tel, weglaatbaar

klein is.

Dit is moeilik om die direkte koste van verliese te bereken, aange-

sien die pryse van wild baie tussen spesies varieer, asook tussen

telers van dieselfde spesies. Hierdie variasies kan lei tot oor- of

onderberamings.

Tabel 1

verskaf ‘n kort opsomming van vyf spesies in die drie

provinsies. Inligting oor die persentasie wildprodusente wat die

spesifieke spesie besit, die gemiddelde getal diere per jaar wat ‘n

wildprodusent verloor as gevolg van predasie en die gemiddelde

verliese per hektaar, word verskaf.

Beraming van predasieverliese

Soos uit Tabel 1 afgelei kan word, varieer die gemiddelde hoeveel-

heid wild verloor per hektaar tussen die provinsies.

Die direkte koste kan aan hoofsaaklik luiperd, rooikat en rooijakkals

toegeskryf word. Die indirekte koste wat geassosieer word met die

bestuur van predasie, is ook per hektaar bereken. Indirekte koste

van predasiebestuur is bereken deur die totale koste te deel deur die

hoeveelheid hektaar van produsente wat predasie bestuur.

Die bedrag van R26,15 is vir Limpopo bereken. Hierdie bedrag sluit

beide nie-dodelike en dodelike metodes in. 34% van wildprodu-

sente in Limpopo het aangetoon dat hulle geen metode van pre-

dasiebestuur toepas nie.

Betekenis vir die wildprodusent

As ‘n wildplaas in Limpopo 5 000 ha is en ‘n wildprodusent besit

byvoorbeeld njalas, kan hy verwag om 0,004 diere/ha te verloor.

Met ander woorde op hierdie plaas kan ‘n wildprodusent soveel

soos 20 njalas verloor (5 000 ha x 0,004).

Indien aanvaar word dat die gemiddelde basislynprys vir njalas

in 2014 R28 443 per bok was, sal die direkte koste vir die scenario

R568 860 (20 x R28 443) wees. Die indirekte koste sal dus R130 750/

jaar wees en die totale koste as gevolg van predasie sal dan gelyk

wees aan R699 610/jaar.

Direkte verliese en indirekte koste word per hektaar verskaf sodat

die wildprodusent sy/haar eie berekeninge kan maak rakende die

verliese wat hy/sy op hul eie wildplaas kan verwag.

Faktore wat predasie beïnvloed

Voorts het die studie bevind dat die faktore wat predasie tussen

die drie groepe, asook tussen die onderskeie provinsies beïnvloed,

verskil. Daarom is dit belangrik dat bestuur aangepas word na

aanleiding van die spesie waarmee geboer word.

Daar is gevind dat die faktore wat die voorkoms van predasie (of

predasie plaasvind of nie) beïnvloed en die faktore wat die vlak van

predasie (hoeveelheid) beïnvloed, verskil. Die voorkoms en vlak van

predasie word vervolgens bespreek.

Predasie op grootwildspesies

Topografie speel ‘n belangrike rol in die voorkoms van predasie.

Wildplase geleë in bergagtige en/of bosagtige dele in Limpopo

het ‘n hoër kans om predasie te ervaar. Die teenwoordigheid van

jagluiperds en karkasse as ‘n indikasie van predasie, lei ook tot ‘n

hoër voorkoms van predasie.

Geen beheermaatreëls, nie-dodelik of dodelik, het ‘n noemenswaar-

dige invloed op die voorkoms van predasie nie. ‘n Rede hiervoor

kan wees dat die metode wat wel ‘n effek gehad het, nie ingesluit

was in die model nie.

Die resultate toon dat manlike wildprodusente laer vlakke van

predasie ervaar, terwyl wildprodusente tussen die ouderdom van

36 en 45 hoër vlakke van predasie ervaar. As die wildprodusent

rooijakkalse as ‘n prioriteitsroofdier beskou, verhoog die vlak van

predasie. As karkasse ‘n aanduider van predasie is, sal die vlak van

predasie daal.

‘n Verduideliking hiervoor kan wees dat, sodra ‘n wildprodusent

karkasse in die veld sien hy/sy die karkas sal verwyder sodat dit

nie as aas dien nie. Karkasse in die veld gee aan die wildprodusent

ook ‘n idee van watter roofdier verantwoordelik daarvoor is en die

roofdier kan dus meer aandag geniet.

Nie-dodelike metodes soos elektriese heinings lei tot ‘n hoër vlak

van predasie. ‘n Moontlike rede hiervoor is dat roofdiere reeds binne

die omheinde kamp is. Dodelike metodes soos eienaars wat self

rooijakkalse en rooikatte jag, verhoog ook die vlak van predasie op

grootwildspesies. Die uitroeiing van die roofdiere skep geleentheid

vir ander roofdiere om die wildplaas binne te dring.

FOKUS

Wapens en jag

Mini-

ANCHE SCHEPERS,

landbou-ekonoom: NWK