Background Image
Previous Page  26 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 76 Next Page
Page Background

Mei 2017

24

Bepaling van finansiële prestasie

Die prestasie van enige besigheid verwys in effek na of die besig-

heid suksesvol is binne die mark waarin dit funksioneer. Die

onderneming se finansiële prestasie bepaal hoe lewensvatbaar

‘n onderneming is. Akkurate rekordhouding van finansiële state is

nodig om die prestasie te meet (die state is ten alle tye konfiden-

sieel gehou).

Boerdery-finansiële riglyne verskaf verskeie metodes waarop die

boerdery se finansiële prestasie gemeet kan word. In die algemeen

word vyf maatstawwe gebruik, naamlik likiditeit, solvabiliteit, wins-

gewendheid, terugbetalingsvermoë en finansiële doeltreffendheid.

In die studie is winsgewendheid uitgelaat, omdat groter plase se

geldeenhede geneig is om groter te wees as dié van kleiner plase.

Daarom is net verhoudings gebruik om die finansiële prestasie van

die studiegroep te bepaal.

Die finansiële verhoudings vir elke boerdery wat aan die studie

deelgeneem het, is bepaal en verwerk na ‘n algemene bedryfstelsel-

doeltreffendheidsmaatstaf. Dit is een waarde wat bepaal hoe

doeltreffend die boerderye is wat hul finansiële prestasie betref

wanneer hul met mekaar vergelyk word. Die rede daarvoor is om

die vergelyking van die verskillende entrepreneurseienskappe te

vergemaklik.

Verhouding tussen entrepreneurseien-

skappe en finansiële prestasie

In die oorspronklike bepaling van die verhouding van entrepre-

neurseienskappe met finansiële prestasie is die bedryfstelseldoel-

treffendheid (finansiële verhoudings) as een maatstaf gemeet en in

‘n entrepreneuriese indeks (wat al die entrepreneursvaardighede

as waarde meet) met mekaar vergelyk. Daar is gevind dat die

entrepreneuriese indeks ‘n klein positiewe effek op die finansiële

prestasie van die onderneming het.

Daar is verdere insig in die belangrikheid van entrepreneuriese

eienskappe op finansiële prestasie verkry toe die individuele vaar-

dighede met die finansiële prestasie vergelyk is.

Dit beteken dat as daar op een spesifieke eienskap/vaardigheid

waarin in die produsent dalk swakker presteer belê word, sal dit ‘n

groter positiewe effek op die finansiële prestasie van die boerdery

hê – eerder as om op die algehele finansiële prestasie te fokus.

Die ondersteuningsvaardighede (sterk/swak punte van die bestuur-

der/produsent self) het die grootste effek op die finansiële prestasie

gehad. Daarom: As die produsent sy kennis oor sy onderneming

en selfdoeltreffendheid verbeter, sal dit sy finansiële prestasie

verhoog.

Belangrikheid vir die produsent

As produsente op hul individuele entrepreneursvaardighede

konsentreer, sal hulle in staat wees om te identifiseer waar hulle

tekort skiet en dan die nodige tyd daarin belê om die vaardighede

te ontwikkel. Die bestuur van die boerdery vereis dat ‘n produsent

in al die vaardighede wat geïdentifiseer is, bevoeg moet wees. Dit lê

klem op die feit dat die produsent op individuele vaardighede moet

konsentreer sodat die nodige tyd en energie op die regte vaardig-

hede (die waarin die produsent tekort skiet) gefokus word.

Die algemene gevolgtrekking is dat die entrepreneuriese vaardig-

hede van ‘n produsent ‘n invloed op die finansiële prestasie van

die boerdery het. Daarom sal produsente wat aktief besig is om

hul entrepreneurseienskappe/vaardighede te verbeter, ‘n verbete-

ring in hul finansiële prestasie sien.

Die belegging in die opleiding van ‘n produsent op entrepreneu-

riese vlak sal lei tot groter/beter sukses in boerdery.

Ten slotte

Die studie bevestig die belangrikheid van investering in die per-

soonlike groei en ontwikkeling van die produsent. Die belegging in

die ontwikkeling van produsente se entrepreneuriese vaardighede

kan derhalwe lei tot ‘n toename in finansiële prestasie.

Hierdie inligting is gebaseer op navorsing wat deels deur die National Research

Foundation of South Africa (NRF) ondersteun is vir die subsidie, Unique Grant

nr. 94132. Enige opinie, bevinding, gevolgtrekking of aanbeveling wat hierin

gemaak is, is dié van die skrywer(s) en die NRF aanvaar geen verantwoordelikheid

daarvoor nie.

Entr preneurseienskappe n ϐinansiële prestasie

FOKUS

Geldsake en finansiële dienste

Spesiale