Background Image
Previous Page  25 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 76 Next Page
Page Background

FOKUS

Geldsake en finansiële dienste

Spesiale

Die verband tussen entrepreneurs-

eienskappe en ϐinansiële prestasie

I

n Suid-Afrika moet die fokus daarop geplaas word om binne

die verskeie onderafdelings van die landbousektor te integreer,

aangesien daar ‘n groot verskeidenheid van geleenthede vir

ekonomiese groei bestaan. Dit kan aanleiding gee tot innoveren-

de maniere om beleggings binne die landbousektor te vergroot.

In 2016 is daar ‘n studie aan die Universiteit van die Vrystaat in

samewerking met drs Janus Henning en Henry Jordaan voltooi, wat

onder andere gekyk het na die kredietmodelle wat finansiële instan-

sies gebruik, sowel as ander faktore wat tot die kredietwaardigheid

van ‘n landbouprodusent kan bydra.

Een van die faktore was entrepreneuriese eienskappe. Die hoofdoel

van die studie was om te bepaal of belegging in die verbetering

van entrepreneuriese eienskappe sal lei tot verbeterde finansiële

prestasie.

‘n Boerdery se prestasie kan verbeter deur sekere finansiële pre-

stasiemaatstawwe en die faktore wat die maatstawwe beïnvloed,

in ag te neem. Om prestasie te bevorder, moet produsente fokus

op die minimalisering van koste, toename in besigheidsgroei en die

verbetering van die onderneming se winsgewendheid.

Al die faktore kan deur entrepreneuriese eienskappe aangespreek

word, naamlik besluitnemingsvaardighede, geleentheidsoekende

optrede, probleemoplossingsvaardighede en die produsente se

bekwaamheid om te kan netwerk. Al die vaardighede en meer,

se verhouding met die finansiële prestasie van die boerdery, is

ondersoek.

Deur die hulp van ‘n finansiële instansie, is daar regoor Suid-Afrika

finansiële inligting sowel as antwoorde op ‘n entrepreneuriese

vraelys ingesamel. Die inligting is as hoogs konfidensieel beskou

en geen name/persoonlike besonderhede is aan enige van die

resultate gekoppel nie.

Bepaling van entrepreneurseienskappe

Daar is nie een spesifieke definisie vir entrepreneurskap waaroor

die akademici saamstem nie. Sekere terme word egter in die meer-

derheid van die definisies gebruik, naamlik innovering, lokus van

beheer, geleentheidsoekend en die risikonemende ingesteldheid

van die produsent, waaroor hulle saamstem.

Daarom word aanvaar dat ‘n produsent wat die risiko neem om

nuwe geleenthede aan te gryp en wat op ‘n innoverende manier die

geleenthede identifiseer en aanpak of benader, as entrepreneuries

beskou word.

Die entrepreneurseienskappe van ‘n individu kan op verskillende

maniere gemeet word. In die laaste dekade of so was entrepre-

neuriese vaardighede die mees populêre metode onder die

akademici. Die rede hiervoor is dat die metode en benadering tot

vaardighede die volgende insluit: Eienskappe, kenmerke, vermoëns

en vaardighede as onderliggende dimensies.

Entrepreneuriese vaardighede berus op die benadering dat die

gedrag en besluite van ‘n individu geneig is om hom of haar meer

entrepreneuries in sy/haar aktiwiteite te maak.

Die instrument wat gebruik is om die entrepreneurseienskappe

te bepaal, het die vaardighede in

Tabel 1

in die studiegroep

geïdentifiseer. Die vaardighede lewer elk ‘n bydrae tot spesifieke

entrepreneurseienskappe wat belangrik is om sukses in die finan-

siële bestuur van die boerdery te bereik.

23

May 2017

SIMONE NIEUWOUDT,

junior lektor: Departement landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

ENTREPRENEURIESE VAARDIGHEID BESKRYWING

Konseptuele vaardighede

Hierdie vaardighede lê klem op die manier waarop die produsent dink en hoe hy/sy probleme

benader en analiseer, verwerk en daarop reageer.

Verhoudingsvaardighede

Verhoudingsvaardighede word geassosieer met die produsent se vermoë in onderhandeling, in-

teraksie met ander partye betrokke by die boerdery, persoonlike netwerke en die mate waartoe die

produsent verantwoordelike risiko neem.

Geleentheidsvaardighede

Die vaardigheid meet die produsent se soeke na nuwe geleenthede in die landbousektor. Hierdie

nuwe geleenthede sluit in toename in markaandeel, effektiwiteit van die boerderyprosesse of die

vermindering van geleentheidskoste.

Strategiese vaardighede

Dit is die mate waartoe die produsent strategieë wat handel oor die organisering en bedryf van die

boerdery benader, evalueer en implementeer.

Bedryfsvaardighede

Die manier waarop die produsent sy bestuur en die bedryf van die boerdery benader. Dit benader

die daaglikse betrokkenheid en die vaardigheid van die produsent om die onderneming te bestuur.

Toewydingsvaardighede

Dit is die toewyding wat ‘n produsent aan die dag lê om ‘n sukses van enige nuwe onderneming

of uitbreiding van ‘n geleentheid of sukses van die boerdery te maak. Die toegewydheid (

commit-

ment

) om te presteer.

Ondersteuningsvaardighede

Dié vaardigheid is gebaseer op hoe die produsent sy/haar eie sterk punte en swak punte sien en

hoe maklik dit vir hom/haar is om daaruit te leer en te verbeter.

TABEL 1: ENTREPRENEURIESE VAARDIGHEDE WAT DEUR DIE STUDIEGROEP GEÏDENTIFISEER IS.