

RAAIGRASWEERSTAND
is steeds ‘n bedreiging
I
s raaigrasweerstand nog ‘n bedreiging in die Wes- en Suid-Kaap?
Die kort antwoord is: Ja, beslis.
Heelwat kleingraanprodusente sou raaigras so kort soos drie
jaar gelede uitgesonder het as die grootste bedreiging vir die vol-
houbare voortbestaan van hul boerderye. Hoewel die situasie op
heelwat plase verbeter het na die koms van voor-opkomsonkruid-
doders soos trifluralien, prosulfacarb (Boxer en Wrestler), triallaat
(Avadex) asook pyroxazsulfone (Sakura), is die vraag wat gevra
moet word: Hoe lank kan produsente nog op hierdie produkte staat-
maak vir effektiewe beheer van raaigras?
‘n Groot aantal produsente is van mening dat van hierdie middels
– en veral pyroxasulfone – sodanige astronomiese verbeterings
in voor-opkomsraaigrasbeheer tot gevolg het, dat hul nie meer ’n
raaigrasprobleem het nie. Dit is juis hier waar die probleem lê.
Daar kan beswaarlik gesoek word na ‘n beter teksboekvoorbeeld
van hoe raaigrasweerstand in die graanstreke in die Kaap afgespeel
het. Ons het amper vergeet van die dae toe die fops soos byvoor-
beeld clodinafop-propargyl (Topik) en diklofopmetiel (Hoelon) raai-
gras 100% kon beheer.
Ons almal weet wat hierna gebeur het en hoe teleurgesteld ons
was toe daar ook weerstand opgebou het teen die dims, byvoor-
beeld tralkoxydim (Grasp en Achieve), sulfoniel ureums (byvoor-
beeld Cossack en Hussar) en den-tipe onkruiddoders (Axial). In
hierdie tyd het produsente uitsluitlik staatgemaak op selektiewe
na-opkomsbeheer, want planters was tien jaar gelede nog nie so
algemeen in gebruik nie.
Mespuntplanters het dit moontlik gemaak om trifluralien as ‘n voor-
opkomsonkruiddoder tydens die plantproses te gebruik en alhoe-
wel dit ‘n welkome hulpmiddel was wat selfs vandag nog baie
algemeen in gebruik is, word te veel raaigras oorgeslaan. Die
raaigrasprobleem het geëskaleer omdat daar geen selektiewe
onkruiddoders meer oor is wat raaigras tussen grane kon doodmaak
nie. Die getal raaigrasse wat oorgeslaan is, het egter drasties
verminder nadat kombinasies soos prosulfacarb en triallaat met
die trifluralien gebruik is. Die sukses van pyroxazsulfone teen
raaigras veroorsaak dat ‘n groot aantal produsente groter gedeel-
tes van hul gesaaides na hierdie produk omskakel.
Wat ons egter moet besef, is dat die laaste hoofstuk oor die opbou
van raaigrasweerstand verseker nog nie geskryf is nie en ons moet
besef dat die voor-opkomsmiddels, pyroxasulfone ingesluit, ook
aan hierdie risiko’s blootgestel is. Nadat navorsers in Australië
dit reggekry het om onder glashuistoestande weerstand teen
pyroxazsulfone te ontwikkel, weet ons die moontlikheid bestaan
wel. Hierdie studie het weerstand gestimuleer deur aanhoudend
jaar na jaar ‘n laer as geregistreerde dosis pyroxazsulfone te ge-
bruik op ‘n reeds-bestande populasie teen verskeie ander groepe.
Dit is kommerwekkend dat hierdie weerstandbiedende raaigras
wat só verkry is, ook weerstandbiedend was teen beide triallaat
en prosulfacarb. In die wetenskap staan hierdie “ontwikkeling” as
kruisweerstand bekend en hierdie ontdekking moet ons laat besef
dat ons uiters verantwoordelik met ons huidige voor-opkomsmid-
dels moet omgaan.
In Australië word weerstandsontwikkeling teen pyroxasulfone as
een van hulle grootste risiko’s in die graanstreke beskou en die
Australiese regering het miljoene Australiese dollar bewillig aan
navorsing op soek na nuwe molekules indien daar weerstand sou
ontwikkel. Dit is vir elke produsent krities dat hy die werking van
pyroxasulfone moet verstaan. Pyroxasulfone het ‘n residuele wer-
king, wat beteken dat die ontwikkelende saailing die aktiewe be-
standdeel fisies moet opneem voordat dit sal afsterf.
In heelwat gevalle sien ons raaigrassaailinge wat eers op vier- of
vyfblaarstadium afsterf. Grondbewerking is dus die enigste manier
waarop hierdie onkruiddoder kan werk en daarom is dit belang-
rik dat al die onkruiddoder in die grond eindig. Pyroxasulfone is
redelik wateroplosbaar en sal met reën vanaf organiese materiaal
wat op die grondoppervlakte teenwoordig is afwas, tot in die
grond self. Ten spyte van hierdie eienskap sien ons egter dat hoe
minder materiaal op die oppervlak teenwoordig is, hoe beter is
onkruidbeheer.
Dit is vir die meeste produsente ‘n uitdaging omdat bewaringsboer-
dery, waar gepoog word om oesreste te bewaar, deur die meeste
produsente toegepas word. Die gebruik van voor-opkomson-
kruiddoders, soos genoem, waar baie organiese materiaal op die
oppervlakte teenwoordig is, blyk nie net ‘n risiko vir swak onkruid-
beheer te wees nie, maar ook ‘n geweldige risiko vir weerstands-
ontwikkeling in te hou.
Ons almal weet dat onkruiddoderweerstand groot potensiaal het
om te ontwikkel in ‘n intensiewe chemiese program waar beheer nie
goed is nie en ‘n paar onkruide deurglip, oorleef en saad stort. In
die geval van raaigras, wat ‘n kruisbestuiwer is, sal weerstandbie-
dende plante se stuifmeel met wind kan versprei – wat die versprei-
ding van weerstand nog vinniger sal aanblaas.
Alles in ag genome, moet ons besef dat ons op ‘n tydbom sit wat
enige dag kan ontplof. Dit is uiters belangrik dat ons verantwoorde-
lik moet omgaan met hoe ons die voor-opkomsmiddels aanwend,
maar ook hoe ons onkruidbeheer in die wisselboufase waarin grane
nie verbou word nie, toepas.
Dit is van kardinale belang dat geen raaigrassaadstorting moet
plaasvind in die wisselboufase nie. Dit kan bereik word deur onkruid
óf chemies te beheer met onkruiddodergroepe wat goed werk, óf
om onkruid meganies te beheer deur dit af te sny.
Crop-topping
,
waar onkruidsade in die sagtedeegstadium gesteriliseer word met
glifosaat of paraquat, is ook ‘n baie handige hulpmiddel.
Indien dit vir jou voel asof jou wisselboustelsel, waar die nie-
graanfase net een jaar is, nie die gewenste resultate lewer nie, moet
‘n stelsel waar lande vir twee jaar van graanverbouing onttrek word,
oorweeg word. Met só ‘n stelsel kan jy seker wees dat ten minste
95% van jou raaigrassade vir die graanfase uitgeskakel kan word.
Die onverantwoordelike optrede van enkele produsente kan die
huidige situasie, waar raaigras redelik onder beheer gehou word
deur byvoorbeeld pyroxasulfone, verander na ‘n situasie waar raai-
gras weer totaal buite beheer raak.
Ek vrees dat só ‘n situasie die kwynende koringbedryf die finale
doodskoot kan gee.
71
March 2017
FOKUS
Onkruidbeheer op wintergrane
Mini-
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker en
FREHAN BESTER,
Wes-Kaapse produsent en chemiese verteenwoordiger