

Raaigras-dinamika in die Swartland
O
nkruid is aansienlik nadelig vir gewasproduksie regoor
die wêreld. Kompetisie vir lig en voedingstowwe kan op-
brengste erg onderdruk en in uiterste gevalle selfs ‘n
hele kamp se opbrengs kos. In die Swartland is raaigras
sekerlik die nommer een vyand van die koringprodusent. Dit verg
‘n konstante waaksaamheid van die produsent om voor te bly in die
beheer daarvan.
Voordat bewaringslandbou, wat op geenbewerking geskoei is,
beoefen is, is onkruide meganies deur skaarploeë beheer. Die mono-
kultuurverbouing van koring het ook bygedra tot die opbou van
onkruidsaadbanke aangesien die keuses vir chemiese beheer redelik
beperk was. Dit het oor tyd gelei tot ‘n toename in onkruiddoder-
weerstand en gevolglik ‘n verdere beperking in die chemiese
arsenaal van produsente.
Die afwisseling van ander gewastipes met koring het nuwe lewe in
koringproduksie in hierdie produksiegebied geblaas. Die afwisseling
met peulgewasweidings soos medics en breëblaargewasse soos
kanola en lupiene (ook ‘n peulgewas) het ander opsies in terme van
chemiese beheer teweeggebring.
Die behoud van residu op die oppervlak het ook tot ‘n mindere
mate bygedra om onkruid te onderdruk. Die koms van die tandplan-
ters het dit moontlik gemaak om voor-opkomsonkruidbeheer te doen
en was baie effektief. Dit was egter nie die alfa en die omega nie en
nuwe chemie is so skaars soos hoendertande.
Ons langtermynwisselbouproewe, wat in 1996 begin het, wys dat
daar potensiaal in die afwisseling van gewasse (wisselbou) en geen-
bewerking (
no-till
) is.
Vir die eerste ses jaar van die proef, wat sy 22ste jaar in 2017 in-
gaan, is minimumbewerking gedoen. In hierdie tydperk is die
grond nog liggies losgemaak met ‘n implement voordat plant plaas-
gevind het. Sedert 2002 is daar ten volle oorgeskakel na geen-
bewerking.
Agt wisselboustelsels word getoets waarvan vier stelsels bestaan
uit ‘n kombinasie van medic-weidings en kontantgewas(se), drie
stelsels waarin daar net kontantgewasse verbou word en mono-
kultuur-koring wat as kontrole dien (
Tabel 1
).
Tydens die leeftyd van die proewe is ‘n magdom inligting ingesamel
– van gewasopbrengste tot die ekonomie van elke stelsel. Die moni-
tering van die onkruidsaadbank was een van hierdie stelle inligting.
Data-insameling
Die bespreking van die data in die artikel sal sekere tendense duide-
lik uitwys en ook watter stelsels die beste ten opsigte van raai-
grasbeheer gevaar het. Die metode wat ons gebruik het om die
saadbankgetalle te bepaal, het daarop berus om 40 monsters regoor
‘n kamp vir elke gewas in elkeen van die stelsels te neem.
Die 40 monsters is dan bymekaargevoeg en in saailingbakke onder
nette geplaas en besproei. Die bakke is gereeld gemonitor en daar
is aangeteken watter onkruide opgekom het. Sodra ‘n saailing getel
is, is dit verwyder, sodat saailinge nie meer as een keer getel is
nie. Deur die loop van die seisoen is daar dan ‘n totaal verkry – wat
dan ‘n aanduiding van die saadbank in die grond is, per m
2
.
Algemene waarnemings
Uit die resultate blyk dit dat ons, ten spyte van hoë saadbankge-
talle, dit regkry om raaigras te onderdruk en gedurende die seisoen
te beheer. Dit is egter kommerwekkend dat ons nie daarin slaag om
die raaigras uit te roei nie.
Uit praktiese waarnemings gedurende die seisoen wil dit voor-
kom of ons goeie aanvanklike beheer het, maar dat daar ‘n tweede
en derde ontkiemingsgeleentheid later in die seisoen voorkom.
Opvolgbeheer is nie altyd so effektief nie en gevolglik slaag die
laat ontkiemers daarin om saad oor te dra. In
Tabel 2
word die
verskille tussen die stelsels uitgewys. Raaigrasbeheer in die kon-
tantgewasstelsels (A, B, C en D) was betekenisvol swakker as in die
stelsels waar weidings ingesluit is (E, F, G en H).
Die saadbank was deurgaans die hoogste in die monokultuurkam-
pe en die insluiting van slegs een alternatiewe wisselbougewas
het beter gedoen. Die stelsel wat die beste ten opsigte van beheer
gevaar het, was stelsel G waar weidings afgewissel is met koring
en kanola. Daar was nie statistiese verskille tussen die weiding/
kontantgewasstelsels nie, maar daar is ‘n groot praktiese verskil
tussen 40 plante/m
2
en 311 plante/m
2
– as dit toegelaat word om
saad te maak.
67
March 2017
FOKUS
JOHANN STRAUSS,
Navorsing en Tegnologiese Ontwikkelingsdienste, Wes-Kaapse Departement van Landbou
STELSEL GEWASSE
Kontantgewasse
A
Koring monokultuur
B
Koring
→
koring
→
koring
→
kanola
C
Koring
→
koring
→
kanola
→
lupiene
D
Koring
→
kanola
→
koring
→
lupiene
Weiding/kontantgewas
E
Medic
→
koring
→
medic
→
koring
F
Medic/klawer
→
koring
→
medic/klawer
→
koring
G
Medic
→
koring
→
medic
→
kanola
H
Medic/klawer
→
koring
→
medic/klawer
→
koring (soutbos)
STELSEL
GEMIDDELDE SAAI-
LINGTELLING/M
2
STATISTIESE
VERSKILLE
A
3 241
a
B
3 024
ab
C
2 240
bc
D
1 707
c
E
372
d
F
355
d
G
311
d
H
40
d
TABEL 1: WISSELBOUSTELSELS GETOETS IN DIE LANGTERMYNPROEWE
BY LANGGEWENS-NAVORSINGSPLAAS.
TABEL 2: DIE STATISTIESE VERSKILLE TUSSEN STELSELS
EN DIE GEMIDDELDE AANTAL RAAIGRASSAAILINGE PER
STELSEL PER M
2
. STELSELS MET DIESELFDE LETTER VER-
SKIL NIE VAN MEKAAR NIE.
Onkruidbeheer op wintergrane
Mini-