Background Image
Previous Page  78 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 78 / 116 Next Page
Page Background

INLIGTING

Die sleutel tot suksesvolle besluitneming

d

ie hedendaagse landbou-omgewing het oor die af-

gelope paar jaar verskeie veranderinge ondergaan en

boerderye het as besighede in eie reg ontwikkel. Plase

word bestuur om so optimaal moontlik te produseer

ten einde wins te genereer sodat produsente volhou-

baar kan boer.

Oor die algemeen is daar ‘n groot verskeidenheid hulpmiddels be-

skikbaar wat met groot sukses aangewend kan word om die plaas

optimaal te laat funksioneer. Nuwe tegnologie het op die meerder-

heid plase in Suid-Afrika ‘n integrale deel van die produksieprak-

tyke geword en die meeste van hierdie masjinerie benodig groot

kapitale inspuitings.

Die koste verbonde aan uitbreidings in meganisasie beloop mil-

joene rande per jaar. Hierdie beleggings werp in die meeste van

die gevalle goeie vrugte af en

Grafiek 1

toon die totale produksie-

oppervlakte en gemiddelde opbrengs vir mielies vanaf die 2000/

2001-seisoen.

Alhoewel die produksie en gemiddelde opbrengs in die meeste

gevalle beïnvloed word deur eksterne faktore, byvoorbeeld reënval,

is dit tog duidelik dat die gemiddelde opbrengs oor hierdie tydperk

‘n stygende tendens getoon het. Dit wil sê dat die gewas se pro-

duktiwiteit oor hierdie tydperk toegeneem het en dit grootliks aan

beter tegnologiese vordering en beter bewerkingspraktyke toege-

skryf kan word.

Goeie produksiepraktyke is essensieel om te verseker dat die boer-

dery teen optimale vlakke produseer. Die ander aspek wat verseker

nie agterweë moet bly nie, is die bemarking van die boerdery se

produkte.

Dit laat egter die vraag ontstaan of produsente genoegsaam

spandeer om te verseker dat die bes moontlike bemarkingsbesluite

geneem word.

Die tegnologie op ‘n plaas kan van die beste wees, die bewerkings-

praktyke kan van die beste wees en selfs die natuur kan saamspeel

om optimaal te produseer, maar as daar nie effektiewe bemar-

kingsbesluite geneem word nie, kan dit verliese tot gevolg hê en

die plaas se winsgewendheid onder druk plaas.

Dit word deesdae al hoe meer algemeen vir produsente om be-

markers aan te stel om te verseker dat die bemarking van hul

produkte ten beste hanteer word met die oog daarop om meer

winsgewend te wees.

Markinligting

Ten einde ‘n effektiewe bemarkingsbesluit te neem, is toegang tot

voldoende markinligting van uiterste belang – veral in ‘n vryemark-

sisteem.

Van die inligting wat belangrik is en reeds tot ‘n groot mate be-

skikbaar is, is die vraag-en-aanbodsyfers, prystendense en produk-

siekoste. Die markinligting is alom beskikbaar en met die nuwe

tegnologie wat beskikbaar is, kan dit met die druk van ‘n knoppie

verkry word.

Baie inligting is in die mark beskikbaar wat met groot sukses

aangewend kan word wanneer dit kom by die neem van bemar-

kingsbesluite, maar daar is steeds ‘n paar grys areas as dit gaan oor

sekere beskikbare inligting. Daar is verseker ruimte vir die verbete-

ring van hierdie tipe inligting.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is die Amerikaanse Departement van

Landbou (USDA) se oesvorderingverslae, wat deurlopend aan die

mark ‘n goeie aanduiding gee van die toestand van die oes.

In Suid-Afrika is daar nie kapasiteit om hierdie tipe inligting sukses-

vol in te samel nie en daar is met tye beduidende onsekerhede in

die mark. Die tydperk tussen wanneer die eerste voornemens om

te plant (middel Oktober) deur die Nasionale Oesskattingskomitee

gerapporteer word tot en met die tyd wanneer die eerste oesskat-

ting vir die seisoen bekend gemaak word (einde Februarie), is daar

‘n groot leemte in terme van die beskikbare markinligting.

Daar bestaan gedurende hierdie tyd heelwat onsekerheid in die

mark – wat ‘n uiters volatiele mark tot gevolg het.

In ‘n poging om hierdie leemtes in die beskikbare markinligting te

omseil en die inligting beskikbaar te stel, het Graan SA van beskik-

bare tegnologie gebruik gemaak om ‘n spesiale toepassing (

app

)

te ontwikkel wat produsente sal ondersteun om hierdie inligting te

bekom. Die hoofdoel van hierdie toepassing is om vir produsente

as maatstaaf (

bechmarking tool

) te dien.

Die Graan SA-toepassing (

App

)

Die Graan SA-toepassing kan gebruik word om ‘n verskeidenheid

van inligting te bekom – wat strek vanaf voornemens om te plant

tot en met produksievordering, asook vordering met die stroop-

proses aan die einde van die seisoen.

Dit verskaf aan produsente wat daarvan gebruik maak die geleent-

heid om data te genereer en verslae soortgelyk aan die USDA se

DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA en

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom: Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 6 Februarie 2017

Maart 2017

76

OP PLAASVLAK