

produksievorderingsverslae saam te stel. Hierdie inligting, wat
die produsente op die toepassing invoer, kan dan gebruik word om
hul eie produksie met dié van jou streek te vergelyk – óf selfs teen
ander streke óf die land as ‘n geheel.
Die inligting wat tans op die toepassing ingesleutel kan word en
wat vir vergelykingsdoeleindes getoon word, sluit in reënval, voor-
nemens om te plant, plantvordering, produksietoestande, asook
vordering met stroop.
Hoe werk dit prakties?
Elke gebruiker van die toepassing kan sy inligting vir die verskillen-
de gewasse wat hy verbou, insleutel. Deur dít te doen, dra hy by
tot die algehele inligtingsbank wat uit die verskillende streke opge-
bou word, asook die totaal vir die land.
Wanneer die produsent sy inligting ingesleutel het, sal hy in staat
wees om die ander inligting te sien en kan hy dus na verskillende
verslae kyk en ook sy inligting met die res van die gebruikers se in-
ligting vergelyk.
Hy kan sy eie resultate met dié van sy streek, asook ander streke
of die hele land vergelyk. Sodoende het die gebruikers van die toe-
passing meer inligting tot hul beskikking, wat bydra tot die sukses
van die besluitnemingsproses.
‘n Praktiese voorbeeld van die toepassing is die voornemens om te
plant en die aanplantingsvordering.
Indien die produsente in die verskillende streke die voornemens om
te plant invoer, sal dit die totale beplande hektare vir die streek toon,
asook dié vir die hele land. Soos die aanplantings vorder, sal die
verslae dan op ‘n persentasiebasis toon hoeveel van die voorne-
mens al werklik aangeplant is.
Sodoende kan produsente ‘n baie beter prentjie kry van waar die
aanplantings op ‘n sekere stadium staan, terwyl dit tans meestal ‘n
raaiskoot is.
Met die produksievordering kan produsente dan ook tydens die
groeiseisoen aantoon hoe die produksietoestande van die gewas-
se lyk en dit as ‘n persentasie uitdruk (uitstekend, goed of sleg).
Dit sal ‘n goeie aanduiding wees van wat die omstandighede in die
verskillende streke is en ook in die land as geheel.
Hierdie verslae werk almal op dieselfde basis en daarom sal dit
ook so deurtrek na strooptyd toe waar produsente dan weer die
hektare wat gestroop gaan word, kan insleutel en die vordering van
die stroopproses sal dan as ‘n persentasie van voltooiing aangedui
word vir die streke en die land.
Die inligting wat op die toepassing beskikbaar gestel word, sal kol-
lektief vir ‘n streek of vir die land bekendgemaak word en daarom
bly die produsent se persoonlike inligting anoniem en kan persoon-
like inligting nie deur ander gebruikers gesien word nie.
Toekomstige verwagtinge
Tans maak die toepassing slegs voorsiening vir die produksiekant,
maar die verdere ontwikkeling van die toepassing sal voorsiening
maak vir die insetkant ook – wat baie waardevol vir die produsent
sal wees.
Soos met enige besigheid speel die kostekomponent van ‘n boer-
derybesigheid ‘n kardinale rol. Die produsent wil sy koste so laag
as moontlik hou om kompeterend te wees. Daarom sal die uitbrei-
ding van die toepassing voorsiening maak vir produsente om hul-
self ook in terme van die kostestrukture, wat insluit produksiekoste
en die koste van insette, te vergelyk. Sodoende kan die gebruikers
van die toepassing hulself teen die gemiddeldes van hul eie streke,
asook ander sterke en die hele land, vergelyk om vas te stel hoe
kompeterend hulle in terme van produksiekoste is.
Dit sal dan aan produsente die geleentheid bied om te verbeter
indien hul sien dat hulle nie regtig kompeterend is in terme van
produksieskoste nie. Dít sal hul die geleentheid bied om weer eens
ondersoek te gaan instel en vas te stel hoekom hul koste bo die ge-
middeld is.
Die toepassing sal ook voorsiening vir die gebruikers daarvan
maak om die pryse in te sleutel wat hulle vir hul insette betaal. So-
doende kan produsente sien wat die gemiddelde pryse van die ver-
skillende insette in hul eie streek, asook in die land, is. Dit sal aan die
produsent beter bedingingsmag met die aankoop van verskillende
insette gee.
Ten slotte
Uit die aard van die saak is daar altyd ‘n paar nadele verbonde aan
so ‘n stelsel. Die toepassing is afhanklik van die deelnemers en hoe
meer deelnemers daar is wat van die toepassing gebruik maak, hoe
meer akkuraat sal die inligting wees.
Dit is dus van uiterste belang dat soveel as moontlik produsente
van die toepassing gebruik sal maak om maksimum van hier-
die inligting in die mark beskikbaar te kry. Die toepassing is ook
eksklusief vir lede om te verseker dat produsente eerstehands toe-
gang tot die inligting het.
Daar is natuurlik nog baie inligting in die vryemarkstelsel wat nie al-
tyd vir almal in die waardeketting beskikbaar is nie, maar Graan SA
werk hard daaraan om te verseker dat die inligting aan almal binne
die waardeketting bekendgemaak word.
Die toepassing kan op verskeie mediums gebruik word, wat in-
sluit selfone, rekenaars asook
ipads
en tablette. Die toepassing kan
afgelaai word by die volgende skakel:
app.grainsa.co.za
.
Grafiek 1: Oppervlakte geplant, totale opbrengs en gemiddelde opbrengs van mielies in Suid-Afrika.
* Vooruitskatting
Bron: NOK, 2017
77
March 2017
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Theresa Pretorius 2016