

Maart 2017
68
FOKUS
Onkruidbeheer op wintergrane
Mini-
Interessanthede uit die studie
In die volgende paar grafieke gaan ons ‘n paar tendense bestudeer.
Soos reeds genoem, was die saadbank die hoogste in die mono-
kultuurstelsel. Kyk ons egter na stelsel B, wat beter gevaar het en
waar kanola in een uit die vier jaar ingesluit is, kan die effek van
die opbou in die saadbankgetalle met agtereenvolgende jare se
koringverbouing, duidelik gesien word (
Grafiek 1
).
Vir elke agtereenvolgende jaar wat koring geplant is, bou die telling
op en word dan met die kanola-jaar weer afgebring. In hierdie stel-
sel is dit van belang dat daar van ‘n triasien-tolerante (TT)
kanolakultivar gebruik gemaak word, want dit bied ander chemiese
beheeropsies.
‘n Mens boet egter opbrengspotensiaal in deur van die TT-tipe
kultivar gebruik te maak. Wanneer jy na die koringopbrengs in hierdie
stelsel kyk, verlaag die gemiddelde opbrengs met elke jaar wat
koring op mekaar volg. Van jaar een na jaar twee val die opbrengs
gemiddeld 250 kg/ha en van jaar twee na jaar drie met ‘n verdere
300 kg/ha.
Grafiek 2
dui die gemiddelde raaigrastellings in drie van die vier
weidings/kontantgewaskombinasies aan. Uit die grafiek is dit
duidelik dat die saadbankgetalle na die medic-jaar laag is en dan
weer optel na die koring-jaar.
Raaigras hou van versteuring van die grond en haat kompetisie.
Die voordeel van die peulgewasweidings is dat dit vanself her-
vestig en daar dus in daardie jaar geen versteuring van die grond
plaasvind nie. Die raaigras wat wel ontkiem, word effektief gedu-
rende die seisoen beheer.
Stelsel G se opeenvolging van gewasse toon duidelik die voordele
van verskillende wisselgewasse, min versteuring en alternatiewe
chemie in
Grafiek 3
.
Ter afsluiting
Wisselbou werk, want minimale versteuring soos in die weidings-
fase is ook beter as in die gewasse waar daar nog van tandplanters
(
no-till
) gebruik gemaak word. Ons is op hierdie stadium nog in
staat om die geveg met raaigras binne die produksieseisoen te wen,
maar die eintlike vraag is of ons die oorlog wen...En hier is die ant-
woord kortom: Nee.
Sodra raaigras weerstand teen een chemiese tipe ontwikkel, volg
weerstand teen ander tipes vinnig daarop. Nuwe chemie is daar
nie, die laaste nuwe chemiese metode van werking is in die 1980’s
ontwikkel en sedertdien steun ons op dit wat ons beskikbaar het.
Die antwoord lê in ‘n nuwe denkwyse. Ons sal nie net op chemie
kan staatmaak nie. As ons wil vóór bly in die beheer van raaigras, sal
die volgende aspekte in die toekoms aandag moet kry:
Die oorbeweeg na geenbewerking (
zero-till
) met skyfplanters om
so min as moontlik versteuring van die grond te bewerkstellig.
Daarmee saam, nouer rywydtes om beter kompetisie tussen
gewas en onkruid te bied.
Die plant van moontlike dekgewasse, om ook te dien as “smoor-
gewasse” om probleme aan te spreek.
Die implementering van ‘n meer buigsame wisselboustelsel.
Kontak dr Johann Stauss by
johannst@elsenburg.comvir meer
navrae hieroor.
Grafiek 1: Raaigrassaadbanktellings – Stelsel B. Die opbou van die
raaigrassaadbank in agtereenvolgende jare van koringproduksie en
die effek van ‘n enkel jaar kanola. Die letters dui die gewasvolgorde
aan, met C = kanola en K = koring. Die laaste letter in die reeks dui
die gewas wat verbou is, aan.
Grafiek 3: Raaigrassaadbankgetalle – Stelsel G. Die opbou van die
raaigrassaadbank in die weiding/kontantgewasstelsel G. Die letters
dui die gewasvolgorde aan, met M = medics, C = kanola, s = soutbos en
K = koring. Die laaste letter in die reeks dui die gewas wat verbou is, aan.
Grafiek 2: Raaigrassaadbanktellings – Stelsels E, F en H. Die opbou van
die raaigrassaadbank in die weiding/kontantgewasstelsels E, F en H.
Die letters dui die gewasvolgorde aan, met M = medics, c = klawer,
s = soutbos en K = koring. Die laaste letter in die reeks dui die gewas
wat verbou is, aan.
Raaigras-dinamika in Swartland