

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
62
Topoeste wys droogte ‘n ding
D
uPont Pioneer se 2015/2016 nasionale Weeg en Wen-
opbrengskompetisie vir mielie- en sojaboonprodusente
se wenners is einde Oktober verlede jaar tydens ‘n toe-
kenningsgeleentheid in Midrand, Johannesburg, aange-
kondig.
Die kompetisie het plaasgevind in ‘n uiters uitdagende landboujaar,
maar ten spyte van die erge droogte het produsente steeds
uitsonderlike goeie opbrengste gelewer. “Hulle het ‘n voorbeeld
gestel van die opbrengste wat behaal kan word wanneer die beste
genetika en die beste bestuurspraktyke in die veld ontmoet,” het
mnr Tony Esmeraldo (besturende direkteur: DuPont Pioneer Suid-
Afrika) in ‘n persverklaring gesê.
Van die ongeveer 100 produsente wat aan die kompetisie deelge-
neem het, is 18 finaliste in sewe kategorieë aangewys, naamlik:
Besproeiing (sojaboon en mielies), droëlandmielies (oostelik en
westelik), oostelike (sojabone) en westelike (sojabone) gebiede en
KwaZulu-Natal (sojabone).
Die kompetisie vereis dat ‘n minimum van 2 ha geplant moet
word met ‘n geregistreerde mielie- en/of sojaboonsaadbaster van
enige saadmaatskappy. Kategoriewenners het pryse ter waarde van
R400 000 ontvang. Die medeborge van die kompetisie was John
Deere, Syngenta, FNB, Sanlam, Santam en Senter 360.
“Die Weeg en Wen-kompetisie is die eerste nasionale opbrengs-
kompetisie en ons glo die kompetisie sal van krag tot krag gaan. Die
doel van die kompetisie is om hoër opbrengste te realiseer en om
produktiwiteit en winsgewendheid te verhoog. DuPont Pioneer is
trots om ons te assosieer met ‘n kompetisie soos hierdie. Dit gee
ons die geleentheid om kiemplasma se potensiaal op die plaas te
toets,” het Esmeraldo gesê.
‘n Soortgelyke kompetisie word deur die National Corn Growers
Association in die Verenigde State van Amerika aangebied.
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
Neem deel aan vanjaar
se kompetisie!
Vir meer inligting en om te registreer vir die 2016/2017-
kompetisie, besoek
www.WeegenWen.co.zaof stuur ‘n e-pos
aan
info@weegenwen.co.za .1: William Gibbings van Winterton was die wenner in die kategorie
“Mielies droëland oostelike gebiede”. Gibbings spog met ‘n uitstekende
opbrengs van 13,53 t/ha.
2: Die hoogste produksie van sojabone onder besproeiing is deur
Gerrit Roos van Belfast behaal, met ‘n opbrengs van 5,236 t/ha.
3: Pieter van Vuuren van Standerton was die wenner in die kategorie
“Sojabone oostelike gebiede”. Hy het ‘n opbrengs van 3,9634 t/ha in die
kompetisie gerealiseer.
4: Armand de Villiers van Fochville het weggestap met die wenprys in
die kategorie “Sojabone westelike gebiede”. Hy het ‘n opbrengs van
3 t/ha in die kompetisie behaal.
1
2
3
4
Produk-inligting