

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
60
Samewerking plant nuwe
saadjie in mark
S
ensako het onlangs nuwe grond gebreek met die opening
van ‘n saadverwerkingsaanleg op Bethlehem. Dié geleent-
heid, wat op 16 Januarie plaasgevind het, het ook ruimte
geskep vir die bekendstelling van VKB en Sensako se nuwe
gesamentlike graansaad-onderneming, Senseed. VKB en Sensako
sal elk ‘n 50%-belang in Senseed hou.
Senseed sal onafhanklik bedryf word en fokus op die verskaffing
van agronomiese sade vir gewasse vir die somerreënvalstreek.
Saam met VKB kan Sensako sinergieë uitbrei deur die saadmaat-
skappy se kernvaardighede in navorsing en saadproduksie met die
landboumaatskappy se logistiek, finansiering en die verskaffing
van insette te kombineer. Op dié manier baat alle belanghebbendes
by die samewerking.
Sedert Sensako se herbekendstelling in 2008 het die maatskappy,
wat tot op daardie stadium op koring gefokus het, heelwat tyd en
energie belê om sy portefeulje uit te brei om ook hawer, gars, rog
en mielies in te sluit – met ‘n spesifieke fokus op oliesade soos
sojabone en sonneblom.
Juis vanweë VKB se strewe om waarde vir sy landbouklante toe
te voeg, het daar ‘n behoefte ontstaan om sterker bande met die
telers van die genetika te smee. Hoewel daar heelwat energie deur
die privaat sektor in die teling van bastersaad ingeploeg word,
sal die teling van selfbestuiwende gewasse in die toekoms tot ‘n
groter mate deur die gebruikers daarvan gedryf moet word, bloot
omdat dit nie so winsgewend is om daarmee te teel soos wat met
bastersade die geval is nie.
Senseed verleen aan VKB die geleentheid om kragte met ‘n ervare
teler van genetika saam te snoer. Sensako het die intellektuele
kapitaal en ‘n bewese rekord in die teling van puik genetika.
VKB is reeds jare lank betrokke by die kweek van saad, die verwer-
king en die verskaffing en finansiering daarvan aan landboupro-
dusente en het ‘n groot bestaande klantebasis wat produsente in
die Vrystaat, Limpopo, KwaZulu-Natal en Mpumalanga insluit. Daar
is dus sterk sinergie tussen VKB en Sensako. As dié twee kragte
saamgevoeg word, kan ‘n beter platform geskep word om die pro-
dusente in die Hoëveldstreek te bedien.
Deur Senseed kan VKB sy bestaande klante beter diens en Senseed
het ook die vermoë om klante oor ‘n groter geografiese gebied as
net VKB se gebied, te diens. Die landbou-onderneming sal steeds
die finansiering van saadverkope – wat deur Senseed sowel as ander
saadverskaffers aan hulle verkoop word – aan sy klante finansier.
Mnr Patrick Graham (kommersiële direkteur: Sensako) het die
600 m
2
-aanleg tydens die geleentheid bekendgestel en genoem dat
dit oor ‘n kapasiteit van tot 5 ton per uur vir kleingrane beskik met
2 500 m
2
pakhuisspasie, 400 m
2
kantoorspasie, 300 m
2
aflaai-area en
‘n vieras-weegbrug.
“Vandag is die geboorte van Senseed, wat saadvoorsiening na ‘n
volgende vlak sal neem. Met die sinergieë wat daar tussen VKB
en Sensako bestaan, glo ek dat daar ‘n suksesvolle strooptyd vir
Senseed wink,“ het mnr Koos van Rensburg (besturende direkteur:
VKB) tydens die geleentheid gesê.
ELMARIE HELBERG,
SA Graan/Grain
medewerker
Van die sprekers tydens die geleentheid was Patrick Graham,
Francois Koekemoer (Sensako), Andries Theron (Graan SA),
Wikus Bergh (Sensako) en Koos van Rensburg.
Wikus Bergh by rolspelers in die konstruksie van die aanleg:
Zelda Collie (BZM Construction), Brent Collie (BZM Construction) en
Johann Steyn (MVD).
Die aanleg net buite Bethlehem is saam met ‘n nuwe gesamentlike
onderneming tussen VKB en Sensako op 16 Januarie bekendgestel.
Produk-inligting