

55
March 2017
FOKUS
Saad
Spesiale
TABEL 3: OVERBERG AGRI
TABEL 4: SSK
Wes-Kaap
KORINGKULTIVARS
2016
PER 50 KG
2017
PER 50 KG
%
VERANDERING
SST 88
370
388
4,9
SST 015
370
388
4,9
SST 027
370
388
4,9
SST 056
370
388
4,9
SST 087
370
388
4,9
SST 0127
-
388
-
SST 0117
-
388
-
SST 0147
-
388
-
Ratel
-
414
-
Kwartel
-
414
-
Gemiddeld
370
393,2
4,9
GARSKULTIVARS
2016
PER 50 KG
2017
PER 50 KG
%
VERANDERING
Erica
348
365
4,9
Nemesia
-
365
-
Agulhas
-
365
-
Hessekwa
-
365
-
Elim
-
365
-
S16
-
365
-
Gemiddeld
348,00
365
4,9
KORINGKULTIVARS
2016
PER 50 KG
2017
PER 50 KG
%
VERANDERING
SST 88
360
345
-4,2
SST 015
360
345
-4,2
SST 027
360
345
-4,2
SST 056
360
345
-4,2
SST 087
360
345
-4,2
Ratel
425
425
0,0
Kwartel
425
450
5,9
SST 0117
360
345
-4,2
SST 0127
360
345
-4,2
SST 0147
-
345
-
Gemiddeld
374
364
-2,9
GARSKULTIVARS
2016
PER 50 KG
2017
PER 50 KG
%
VERANDERING
SVG 13
260,00
265
1,92
Erica
335,00
345
2,99
SKG 9
-
445
-
S 12
-
345
-
S 14
-
345
-
Gemiddeld
320,00
349
2,45
Saadpryse in die Wes-Kaap kos R381 per 50 kg-sakkie. Garssaad-
pryse het op ‘n gemiddelde basis met 3% gestyg.
Die inligting in die tabelle neem nie korting vir vroeë bestellings en
grootmaat-aankope in aanmerking nie. Dit is belangrik om navrae
aan die saadmaatskappye self te rig om te verseker dat die beste
moontlike prys beding word.
Kultivarkeuse
Belangrike riglyne wat gevolg behoort te word wanneer kultivar-
keuses uitgeoefen word, is die volgende:
Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van agro-
nomiese eienskappe, plaag- en siekteweerstand, valgetal en
gradering te versprei.
Moet nie ‘n staatmaker-kultivar summier met ‘n nuwe en on-
bekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/onbekende kulti-
var eers op ‘n kleiner skaal aan en maak seker dat dit aan
persoonlike vereistes voldoen.
Raadpleeg die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) se handlei-
dings vir wintergraanverbouing en verseker dat die kultivar
onafhanklik geëvalueer en volgens eienskappe wat op die plaas
belangrik is, presteer. Raadpleeg ook die invoegsel wat saam
met dié uitgawe van
SA Graan/Grain
versprei word, waarin die
resultate van die nasionale kultivarevaluasieprogram deur die
LNR-KGI gepubliseer is. Raadpleeg die betrokke kundiges indien
inligting ontbreek of onsekerheid bestaan. Waak daarteen om ‘n
ongetoetste kultivar aan te plant.
Saadkwaliteit is krities
Goeie kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle vestiging
van die gewas en ‘n goeie oes. Koringsaad kan volgens kwaliteit in
drie kategorieë verdeel word, naamlik:
Gesertifiseerde saad
Dit is hoëkwaliteit saad waarvan belangrike eienskappe soos
kiemkragtigheid en suiwerheid teen relatiewe streng norme deur
saadmaatskappye gewaarborg word. Indien produsente probleme
met gesertifiseerde saad ondervind, kan ‘n saak uitgemaak word
wanneer ‘n eis ter sprake kom. Die tipe saad word deur erkende saad-
en landboumaatskappye verskaf.
Kommersiële saad
Dit is saad van aanvaarbare tot goeie kwaliteit wat aan sekere vereis-
tes van die Plantverbeteringswet voldoen. Die kwaliteitsvereistes is
egter nie so streng soos vir gesertifiseerde saad nie. In die geval
van ‘n saadprobleem, sal ‘n produsent hom tot die Registrateur van
die Plantverbeteringswet kan wend. Die tipe saad word ook deur
erkende saadmaatskappye en landboubesighede verskaf.
Teruggehoue saad
Teruggehoue saad is graan wat deur produsente uit die vorige oes
teruggehou is om as saad vir die volgende seisoen te dien. Dit is
wettig, solank die graan nie as saad verkoop word nie. Produsente
loop produksie- en opbergingsrisiko’s indien teruggehoue saad
gebruik word. Enkele probleme wat ondervind word, is byvoor-
beeld die muf van saad indien dit te klam gestoor word, kalander-
skade indien dit nie berook word nie en swak ontkiemingsvermoë
indien dit te warm opgeberg is.
‘n Produsent het geen eis of regsgronde ten opsigte van saadkwali-
teit (en algemene prestasie van die kultivar) indien teruggehoue
saad geplant word nie.
Graan SA beveel dié praktyke nie aan nie.
INSET-OORSIG