Background Image
Previous Page  34 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Maart 2015

32

HANS LOMBARD,

vir Monsanto

Dr Shadrack Moephuli (hoof uitvoerende beampte van die Landbouna-

vorsingsraad), links, oorhandig pakkies van die DroughtTEGO WE3127

droogtebestande gewone mieliebastersaad amptelik aan die adjunk-

minister van landbou, generaal Bheki Cele.

Generaal Bheki Cele plant met ‘n eenry-handplanter die eerste

DroughtTEGO WE3127 droogtebestande mielies op die LNR se

Loskop Navorsingsplaas, op Groblersdal. Hy is omring deur ‘n

skare opkomende boere wat elk gratis saad ontvang het om dié

seisoen te plant.

Droogteverdraagsame mielie

bekend gestel

D

ie adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye,

generaal Bheki Cele, het amptelik die eerste voorraad

droogteverdraagsame konvensionele witmielie-bastersaad

op die Landbounavorsingsraad (LNR) se navorsingsplaas

op Groblersdal, Limpopo, bekend gestel.

Sowat 10 000 sakkies, 500 gram elk en bekend as DroughtTEGO

TM

WE3127, is gratis deur die LNR landwyd aan ‘n aantal opkomende

boere geskenk. Die saad sal tydens die 2014/2015-seisoen in demon-

strasieplotte geplant word.

Met die volgende plantseisoen sal die saad van verskeie saad-

handelaars teen ‘n verlaagde prys beskikbaar wees, danksy

Monsanto wat die tegnologie-tantieme gratis aan opkomende

boere voorsien.

Luidens dr Kingstone Mashingaidze, navorsingspanbestuurder vir

plantteling en biotegnologie van die LNR-Instituut vir Graangewasse

(LNR-IGG), het proewe met WE3127 tydens die 2013/2014-plant-

seisoen opbrengste van gemiddeld tot 7,7 ton/ha in Mpumalanga

gelewer, 7,4 ton/ha in Limpopo en 5 ton/ha in KwaZulu-Natal.

Dié droogteverdraagsame mielie is deur die Waterdoeltreffende

Mielies vir Afrika-projek (WEMA) ontwikkel. Dit is deur die Kenia-

gebaseerde Stigting vir Landboutegnologie in Afrika (AATF) gekoör-

dineer en word geborg deur die Bill en Melinda Gates-stigting, die

Howard G. Buffett-stigting, USAID (die VSA se hulpverleningsagent-

skap), CIMMYT (Internasionale Mielie- en Koringverbeteringsentrum)

en Monsanto. As dit nie vir Monsanto was nie, het dié projek nie

van die grond af gekom nie, aldus dr Sylvester Oikeh, van die AATF

en WEMA-projekbestuurder. Volgens hom het Monsanto drie

transgene (GMO) en 700 globale kiemplasma-tantieme geskenk.

Generaal Cele het gewaarsku dat dié saad nie hulself gaan plant

nie. Hy het ‘n beroep op boere gedoen om hulle sokkies op te trek,

hard aan die werk te spring en die saad te plant. “Maar ons wil nie

werk nie. Suid-Afrikaners is lui. Baie bly in huise omring met grond,

maar stap daaroor na die supermarkte om te gaan kos koop in plaas

daarvan om dit self te plant,” het hy beklemtoon.

“Droogtes veroorsaak oesverliese, werkloosheid, hongersnood

en armoede. Klimaatsverandering voorspel erger toestande met

bogemiddelde temperature. Hierdie drogteverdraagsame-mielie-

variëteite sal boere help om droogtes te verlig,” het generaal Cele

verder gesê. Hy het die aankondiging verwelkom dat droogte- en in-

sekverdraagsame mielies teen 2017 beskikbaar sal wees. Dit sal die

hoë koste van insekdoders vir boere verlig.

Hy het ook ‘n hou gemik na “sommige wat gradueer met

grade en vaardighede en in plaas daarvan om hul moue op te

rol en boere in die veld behulpsaam te wees, vestig hulle hulself

in Sandton en plant blomme”. Vir meer besonderhede, skakel

dr Kingstone Mashingaidze by 018 299 6356 of 074 694 6946.

Baie bly in huise omring met grond,

maar stap daaroor na die supermarkte

om te gaan kos koop in plaas daarvan

om dit self te plant.