Background Image
Previous Page  108 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 108 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

106

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Hierdie metode is uiters geskik vir kommersiële grondboonpro-

duksie aangesien daar met groot hoeveelhede gewerk word. Waak

egter teen die vermenging van kultivars, wat uiters maklik kan ge-

beur aangesien meganiese oestoerusting soms baie moeilik is om

skoon te maak nadat daar met ‘n spesifieke kultivar gewerk is en so-

doende die kanse van kultivarvermenging verhoog.

Met al die voordele uitgelig, is daar wel ook ‘n nadelige kant. Die

droging van grondbone in sakvorm nadat dit meganies gepluk

is, is ook ‘n proses op sy eie wat beplanning en toesighouding

verg aangesien sakke grondbone geneig is om oor nag “voete te

kry” en van die plaas af te verdwyn. Sulke diefstal veroorsaak aan-

sienlike oesverliese en verg dus goeie bestuur om dit hok te slaan.

Die aankoop van meganiese toerusting wat benodig word vir die

grondboonoesproses moet geregverdig word deur die hoeveel-

heid hektaar aanplantings wat jaarliks beplan word. Die toerusting is

duur en gewasspesifiek. Daar moet dus besin word of die produsent

‘n grondboonprodusent is en of daar net grondbone aangeplant

gaan word.

Om met die ou, bekende metode grondbone in hopies te pak,

behels die gebruik van baie handearbeid en is ‘n tydsame proses

wat goeie mensebestuur behels. Die uithaalproses geskied met ‘n

lem-tipe uithaler wat grondbone onder die grond lossny en dan ‘n

span arbeiders wat agterna kom en die grondbone fisies skud om

van oortollige sand ontslae te raak (

Foto 3

).

Die plante word dan in grondboonhopies gepak waar hulle gelaat

word om natuurlik te droog oor ‘n tydperk van ses tot agt weke.

Hierna word die plante gepluk en die peule gesak, waarna die oes na

die verwerkersaanleg vervoer word.

Hierdie metode van grondbone oes is arbeidsintensief en tydsaam,

maar lewer ‘n hoër kwaliteit gradering van ‘n grondboonoes as

wat by die meganiese oesproses verkry word en word dus aanbe-

veel vir saadproduksie. Met hierdie metode van oes kan vermen-

ging van kultivars baie goed bestuur word aangesien die plukkers

wat gebruik word vir die pluk van hopies nog van die ouer tipes is,

soos die ou Slattery-plukkers (

Foto 4

) en dus maklik is om skoon te

maak ná die oes van elke kultivar.

Natuurlik beïnvloed die weersomstandighede ook die keuse van

watter oesmetode gebruik gaan word. In droogtejare gebeur dit

dat die grondboonplante nie hoog genoeg groei nie en dus word

daar probleme ondervind tydens die uithaalproses waar die uit-

halers nie die plantmateriaal opgetel kan kry nie en ook dat die kort

plante deur die kettings van die skudders val.

Dit lei sodoende tot groot verliese wat nie gedurende die uiterste

toestande bekostig kan word nie. In baie nat jare, wanneer hoë

reënval tydens oestyd ondervind word en daar nie voldoende

afdroogtyd vir windrye op die lande is nie; asook die nat toestande

op die lande wat veroorsaak dat swaar masjinerie vasval in die

lande, sal die ou metode van hopies pak eerder gevolg moet word

om sodoende oesverliese tot ‘n minimum te bekamp.

Die meganiese oesproses wat in Amerika gevolg word, kan glad

nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse oesproses nie aange-

sien daar in Amerika op ‘n rypheidsgraad van 60% reeds begin oes

word en daar meestal Runner-tipe grondbone verbou word.

Kwaliteit, soos gesien in Suid-Afrika, speel in Amerika ook nie so

‘n groot rol nie. In Suid-Afrika word steeds gefokus op Spaanse-

tipe grondbone waar daar op 75%-rypheidsgraad begin oes word

om optimale kwaliteit en opbrengs te verkry. Dit is dus uiters

belangrik vir die Suid-Afrikaanse produsent om in gedagte te hou

dat hy ‘n hoëkwaliteit produk moet lewer om die beste prys daarvoor

te kry.

Grondbone bly winsgewend, maak nie saak of daar meganies ge-

oes word of hopies gepak word nie – dit hang alles af van hoe die

somme op plaasvlak klop. Die uiteinde van die saak bly: Wat is

die winsmarge wat in die produsent se sak eindig en die kwaliteit

van die produk wat gelewer word?

Vir navrae, kontak Loureine Salomon by

SalomonL@

arc.agric.za

.

Die oes van grondbone:

Meganiese oes versus die pak van hopies

3: Handearbeid besig om grondboonplante te skud nadat dit losgesny is met ‘n uithaler-lem.

4: ‘n Slattery-plukker waarmee grondboonhopies gepluk word.

3

4