Background Image
Previous Page  105 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 105 / 124 Next Page
Page Background

Onkruidsade kan egter ook versprei word deur wind, water, diere

en besmette implemente tydens grondbewerking en die oesproses.

Meeste onkruide is bekend daarvoor dat dit hoë getalle saad vry-

stel, maar die ontkieming en opkoms van saad kan drasties af-

neem wanneer geen nuwe, vars saad in die saadbank gedeponeer

word nie, dit wil sê wanneer onkruide effektief beheer word.

Om die storting van saad te verhoed, is die beste manier om

onkruidgetalle effektief te beheer. In een studie is die saadbank

van gras- en breëblaaronkruide tot 5% verlaag oor ‘n periode van

vyf jaar, maar toe onkruide in die sesde jaar nie beheer is nie,

het onkruidgetalle in die saadbank met 90% verhoog. Een jaar se

oneffektiewe beheer van onkruide het dus verreikende gevolge

op die onkruidgetalle in die saadbank. Soos reeds genoem,

produseer onkruidspesies duisende of selfs miljoene sade per

plant, byvoorbeeld een porseleinplant produseer 52 000 sade,

withondebossie 72 000 sade per plant en gewone misbredie

117 000 sade per plant.

Grasspesies is ook bekend vir hulle saadproduksie en een kruis-

vingerplant produseer ongeveer 180 000 sade en een uintjie-

knol kan gedurende een jaar tot 1 900 plante met 7 000 knolle

produseer. Hierdie prentjie skets dus die belangrikheid daarvan

om onkruidsaadgetalle so ver as moontlik te verminder gedurende

‘n plantseisoen.

Die hele dinamika en bestuur van die onkruidsaadbank in die

grond het ook omvattende gevolge wanneer onkruiddoderweer-

standige onkruidspesies in ‘n land voorkom. Alle populasies van

onkruidspesies het tot ‘n mindere of meerdere mate ‘n “natuurlike”

weerstand teen sekere onkruiddoders.

Wanneer slegs een of twee plante in ‘n onkruidpopulasie beheer

“ontsnap” en saad stort, gee dit oorsprong aan ‘n volgende, meer

weerstandige populasie. Só kan ‘n klein weerstandige populasie dan

binne die bestek van twee tot drie jaar ‘n hele land besmet.

Die goue reël van effektiewe vermindering van onkruidsaad in

die saadbank is om te verhoed dat onkruide volwasse word, blom

en saad stort. Effektiewe beheer deur middel van grondbewerking

en/of onkruiddoders moet vroegtydig toegepas word om sodoen-

de die onkruidsaadbank te bestuur en oor tyd te

verminder.

Vir meer inligting, kontak Elbé Hugo by

HugoE@arc

.

agric.za

of 018 299 6298.

Die goue reël van effek-

tiewe vermindering van

onkruidsaad in die saadbank

is om te verhoed dat

onkruide volwasse word,

blom en saad stort.

Die onkruidsaadbank se effek

op gewasverbouing

103

March 2015

Strookbewerking

Strookbewerking, of die sogenaamde

strip-till

, is waar ‘n strook sowat 30 cm

breed, van die grond bewerk word. Die be-

werking word slegs gedoen waar geplant

gaan word, met ‘n onbewerkte gedeelte

tussen die plantrye. In ‘n 90 cm-ryspasiëring

word ‘n derde van ‘n land dus bewerk.

Die saadbed word in stroke gemaak en ‘n

konvensionele planter sonder enige aanpas-

sing kan steeds gebruik word. Die nadeel

van strookbewerking is dat ‘n gedeelte van

die grond steeds onderhewig is aan die

nadele van konvensionele bewerking.

Bewaringsbewerking, geenbewerking en

strookbewerking is dus terme wat spesi-

fiek met bewerking te doen het.

Bewaringslandbou

Baie mense gebruik die term bewarings-

bewerking, maar bedoel eintlik bewarings-

landbou of bewaringsboerdery. Bewa-

ringsbewerking en bewaringslandbou is nie

dieselfde ding nie.

Bewaringslandbou, soos van die naam af-

gelei kan word, is ‘n produksiestelsel en

konsentreer met ander woorde nie net

op bewerking nie. Indien graan in ‘n be-

waringslandboustelsel geproduseer word,

word minstens drie praktyke of begin-

sels saam toegepas. Die eerste praktyk is

minimumgrondversteuring en indien ‘n be-

trokke grond daarvoor geskik is, geenbe-

werking. Geenbewerking het die voordeel

dat die grond se erosiekwesbaarheid laag

gehou word en dat voordelige organismes

in die grond kan gedy deurdat hul habitat

nie versteur word nie.

Die tweede praktyk is die behoud van

oesreste op die grondoppervlak. Dit be-

perk ook erosie, veral winderosie en

bevorder die infiltrasie van water. Die

voordeel is dat die effektiewe reënval

verhoog word weens minder afloop. ‘n

Groter hoeveelheid graan kan dus per

millimeter reën wat val, geproduseer

word. Dit is ‘n baie belangrike voordeel in

die semi-ariede klimaat waarin ons graan

produseer en waar water gewoonlik die

mees beperkende produksiefaktor is.

Die derde praktyk is wisselbou en ons

weet reeds baie lank dat wisselbou ‘n

manier is om die siekterisiko so laag as

moontlik te hou. Die grond se kwaliteit

of gesondheid word ook bevorder, veral

met die insluiting van peulgewasse in die

gewasstelsel. Die graankwaliteit word ge-

woonlik ook deur wisselbou bevorder.

Ondervinding wys duidelik dat in seisoene

waartydens mieliekwaliteit ‘n probleem

raak, oortref mielies wat deur sonneblom

voorafgegaan is, se kwaliteit gewoonlik

dié van monokultuur-mielies.

In bewaringslandboustelsels word im-

plemente soos skeurploeë, skottelêe en

ploeë nie meer gebruik nie, omdat dit die

erosiekwesbaarheid van die grond ver-

hoog en die kwaliteit van die grond laat

agteruitgaan. Dit is implemente wat ‘n

belangrike rol in konvensionele gewaspro-

duksiestelsels speel, waar dit vir primêre

grondbewerking en onkruidbeheer ge-

bruik word.

In bewaringslandboustelsels word die ge-

noemde implemente slegs in uitsonderlike

gevalle (en beperk) aangewend, soos om

‘n ernstige probleem met verdigting op te

hef of om kalk in te werk.

Alle aanduidings is dat konvensionele

gewasstelsels, waar die grond by herhaling

versteur word en mielies in monokultuur

verbou word, nie volhoubaar is nie. Be-

waringslandboustelsels is die enigste wyse

waarop volhoubare graanproduksie be-

vorder kan word. Ons uitdaging is om die

fynere besonderhede van

die stelsel op alle grondsoor-

te uit te werk om dit te

laat slaag.