Background Image
Previous Page  103 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 103 / 124 Next Page
Page Background

Die onkruidsaadbank se effek

op gewasverbouing

D

ie term saadbank beskryf die versameling van alle on-

kruidsade wat bo-op en binne-in die grondprofiel ver-

sprei is. Dit kan vergelyk word met ‘n buis grond waarin

die sade vertikaal en horisontaal versprei is.

Hierdie saadbank is dus saamgestel uit sade wat onlangs vryge-

stel is (vars saad) en ook sade wat lankal vrygestel is en in die grond

kan oorleef (ouer sade). Elke land waarop gewasse verbou word,

se saadbank sal verskil na aanleiding van die grondtipe, grondvog,

omgewingstoestande en dominante onkruidspesies wat voorkom.

Die onkruidsaadbank gee ‘n belangrike aanduiding van die fisiese

geskiedenis van onkruide wat oor die jare teenwoordig is op ‘n land

asook waar produksiepraktyke noemenswaardige verskille in die

getalle van onkruidspesies tot gevolg gehad het.

Horisontale verspreiding van onkruidsaad in die saadbank sal oor-

eenstem met die rigting waarin gewasse geplant word, terwyl ver-

tikale verspreiding bepaal sal word deur die tipe grondbewerking.

In geploegde lande sal die meeste onkruidsaad in die boonste

10 cm tot 15 cm voorkom, terwyl saad in minimumbewerkte

lande (byvoorbeeld rip-op-ry) in die eerste 5 cm tot 10 cm gekon-

sentreerd sal wees. In geenbewerkte lande word meeste van die

onkruidsaad bo-op die grond of net onder die grondoppervlak-

te aangetref.

Die grootte van onkruidsaad speel ook ‘n rol in die ontkieming van

kleinsadige onkruide, soos byvoorbeeld grasonkruide, withonde-

bossie en gewone misbredie – wat vlak ontkiem. Grootsadige

onkruide van byvoorbeeld oliebome en kankerroos, wat meer voe-

dingsreserwes het, kan dus dieper in die grondprofiel ontkiem.

Onkruidsaad kan langer onder die grond (5 cm - 15 cm) oorleef

(bewerkte lande), terwyl dit bo-op die grond (geenbewerkte lande)

meer blootgestel is aan predasie deur voëls en knaagdiere asook

omgewingstoestande.

Onkruidsaad se suksesvolle oorlewing en ontkieming in die grond

hang grootliks af van die inherente saaddormansie (die vermoë van

saad om ongunstige toestande te oorleef) van elke onkruidspesie,

maar die hoeveelheid saad en omgewingsfaktore speel ook ‘n

groot rol. Die oorgrote meerderheid van onkruidsaad se oorlewings-

tydperk wissel tussen twee en vier jaar, maar sommige grootsadige

onkruidspesies kan tot tien jaar of langer oorleef.

Die hoofbron van onkruidsaad in ‘n saadbank is afkomstig van

onkruidspesies wat beheer “ontsnap”, of waar oneffektiewe beheer

verkry is en onkruide dan saad stort ná blom.

ELBÉ HUGO,

LNR-Instituut vir Graangewasse

1a en 1b: Die gewone misbredie (

Amaranthus hybridus

) se volwasse

plant en saad.

2a en 2b: Die olieboom (

Datura

spp.) se volwasse plant en saad.

3a en 3b: Die withondebossie (

Chenopodium album

) se volwasse plant

en saad.

1a

3a

3b

1b

2a

2b

101

March 2015

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Versameling onkruidsade