Maart 2015
102
Bewaringsbewerking of
bewaringslandbou?
I
n die omgangstaal word baie terme ge-
bruik as daar van bewerking gepraat
word – terme soos konvensionele, ver-
minderde, bewarings-, geen- en strook-
bewerking. Nog ‘n term wat van tyd tot
tyd gehoor word, is direkte plant.
Hierdie verskeidenheid van terme en hoe
hul aangewend word, skep verwarring en
misverstande, want wat een persoon met
byvoorbeeld bewaringsbewerking bedoel,
kan totaal verskil van dít wat iemand
anders daaruit verstaan. Om misverstande
te voorkom, is dit nodig dat dieselfde
terme vir die dieselfde praktyke of begrip-
pe gebruik word.
Konvensionele bewerking
Konvensionele bewerking verwys na hoe
bewerking tans nog op groot skaal gedoen
word. Die eerste of primêre bewerking
voordat geplant word, is dan gewoonlik ‘n
ploegbewerking. Die ploegaksie versteur
die bogrond met ‘n mengaksie.
Onkruide word sodoende vernietig en die
grootste gedeelte van die oesreste met die
bogrond vermeng. Dit word soms met ‘n
tweede, vlakker bewerking opgevolg met
die doel om ‘n goeie saadbed te skep en
onkruide te vernietig. Verdere bewerkings
gedurende die seisoen word gedoen om
bemesting toe te dien, onkruid te beheer,
vog te bewaar of erosie te bekamp.
Skaar-, skottel- en tandimplemente word
in konvensionele stelsels gebruik. Die her-
haalde grondversteuring wat met kon-
vensionele bewerking gepaard gaan, het
die nadeel dat dit die grond se erosie-
kwesbaarheid verhoog, terwyl die struk-
tuur vernietig word. Nie net neem die
humusinhoud verder ook af nie, maar die
mikro-organisme se balans word versteur
wat op sy beurt ook daartoe bydra dat
die grond se kwaliteit daal.
Ten spyte van die suksesvolle graanpro-
duksie wat met konvensionele bewerking
behaal is en steeds behaal word, onder-
myn dit egter die langtermynvolhoubaar-
heid daarvan.
Bewaringsbewerking
Bewaringsbewerking is ‘n ou term wat sy
ontstaan in die VSA gehad het as
conser-
vation tillage
. By bewaringsbewerking
word ‘n primêre bewerking gedoen, maar
die grootste deel van die vorige seisoen
se oesreste word op die grondoppervlakte
agtergelaat. Verder word daar dan hoof-
saaklik van chemiese in plaas van meganie-
se onkruidbeheer gebruik gemaak.
Met die oesreste op die grond behoue,
word gronderosie, veral winderosie, be-
perk en vandaar die term “bewaringsbe-
werking”. Die gebruik van ‘n beitelploeg in
plaas van ‘n skaarploeg kan as bewarings-
bewerking beskou word. Die grond word
egter steeds deur die bewerking versteur.
Bewaringsbewerking het ‘n groot impak
op erosie in die Vrystaat gemaak. Die
sandgrond van die Noord- en Noordwes-
Vrystaat is aanvanklik geploeg wat dit be-
sonder kwesbaar vir winderosie gemaak
het. Gedurende die 1970’s het die rip-op-
ry-bewerkingstelsel die lig gesien waar die
meeste oesreste op die grondoppervlak
gelaat word.
Die oesreste bekamp erosie en kan dit
selfs voorkom indien die bedekking van
die grond voldoende is. Onkruiddoders
se toenemende beskikbaarheid en die ge-
bruik daarvan het ook bewaringsbewer-
king bevorder. Met bewaringsbewerking
word erosie bekamp, maar dit laat steeds
die grond se kwaliteit daal.
Geenbewerking
Geenbewerking is maar bloot die Afrikaans
vir
no-till
. Geen primêre grondbewerking
word toegepas nie en daar word in ‘n
onversteurde grond geplant. Die enigste
versteuring van die grond vind tydens
die plantproses plaas. Dit is dus sinoniem
met “direkte plant”, soos dit in Argentinië
genoem word. Met geenbewerking word
erosie en die kwaliteitsagteruitgang van die
grond beperk.
OP PLAASVLAK
Bewaringsbewerking / Bewaringslandbou
Bewaringslandbou
ANDRÉ NEL,
LNR-Instituut vir Graangewasse
1: Bewaringsbewerking waar al die oesreste op die grondoppervlakte
gelaat word terwyl die grond bewerk word, is nie bewaringslandbou nie.
2: Konvensionele bewerking verhoog die erosiekwesbaarheid
van grond.
1
2