Background Image
Previous Page  107 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 107 / 124 Next Page
Page Background

Grondbone bly wins-

gewend, maak nie saak

of daar meganies geoes

word of hopies gepak

word nie...

Die oes van grondbone:

Meganiese oes versus die pak van hopies

M

et die huidige stand van die ekonomie, is dit uiters

belangrik vir die grondboonprodusent om alle aspekte

rondom grondboonverbouing noukeurig te ondersoek

om sodoende koste-effektiewe besluite te kan neem.

Oestyd is een van die mees intense tydperke van die grondboon-

produksiesiklus. Besluite wat hier geneem word, kan groot impak-

te hê op die finale winsmarge wat in die produsent se sak eindig.

Dit hang nie net af van die korrekte oesdatum nie, maar ook van die

oesmetode wat gevolg word.

Die besluit of daar meganies geoes gaan word, kan gedoen word

as die meganisasietoerusting beskikbaar is en wanneer die toestan-

de tydens oestyd die meganiese oes van grondbone toelaat en

of daar gebruik gemaak gaan word van handearbeid vir die pak

van hopies.

Watter oesmetode?

Wanneer die twee tipes oesmetodes aan die skaal gehang word, is

daar beide voordele en nadele aan elk verbonde en sal die produsent

elk moet opweeg teenoor sy eie unieke situasie op die plaas, om

sodoende die korrekte besluit te kan maak.

Die meganiese oes van grondbone behels die lig van grondbone

deur spesiale aangepaste grondboonuithalers (

Foto 1

) wat die

grondbone lossny en uitskud voordat dit in windrye geplaas word

wat bestaan uit twee tot vier aangeplante rye.

Hierdie windrye word dan op die land gelaat om winddroog te

word en, afhangende van die weerstoestande, mag die windrye

omgedraai word om eweredige afdroging te verseker. Wanneer die

grondboonpeule ‘n voginhoud van tussen 18% - 20% bereik het,

sal die plukproses ‘n aanvang neem. Daarvoor word gespesialiseer-

de grondboonplukkers (

Foto 2

) ingespan om die taak te behartig.

Hantering

Hier kan die peule in beide losmaat of in sakvorm hanteer word.

Indien losmaathantering verkies word, moet daar vooraf met die

verwerker reëlings getref word vir die droging van die losmaat-

grondbone in spesiale drogingsaanlegte.

Indien grondbone gesak word ná die plukproses, sal die sakke op

die land gelaat word om natuurlik af te droog waarna dit vervoer

sal word na die verwerkingsaanleg. Hierdie metode van oes verg

presisiebeplanning aangesien hier aspekte in gedagte gehou moet

word, soos wat die hoeveelheid hektare is wat ‘n plukker per dag

kan behartig om sodoende net die regte hoeveelheid grondbone te

lig vir ‘n bepaalde dag.

Weer eens moet oesgereedheid in ag geneem word aangesien daar

nou aanpassings gemaak sal moet word omdat die hele oes nie op

optimale oesgereedheid geoes kan word nie en daar dus ingeboet

sal moet word.

Verder sal daar peulverliese wees tydens die omdraai van die

windrye, wat oesverliese tot gevolg sal hê. Wat egter tot voordeel

van die meganiese oesproses is, is die feit dat daar tot 88% min-

der tyd bestee word aan man-ure wanneer die grondbone gelig

word en 91% aan man-ure wanneer die bone gepluk word.

Die verkorte tydperk wat die grondboonoes op die plaas is nadat

dit gepluk word indien meganiese droging beoog word, beteken

ook ‘n verlaagde risiko vir die produsent.

105

March 2015

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Grondbone / Meganiese oes / Hopies

LOUREINE SALOMON,

LNR-Instituut vir Graangewasse

1: ‘n Grondboonuithaler besig om grondbone

te lig en in windrye te gooi.

2: ‘n Meganiese grondboonplukker.

1

2