SA Grain March 2014 - page 6

Maart 2014
4
d
ie ander dag het
Braam Olivier ‘n
mooi konsep van
die
blinkblaar
wag-‘n-bietjie met
ons by die graan-
waardeketting se jaarlikse be-
planning gedeel. Hy het vertel
dat ‘n mens soms in dié bos
loop en so lekker stap dat jy nie
meer so mooi oplet wat rond-
om jou aangaan nie. Dan skie-
lik “gryp” ‘n wag-‘n-bietjie jou
om jou net weer tot jou sinne
te bring.
Jy moet dan stop, weer oplet
en tyd neem om die dorings uit
te trek, op te kyk en weer koers
te kry. Dit het my laat dink aan
hoe ons as graanbedryf die af-
gelope 17 jaar aangestap het in
die vrye mark se “bos”. Ons het
aanvanklik aangepas, nuwe planne gemaak
en strukture in plek gekry om ons deur
hierdie bos te help.
Die wag-‘n-bietjie-oomblik vir die graan-
bedryf het egter einde verlede jaar aange-
breek toe die Minister van Landbou, Bos-
bou en Visserye voorgestelde wysigings
aan die Bemarkingswet aangekondig het.
Sy het beslis die bosbouding ernstig op-
geneem en is besig om die “vryemarkbos”
van landbou met wortel en tak uit te kap.
Daar is nog min aanduidings van waar-
mee sy beplan om dit te vervang, behalwe
dat sy die een sal wees wat die besluite
in die toekoms sal neem. Dié van ons wat
bekend was met die ou beheerde stelsel,
sal beslis so ‘n rilling of twee kry as ons
terugdink aan ‘n sisteem waar die minister
al die besluite geneem het.
As jy ‘n minister het wat landbou goedge-
sind is, kan dit dalk nog werk, maar ai,
soos dit tans lyk, gaan die produsente
beslis tweede kom. Graan SA sal werklik
ernstig moet besin oor wat hierdie wag-
‘n-bietjie-moment vir ons as produsen-
te inhou. Elke doring sal baie versigtig
uitgetrek en die wonde verbind moet
word, (dalk nog klere lap ook), en dan op-
kyk en pad soek vorentoe.
Daar is twee ernstige dorings wat ek
vandag wil uitwys: Eerstens die aanslag
om die vrye mark met ‘n beheerstelsel te
vervang en tweedens, die poging van die
minister om die graantrusts se fondse te
bekom.
Die vrye mark het die afgelope 17 jaar sy
staal gewys. Daar was nog elke jaar ge-
noeg kos in die land. Met tye was dit duur
weens wêreldtoestande, maar daar was
ook tye wat dit vir dieselfde redes goed-
koop was. Nooit ‘n tekort nie!
Die trusts het aanvanklik met die droom
begin om addisionele fondse beskikbaar
te stel vir dinge soos navorsing en om te
help met die ontwikkeling van ons nuwe
toetreders. Baie gou het ons agtergekom
dat die fondse eerder aangewend moet
word waar die kapasiteitstekorte van die
staat aangevul moes word.
Fondse vir markinliging was daar nie,
navorsing se staatsfondse het bykans
opgedroog en geen bydraes is gemaak
ten opsigte van die ontwik-
keling van nuwe toetreders
tot die graanbedryf nie. Ek
kan my bykans nie voorstel
hoe die bedryf daar gaan uit-
sien sonder die ondersteu-
ning van die trusts nie. Geen
SAGIS, SAGL, Landbou-ont-
wikkelingsprogram, navor-
sing en koringteling nie, om
nie eers te praat van die
miljoene rande wat ons tot
kapasiteitsbou in die LNR
belê het nie.
Ingevoerde graan word net
so lukraak deur die staat
getoets en die resultate
word nie gepubliseer sodat
dit deursigtig is nie. As die
SAGL dit nie met behulp van
die trustfondse doen nie, sal
ons nie weet wat ons eet nie.
Verlede jaar het ons met groot opwinding
‘n verandering beleef toe die Departement
van Landelike Ontwikkeling en Grondher-
vorming groot bedrae beskikbaar gestel
het om ons opkomende boere te kapitali-
seer. Die ouditeur-generaal het Graan SA
se boeke kom nagaan en was net vol lof
vir die deeglikheid en akkuraatheid waar-
mee ons dit hanteer het.
Produsente is toegerus met trekkers,
planters, ploeë en spuittoerusting. Groot
was ons verwagting toe ons in Julie 2013
‘n nuwe aansoek ingestuur het om die
manne en vroue ‘n verdere jaar te kan help
om van hulle kommersiële boere te maak.
In Desember 2013 kry ons uiteinde-
lik die antwoord dat dit nou te laat is en
ons maar eerder vir volgende jaar moet
begin beplan. Ek wonder of die fondse
skielik eerder ander prioriteite moes dek
(lees verkiesing) as om kos te produseer.
‘n Mens kan net dink hoe die produsente
moes voel wat implemente het, maar nie
toegang tot fondse om insette te koop nie.
Wat ‘n teleurstelling!
Wag-‘n-bietjie!
JANNIE DE VILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
Graan SA sal werklik
ernstig moet besin
oor wat hierdie wag-
‘n-bietjie-moment vir
ons as produsente
inhou.
STANDPUNT
POINT OF VIEW
Graan SA
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...124
Powered by FlippingBook