1
March 2014
Ontmoet ons
medewerkers...
b
radley Flett van die LNR-
Instituut vir Graangewasse
(LNR-IGG) is in Durban
gebore en het buite Eshowe,
Zululand op ‘n suiker- en melkplaas
grootgeword. Hy het sy BSc-graad
in 1981 by die Universiteit van Natal,
Pietermaritzburg voltooi. In 1982
het hy by die LNR-IGG begin werk en sedertdien sy Honneurs-
asook MSc- en PhD-grade behaal.
Hy is tans ‘n senior navorser by die LNR-IGG in plantpatologie
en ‘n buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit.
Prof Flett spesialiseer in mieliesiektes (hoofsaaklik mieliekop-
vrotte en mikotoksiene), maar doen tans ook navorsing op soja-
bone en sonneblomme.
Prof Flett is reeds 24 jaar getroud met Elaine en hulle het ‘n seun,
Sean, wat nou 11 is. Sy stokperdjies sluit die meeste buitemuurse
aktiwiteite, veral diepseehengel, jag en skubaduik, in. Hy geniet
dit ook om voëls te kyk en is dol oor wildfotografie.
W
il jy ook weet hoeveel koring in ‘n kilogram
koringsaad is? Dié vraag het nie net een
korrekte antwoord nie. As hierdie vraag gevra
word oor tien kultivars, sal daar tien verskillende
antwoorde wees.
WILLEM KILIAN
(LNR-Klein-
graaninstituut) kyk op
bladsy 32
hoe plantestand
tans bepaal word, watter groot foute gemaak kan
word, wat die navorsingsresultate sê en
wat aanbeveel word.
B
akteriese stam- en kelkvrot was dié seisoen
weer problematies vir mielieprodusente.
BELINDA JANSE VAN RENSBURG
en
prof Bradley Flett (LNR-Instituut vir Graange-
wasse) bespreek op
bladsy 103
die ekonomiese
belangrikheid en epidemiologie, siekte-
simptome en beheermaatreëls van
bakteriese stam- en kelkvrot.
V
eesiektebekamping is iets waarmee die vee-
boer elke dag te doen het. Sommige daarvan,
soos miltsiekte, kom sporadies voor, terwyl ander
weer elke dag in die produsent se dagboek
behoort te wees.
GERHARD H VERDOORN
(Suid-Afrikaanse Dieregesondheidsvereniging)
vra op
bladsy 62
tereg: Is ons op die wenpad
met entstowwe of verloor ons?
D
ie diesel-aangedrewe Volvo V40 D3 Geartronic
Excel was een van die nege finaliste vir die
2014 Suid-Afrikaanse Wesbank Motor van die
Jaar-toekenning. Ons motorrubriekskrywer,
GERRIE SMIT
, verduidelik op
bladsy 119
hoekom hy sê die Volvo V40 is ‘n
veilige vuurwa.
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Annelie Barnard, Pietman Botha, Elri Burger, Kim Coetzee, Chris Cumming, Chris Dannhauser, Cliff Deacon, Niekie de Lange, Jannie de Villiers, Jan du Preez,
Magda du Toit, Wimpie du Toit, Bradley Flett, Petru Fourie, Mary James, Belinda Janse van Rensburg, Willem Kilian, Koos Kirsten, Louise Kunz, Dirk Lange, Wessel Lemmer,
Robbie Lindeque, Hans Lombard, André Malan, Corné Louw, Jane McPherson, Hestia Nienaber, Klaus W Pakendorf, Francois Potgieter, Alana Pretorius, Wessel Pretorius,
Tonie Putter, Diana Rabie, Moses Ramusi, Charlie Reinhardt, Joan Sadie, Francois Smit, Gerrie Smit, Pieter Smit, Hendrik Smith, Dirk Strydom, Liana Stroebel, Scott Sydenham,
Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Jacoba Vaessler, Emile van den Berg, Hans van der Berg, Peet van der Walt, Danie van Zyl, Johann van Zyl, Gerhard H Verdoorn,
David Viljoen, Andries Wessels en Toit Wessels
e
k het ‘n paar koekblikke van elke ouma geërf – prop-
perse staalkoekblikke met prente van blomme, kinders
en honde met hartseer oë op. As ek vandag na die
koekblikke in my spens kyk (wat eintlik net vir die
mooiheid uitgestal word) dink ek met weemoed terug
aan die lekker kuiertye rondom die koekblikke.
My oumas se koekblikke was altyd vol gewees oor die “groot dae”
(soos wat die ouer garde na Dingaansdag, Kersfees en Nuwejaar
verwys het) en ons kleinkinders was natuurlik vreeslik opgewonde
om te sien wat in elke blik weggesteek is: Kleinkoekies (te veel
soorte vir ‘n kind om van te kies), sjokolade- of vrugtekoek.
Ouma Esther het haar koekblikke bo-op die kombuiskaste uitgestal.
Ouma Lina s’n was weer altyd onder in ‘n kas in die kombuis – lek-
ker maklik vir kleinkinders om by te kom en om sommer handevol
kleinkoekies in hulle broeksakke te prop.
Ons het vir
SA Graan/Grain
‘n nuwe baadjie aangetrek en soos
die koekblikke van ouds, spog die tydskrif vandeesmaand met
‘n pragtige nuwe aansig en binne-ontwerp, maar dit is eintlik
die inhoud, die “koekies” aan die binnekant, wat ‘n mens opgewon-
de maak.
Ná die onafhanklike lesersnavorsing wat verlede jaar gedoen is,
het die redaksie koppe bymekaar gesit en gaan herbesin oor die
tydskrif en sy teikenmark om seker te maak
SA Graan/Grain
is kor-
rek geposisioneer in die landboutydskrifmark.
SA Graan/Grain
se vars en moderne bladuitlegstyl dra onder-
liggend ‘n “besigheid-tot-besigheid”-publikasiegevoel oor, met die
waardigheid en gesaghebbendheid van ‘n vaktydskrif vir grane en
oliesade – en met die warmte, welwillendheid en geloof van lede
jeens Graan SA en andersom, wat weerspieël word.
SA Graan/Grain
is dus ‘n kennis-vennoot vir produsente en ons
lesers kan veral peil trek op die korrektheid van die tegniese en
wetenskaplike artikelinhoud. Verder kan Graan SA se omvang en
impak as leierorganisasie eerstehands deur die tydskrif ervaar
word. Dit is ook ‘n koste-effektiewe nasionale advertensiemedium
met doeltreffende posverspreiding wat ‘n voorkeur-advertensie-
medium vir insetverskaffers is.
Hoop julle geniet die nuwe
SA Graan/Grain
net soveel soos wat
ons dit geniet het om dié koekblik te vul. Laat weet ons gerus wat
julle daarvan dink.
Maak ‘n beker lekker koffie, trek daardie koekblik nader en smul aan
die nuwe
SA Graan/Grain
.
Lekker lees!
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT