Background Image
Previous Page  48 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 64 Next Page
Page Background

Junie 2016

46

Wat nie-parasiete betref, is daar egter gevind dat beide die getalle

en verskeidenheid van hierdie voordelige aalwurms hoër was in

persele waar bewaringsboerdery toegepas is teenoor konvensionele

persele. Die rede hiervoor is waarskynlik die hoër organiese mate-

riaalinhoud in bewaringsboerderypersele.

‘n Belangrike aspek wat aansluit by bewaringsboerdery en die

verhoging van die grond se kwaliteit, is dat die organiese materiaal-

inhoud in plaaslike produksiegebiede verhoog behoort te word.

Produsente word dus aangeraai om pogings aan te wend om die

organiese inhoud van landbougronde te bevorder, want dit kan ook

bydra dat skadelike aalwurmbevolkings verlaag word, terwyl dié

van voordelige aalwurms toeneem. Só kan gewasproduksie meer

lonend gemaak word.

Die insluiting van dekgewasse in plaaslike mielieproduksiegebiede

behoort ook aangespreek te word. Die plant van grasse kan by-

voorbeeld lei tot die afname van aalwurmpeste se bevolkings,

maar moet met omsigtigheid benader word. Die teenwoordigheid

van galnematode (

Anguina

en

Subanguina

) kan die insluiting

van grasse kelder. Dit is veral die geval waar gras as saad vir

uitvoerdoeleindes geproduseer word en/of waar dit as weidings-

gewas vir vee gebruik word.

In die geval van saadproduksie sal die teenwoordigheid van hierdie

aalwurmgroep lei tot die afkeuring van saadlotte – soos wat reeds

in die afgelope paar jaar deur die grasbedryf ondervind is. Wat

weiding betref, kan die teenwoordigheid van hierdie aalwurm weer

veevrektes tot gevolg hê indien ‘n sekere groep bakterieë in sulke

gronde teenwoordig is.

Ander dekgewasse wat ingesluit kan word en wat wêreldwyd

gebruik word om aalwurmbevolkings te verlaag, is byvoorbeeld

koolgewasse (

Brassicaceae

). Genoeg water moet egter beskikbaar

wees om die gewasse te besproei tot en met die blomstadium

(

Foto 6

). Daarna word hul bogrondse dele afgekap en in die

grond ingewerk om aalwurmpeste se getalle deur middel van ‘n

bioberokingseffek te verlaag en tegelykertyd die organiese inhoud

van die grond te verhoog.

‘n Vierde uitdaging vir aalwurmnavorsing is dat dit wat bewarings-

boerdery betref voortgaan, maar ook dat kultivars van verskillende

dekgewasse (soos grasspesies,

Brassicaceae

en ander) getoets

word vir hul vatbaarheid teen knopwortelaalwurms om produsente

sodoende te ondersteun in ‘n strategie teen sulke peste.

Wisselbou en gasheerweerstand

Hierdie twee strategieë word gekombineer omdat dit hand aan

hand gaan. Die belang van wisselbou kan nie genoeg beklemtoon

word nie, omdat dit allerlei siektes kan beheer en ook omdat

sommige gewasse, soos hawer, voordelig is vir die opvolggewas

omdat dit plantparasitiese aalwurmbevolkings onderdruk.

Wat aalwurmbeheer betref, is dit dus nie die gewas wat die wa

deur die drif trek nie, maar wel die spesifieke kultivar. Die inslui-

ting van kultivars wat weerstandbiedend is teen ‘n spesifieke

knopwortelaalwurmspesie (of teen meer as een), is een van die

beheerstrategieë wat in die toekoms ‘n uiters belangrike bydrae

gaan lewer om aalwurmpeste se getalle te verlaag. Indien

weerstandbiedende kultivars egter nie beskikbaar is nie, word

aanbeveel dat kultivars wat as die swakste gashere vir ‘n bepaalde

knopwortelaalwurmspesie geïdentifiseer is, gebruik word.

Alhoewel die gewasse wat in wisselbou met mielies geplant word

almal hoogs vatbaar is vir knopwortelaalwurmspesies, verskil die

vatbaarheid van kultivars van sogenaamde gewasse vir hierdie

aalwurmpeste. Die goeie nuus is egter dat die LNR-IGG-span,

onder leiding van Steenkamp, begin het om

M. javanica-

en/of

M. incognita

-weerstandbiedende kultivars in mielies, hawer en

koring te identifiseer. Die slegte nuus is dat slegs een sonneblom-

kultivar tot dusver geïdentifiseer is met weerstand teen

M. incognita

(Prosol 101CL), maar geen kultivar weerstand teen

M. javanica

toon nie.

Me Chanté Venter (MSc-student, NWU) en mnr Akhona Mbatyoti

(PhD-student, NWU) het sojaboonkultivars tot onlangs toe getoets

vir hul gasheerweerstand, waaronder verskeie as swak gashere

geïdentifiseer is en deur produsente teen knopwortelaalwurms

gebruik kan word. Slegs die konvensionele kultivar, Egret, het weer-

stand getoon teen

M. incognita

en

M. javanica

, terwyl DM6.2iR

teen

M. incognita

weerstand toon.

Aalwurmdoders

Beide navorsingspanne doen navorsing oor aalwurmdoders, sinte-

tiese sowel as “sagter” en ook biologiese produkte. Verskeie “sagter”

produkte wat as minder toksies en omgewingsvriendeliker beskou

word, is al in Suid-Afrika geregistreer. Daar word egter voortdurend

na nuwe produkte gesoek waarvan die impak op die mens, dier en

omgewing positief sal wees.

Die pad vorentoe

Aalwurmpeste is ‘n gegewe en geen enkele beheerstrategie gaan

alle plantparasitiese aalwurms uitroei nie. Inteendeel, selfs die

kombinasie van strategieë wat toenemend as deel van ‘n geïnte-

greerde plaagbeheerstelsel voorgehou word, sal nie alle aalwurm-

peste doodmaak nie.

Die geheim is om aalwurmpesbevolkings so laag as moontlik te

kry en te hou, terwyl dié van nie-parasitiese, voordelige aalwurms

gestimuleer moet word. Om hierdie doelwit te bereik, is dit nood-

saaklik dat aalwurmnavorsing daarop gerig moet wees om antwoor-

de te kry vir probleme wat produsente en die verwante bedrywe

ondervind en die uitdagings (uitgelig in die

blokkies

hierbo) aan te

spreek. Voorts behoort aalwurmkundiges met ander kundiges, by-

voorbeeld plantpatoloë, hande te vat om grondgedraagde siektes

(waarvan aalwurms ‘n integrale deel uitmaak) na te vors en inligting

te genereer wat kan lei tot die bekamping van sodanige probleme.

Ter afsluiting word aanbeveel dat produsente aanbevelings van

aalwurmkundiges wat geregistreer is by die Raad van Natuur-

wetenskaplike Professies (SARNAP) verkry. Slegs sulke kundiges

is by magte om aanbevelings te maak wat aalwurmbeheer betref.

Produsente moet ook in hierdie verband waak teen inligting wat nie

eerstehands vanaf sulke geregistreerde kenners verkry word nie.

Mede-professor Driekie Fourie en haar studente by die NWU doen

beide basiese en toegepaste aalwurmnavorsing, terwyl dr Sonia

Steenkamp en haar personeel (LNR-IGG) op toegepaste navorsing

fokus. Kontak Fourie by 018 293 3683 of

driekie.fourie@nwu.ac.za

en

Steenkamp by 083 452 5926 of

steenkamps@arc.agric.za .

5

6

Aalwurmpeste knou produksie

5: Klein (a) en groot (b) eiers van

Rotylenchulus

en

Meloidogyne

wat uit

mieliewortels vanaf ‘n land in die Coligny-omgewing geïsoleer is

– 100 keer vergroot onder ‘n mikroskoop.

Foto: Suria Bekker, NWU,

Potchefstroom

6: Koolagtige dekgewasse van die

Brassicaceae

-familie wat in die

Christiana-omgewing geplant is en waarvan die bogrondse dele tydens

blom afgekap en ingewerk is as deel van ‘n bioberokingstrategie om

plantparasitiese aalwurmbevolkingsvlakke te verlaag.

Foto: Emil Engelbrecht, NWU, Potchefstroom

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer