Background Image
Previous Page  45 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 64 Next Page
Page Background

Het die wildbedryf

rede tot kommer?

A

s ‘n groep gespesialiseerde wildtelers, glo Xtreme Wild-

life Group die toekoms lê in die totale waardeketting van

die wildbedryf. Hulle glo dat wisselvallige pryse nie nood-

wendig beteken dat daar fout in die bedryf is nie, maar eer-

der dat daar ‘n gesonde wisselwerking tussen vraag en aanbod is.

Me Ramondé Odendaal, landbou-ekonoom van Senwes, beklem-

toon dat dit vir gewasprodusente belangrik raak om te diversifiseer.

Indien die winsgewendheid van die wild omgeskakel word na ‘n

rand/hektaar-syfer, vergelyk dit, indien nie beter nie, goed met

saaiboerdery.

Xtreme Wildlife Group is gefokus op al vier pilare van die bedryf,

naamlik teel, jag, vleis en toerisme. Hulle maak hiervoor voorsiening

in hul veiling op 20 Augustus 2016 by die Bona Bona Wildkompleks

buite Wolmaransstad. Hulle is toegespits op volhoubare groei om

hul belange as etiese wildtelers voort te bou en te fokus op ‘n steeds

groeiende bedryf.

Hierdie veiling, wat ‘n gekombineerde hok-en-katalogusveiling gaan

wees, gee kopers die geleentheid om alle diere op hok te besigtig

(behalwe onder andere bastergemsbokke en tsessebes). Kliënte

kan vooraf met telers kontak maak vir besigtigingsgeleenthede.

Lede is versprei reg oor die Noordwes Provinsie en die Noord-Kaap

en bied diere wat aangepas is vir uiterste omstandighede.

HEILET GROBLER,

namens Xtreme Wildlife Group

Magic (middel), een van die spog swartwitpense by Bona Bona Game

Breeders.

Foto: Rudie van der Berg

OP PLAASVLAK

Diere

Produk-inligting