Background Image
Previous Page  47 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 64 Next Page
Page Background

45

June 2016

Letselaalwurms, asook verskeie ander aalwurmgroepe, word egter

uit plantwortels/knolle/peule deur ander ekstraksiemetodes as dié

wat vir knopwortelaalwurms gebruik word, geïsoleer. Hierdie me-

todes behels dekantering en sifting, gevolg deur suikerflottasie.

Ander aalwurmpeste

Alhoewel bogemelde twee aalwurmgroepe oor die algemeen as dié

beskou word wat plaaslike produsente se oesopbrengste die meeste

knoei, speel ander aalwurmgroepe ook ‘n rol. Hierdie aalwurm-

groepe kom gewoonlik in geïsoleerde areas voor en is nie noodwen-

dig so wyd verspreid soos knopwortel- en letselaalwurms nie.

Hulle sluit stompwortelaalwurms (

Nanidorus/Paratrichodorus

),

spiraalaalwurms (

Hoplolaimidae

), verdwergingsaalwurm (

Tylen-

chorhynchus

) en ringaalwurms (

Criconematidae

) in. Dit is egter

interessant dat me Suria Bekker (PhD-student, NWU) die afgelope

vyf seisoene uitsonderlikhoë eier- en J2-getalle van die aalwurm-

groep

Rotylenchulus

in wortelmonsters van mielies en sojabone

gevind het.

In baie gevalle het hierdie bevolkingsvlakke 10 000 per 50 g wortels

oorskry en was dit selfs hoër as 100 000 per 50 g wortels (

Foto 5

).

Hierdie getalle word as uitsonderlik hoog vir byvoorbeeld knop-

wortelaalwurms beskou. Alhoewel dit onmoontlik is om aalwurm-

groepe op grond van eiers te identifiseer, het dit nie Bekker se skerp

waarnemingsvermoë ontglip dat daar herhaaldelik in monsters

“klein” en “groot” eiers teenwoordig was nie.

Op hierdie stadium is intensiewe navorsing (waarvan DNA- en

morfologiese metodes voorbeelde is) egter onderweg om te be-

wys dat die “klein” eiers dié van

Rotylenchulus

is, terwyl die “groot”

eiers dié van knopwortelaalwurms is. Daar kan tans nie aangedui

word of hierdie aalwurmgroep, waarvan knopwortel- en letselaal-

wurms deel vorm, ‘n probleem is of gaan wees vir plaaslike

produsente nie. Hierdie aalwurmgroep is reeds in die 1980‘s in

mielieproduserende gebiede aangemeld, maar in relatief lae getalle

aangesien die NaOCl nie toe gebruik is nie.

Die derde uitdaging is dus dat toekomstige navorsing behoort te

fokus op wat die verspreiding van hierdie aalwurmgroep in mielie-

produserende gebiede is, watter spesie(s) ter sprake is, sowel as

wat die skadelikheid daarvan op mielies en rotasiegewasse is.

Beheerstrategieë

Dit is noodsaaklik om te weet watter aalwurmgroepe en spesies

probleme in produksiegebiede veroorsaak. Die uiteindelike doel

is dat sulke peste suksesvol beheer word. Weer eens is navorsing

deur beide groepe by die NWU en LNR-IGG hierop gerig en word dit

vervolgens saamgevat.

Bewaringsboerdery en dekgewasse

Die LNR-IGG, onder leiding van dr André Nel, doen navorsing op

die invloed van bewaringsboerdery op grondkwaliteit. As deel van

hierdie navorsing het Bekker se PhD-studie gefokus op die invloed

van bewaringsboerdery op aalwurms – beide plantparasiete en nie-

parasiete (voordelige).

Hierdie studie is vanaf die 2010- tot 2014-seisoen gedoen en toon

dat knopwortelaalwurms (

M. incognita

en

M. javanica

) en

Rotylen-

chulus

in wortels van wisselbougewasse (akkerbone, mielies en

sonneblom) gedomineer het.

Interessant egter is dat gewasrotasies waarin akkerbone ingesluit

was, betekenisvol minder

Rotylenchulus

- en knopwortelaalwurm-

getalle onderhou het. Voorts het rotasies waarin sonneblom

ingesluit is, oor die algemeen betekenisvol minder

Rotylenchulus

-

getalle onderhou. Weens die relatiewe korte duur (vier jaar) van

hierdie navorsing, is dit egter nog nie moontlik om aan te dui

of bewaringsboerdery ‘n positiewe invloed op plantparasitiese

aalwurmbevolkings het nie.

1: ‘n Letselaalwurm (

Pratylenchus

sp.) wat 100 keer onder ‘n mikroskoop vergroot is en waarvan die stekel voor in die kop duidelik sigbaar is.

Foto: Driekie Fourie, NWU, Potchefstroom

2: Mieliewortels vanaf ‘n land in die Orkney-area wat erg met knopwortelaalwurms besmet is.

Foto: Suria Bekker, NWU, Potchefstroom

3: Sojaboonwortels vanaf ‘n land in die Coligny-area met bruin en swart verkleurde dele as gevolg van besmetting met letselaalwurms.

Foto: Suria Bekker, NWU, Potchefstroom

4: Swak kolle in ‘n mielieland in die Bothaville-omgewing waar hoë knopwortelaalwurmbesmettings voorkom.

Foto: Driekie Fourie, NWU, Potchefstroom

1

3

2

4