Junie 2016
44
Aalwurmpeste knou produksie van
mielies en ander wisselbougewasse
A
alwurmnavorsing word deur kundiges van beide die Noord-
wes-Universiteit (NWU) en die LNR-Instituut vir Graange-
wasse (LNR-IGG) op Potchefstroom gedoen.
Die doel van hierdie artikel is om produsente en bedrywe op hoogte
te hou van hierdie navorsing en belangrike brandpunte en uit-
dagings wat daaruit voortvloei, uit te lig. Dit word gedoen deur die
ekonomies-belangrike aalwurmgroepe wat mielies knou op te som,
aalwurmbeheerstrategieë wat beskikbaar is, te lys en dan met die
finale beplanning vir die pad vorentoe af te sluit.
Ekonomies-belangrike aalwurmgroepe
en simptome
Aalwurms wat in wortels van mielieplante en dié van rotasiegewas-
se (soos aartappels, soja- en droëbone, sonneblom en ander) voed,
skep probleme vir produsente en die onderskeie bedrywe.
Hoër getalle van ekonomies-belangrike aalwurmgroepe, soos knop-
wortel- (
Meloidogyne
) en letselaalwurms (
Pratylenchus
), is tydens
die afgelope twee dekades aangeteken in wortel- en grondmonsters
wat vanaf produsente ontvang is, sowel as vanaf navorsingsper-
sele. ‘n Persentasie van oesverliese wat deur mielieprodusente on-
dervind word, kan dus in die meeste gevalle aan plantparasitiese
aalwurms toegeskryf word.
Omdat hierdie organismes egter mikroskopies klein is (
Foto 1
) en
nie met die blote oog gesien kan word nie, word aalwurmpeste
steeds nie deur alle belanghebbendes as ‘n struikelblok beskou wat
die produksie van mielies en ander gewasse knou nie.
Die simptome wat deur knopwortelaalwurms veroorsaak word, is
gewoonlik duidelik sigbaar as verdikkings of galle op die wortels
(
Foto 2
), knolle (waarvan aartappels ‘n voorbeeld is) asook peule
(van byvoorbeeld grondbone) van plante. Hierdie simptome is nie
noodwendig op mieliewortels sigbaar nie, maar is die laaste dekade
toenemend waargeneem.
Letsels wat deur letselaalwurms op wortels van gewasse, aartap-
pelknolle en grondboonpeule veroorsaak is, is egter nie so maklik
om te identifiseer nie, aangesien daar ander peste en plae is wat
ook sulke simptome kan veroorsaak. Dit kan egter sigbaar wees
as swart of bruin letsels op wortels, knolle of peule (
Foto 3
). Wat
bogrondse simptome betref, is kolle in lande waar plante swak groei
gewoonlik ‘n aanduiding van aalwurmbesmettings
(Foto 4
).
Knopwortelaalwurms
Dit is bekend dat knopwortelaalwurms (
Meloidogyne
) in die mees-
te plaaslike mielieproduksiegebiede die grootste probleem inhou
vir produsente en die bedryf. In 1995 is ‘n metode deur ‘n voor-
malige werknemer van die LNR-IGG, mnr Hendrik Riekert, vanaf ‘n
bestaande tegniek om spesifiek knopwortelaalwurms uit mielie-
wortels te isoleer, verfyn.
Plaaslike navorsers het toe eers werklik besef wat die omvang van
hierdie aalwurmpes in produksiegebiede is en oesverliese van tot
60% is waargeneem in navorsingspersele as gevolg van die teen-
woordigheid van knopwortelaalwurms. ‘n Onlangse studie wat
in 2014/2015 deur me Melissa Agenbag (MSc-student, NWU)
onderneem is, het getoon dat drie knopwortelaalwurmspesies in
mielieproduserende gebiede teenwoordig is, naamlik
Meloidogyne
arenaria
,
M. incognita
en
M. javanica
.
Tot voor hierdie studie het aalwurmmielienavorsing hoofsaaklik
getoon dat
M. incognita
en
M. javanica
die wydste verspreid en in
die hoogste getalle in mielielande teenwoordig was.
‘n Eerste uitdaging wat hieruit vir belanghebbendes voortspruit, is
dus dat plaaslike aalwurmnavorsing ook op
M. arenaria
moet fokus.
Dit sluit in dat ‘n deeglike opname in mielieproduserende gebiede
in Suid-Afrika gedoen word en mieliekultivars sowel as dié van
ander wisselbougewasse ook teen hierdie spesie getoets word vir
vatbaarheid.
Voorts is ‘n ander spesie,
M. enterolobii
, deur Fourie en haar span
in sojaboonwortels vanaf die Lichtenburg-distrik geïdentifiseer
deur middel van molekulêre metodes. Hierdie spesie is ook in aar-
tappelwortels in die Delmas-distrik gevind en is reeds vroeër deur
navorsers van die Universiteit van Pretoria in aartappelmonsters
vanaf KwaZulu-Natal aangeteken.
Dit is ook voorheen in wortels van tamatie (Limpopo), soetrissie
(Mpumalanga) en die onkruid Black Jack (Mpumalanga) gevind.
Hierdie spesifieke knopwortelaalwurmspesie word wêreldwyd
as ‘n opkomende bedreiging beskou en was voorheen net met
koejawel geassosieer. Dié spesie word ook telkens met
M. incognita
verwar omdat dit morfologies so na daaraan is. Hierdie spesie
is volgens literatuur oor die algemeen meer skadelik as die ander
knopwortelaalwurmspesies waarna hierbo verwys word.
Navorsers, produsente en bedrywe het dus hier met ‘n tweede
uitdaging wat aalwurms betref te doen, naamlik die noodsaaklikheid
om die verspreiding van
M. enterolobii
ook in plaaslike mieliepro-
duserende gebiede te bepaal. Sodoende kan dan vasgetel word of
dit mielies en ander wisselbougewasse ook aanval en indien wel,
kan die skadelikheid daarvan op mielies en ander rotasiegewasse
dan bepaal word.
Die skadelikheid van knopwortelaalwurms kan geïllustreer word in
die feit dat wyfies elke 20 tot 30 dae tot meer as 1 000 eiers per eier-
pakkie by gemiddelde grondtemperature van 26˚C kan produseer.
Wyfies leef gewoonlik drie maande en kan dus letterlik in hierdie
tydperk duisende eiers produseer wat sal ontwikkel in jeugstadia
en uiteindelik in volwasse wyfies en/of mannetjies.
Letselaalwurms
Behalwe knopwortelaalwurms is letselaalwurmgetalle (
Pratylen-
chus
) ook in baie gevalle hoog in aalwurmmonsters wat van pro-
dusente ontvang word.
Hierdie aalwurms verskil van knopwortelaalwurms in dié sin dat
hulle deur wortelselle van gasheerplante (aartappels, droëbone,
mielies, sojabone, sonneblom en ander) migreer en só skade aan-
rig terwyl hul voed.
OP PLAASVLAK
Aalwurmspesies / Finansiële skade
Geïntegreerde plaagbeheer
DRIEKIE FOURIE,
Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur: Noordwes-Universiteit
en
SONIA STEENKAMP,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom