Background Image
Previous Page  51 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 51 / 64 Next Page
Page Background

Landbou

bou die land

.

Landbou bly ‘n uitdaging ...

Tog, teen alle verwagtinge in en in ‘n land

wat dikwels gebuk gaan onder wisselvallige

reënval en soms knellende droogtes,

werk die land se voedselprodusente

elke dag onvermoeid, omdat daar altyd

nog ‘n seisoen is. Dit is hoekom ons

voedselprodusente aanhou boer, met die

oog op beter opbrengste, beter winste

en om die land te voed – wat ookal die

uitdagings.

Dankie dat die land kan staatmaak op jou

liefde vir die grond. As ‘n land sien ons die

produk van jou harde werk en hoe jy die

toekoms met vertroue tegemoet gaan.

Kynoch

– verbeterde

doeltreffendheid deur innovasie.

011 317 2000 |

info@kynoch.co.za www.kynoch.co.za

Nie handeldrywend in die Wes-Kaap.

Farmisco (Edms) Bpk.

h.a. Kynoch Fertilizer. Reg. Nr. 2009/0092541/07

uppe marketing A13965/SAG

SUID-AFRIKAANSE MIELIEPRODUSENTE

bewys oor tyd hul is wêreldklas

S

uid-Afrikaanse graanprodusente het ‘n merkwaardige pre-

stasie behaal deur opbrengs betekenisvol oor tyd te ver-

hoog ten spyte van relatiewe lae en wisselvallige reënval.

Dit maak hulle voorlopers in die internasionale arena.

Opbrengsverhoging

Indien daar na opbrengs oor tyd gekyk word, was die nasionale

gemiddelde mielie-opbrengs gedurende 1920 ongeveer 0,5 t/ha.

Hierdie gemiddelde opbrengs het geleidelik toegeneem tot onge-

veer 1 t/ha gedurende 1960. Tot en met 1970 het die gemiddelde

opbrengs verder tot ongeveer 1,4 t/ha gestyg.

Vir die volgende tien jaar tot 1980 het die gemiddelde opbrengs tot

ongeveer 2,1 t/ha gestyg, hoofsaaklik as gevolg van bemestings-

navorsing wat uitgeloop het op die gebruik van grondontledings en

die gebruik van stikstof as topbemesting.

Gedurende die sanksiejare en die feit dat lae potensiaal mieliegron-

de ook beplant is om voedselsekerheid te verseker, het die gemid-

delde opbrengs sywaarts beweeg op ongeveer 2,1 t/ha.

Oor die afgelope 20 jaar (1995 tot 2015) is ongekende verhoging in

mielie-opbrengs behaal deurdat die opbrengs meer as verdubbel

het van ongeveer 2,1 t/ha tot ongeveer 4,4 t/ha. Die vryemarkstelsel

het meegebring dat mielies net op die hoër potensiaal gronde

geplant is, wat ‘n groot bydrae tot die verhoging in mielie-opbrengs

gemaak het.

Nuwe generasie hoër potensiaal kultivars het ‘n totaal nuwe dimen-

sie aan gewasverbouing gegee. Bemestingspraktyke moes aange-

pas word en nuwe produkte is ontwikkel om hierdie nuwe potensiaal

te benut.

Nuwe benadering in bemesting

Die verhoging van die opbrengspotensiaal het genoodsaak dat

bemestingspraktyke aangepas moes word om die potensiaal te

benut. Gronddrumpelwaardes van verskeie voedingstowwe moes

verhoog word en nuwe generasie produkte moes ook ontwikkel

word om in nuwe gewasbehoeftes te voorsien.

Só het Kynoch Kunsmis begin om die effektiwiteit van kunsmis-

produkte, sowel as die effektiwiteit van gewasse, te verbeter.

Hiermee saam word daar van ‘n plek-spesifieke, gewasspesifieke

en groeistadiumspesifieke benadering gebruik gemaak. Dit is

juis ‘n kombinasie van hierdie produkte en benaderings wat die

gewasprodusent in staat stel om die potensiaal wat vir elke jaar

beskikbaar is, maksimaal te benut. Kynoch staan nie verniet bekend

vir “Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie” nie.

OP PLAASVLAK

Bemesting

Produk-inligting

JOHAN J. VAN BILJON,

Kynoch Kunsmis