Background Image
Previous Page  98 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 98 / 108 Next Page
Page Background

Landbouer, maar ook skepper en rymelaar

D

ie fier en regop oom wat ons buite die voorstoep van

hul dorpshuis op Bethlehem ontvang, lyk alles behalwe

sy 90 jaar. Sy gedagtes is georden en sy onthou is nog

skerp. Ons gesels oor ‘n stomende koppie koffie oor sy

boerderyloopbaan van meer as 60 jaar én oor sy passie vir skryf

en dig.

Toe oom Dietz Meiring (90) en sy vrou Kokkie se seun, Pieter,

teen laat hoërskool aandui dat hy eendag wil boer, het oom Dietz

die gedig,

Wil jy boer my seun?

, vir Pieter geskryf. Na 35 jaar hang

die oorspronklike gedig in Pieter se studeerkamer op Nonnashoek

– waar hy reeds die afgelope 22 jaar boer.

“Oom Dietz was nog altyd lief vir skryf: Altyd ‘n rympie of ‘n ding.

Hy het gereeld vir my briefies gelos as hy lande toe is,” vertel tannie

Kokkie. Hy is geen digter nie; eerder ‘n rymelaar, voeg oom Dietz

vinnig by. Meer as twee bundels vol gedigte, limerieke en kwink-

slae wat hy tydens ons besoek deel, getuig van sy toewyding om

emosie, ervaring en gevatte humor in woorde vas te lê.

Buiten ‘n suksesvolle boerdery wat hulle bedryf het, het sy

kreatiwiteit ook oor die jare uiting gevind in houtwerk, klipwerk

en tuinuitleg.

Hy is gebore en getoë op Nonnashoek en wou eintlik ‘n landmeter

word, want hy was goed in wiskunde. Op versoek van een van

sy broers, het hy hom as jongman by sy pa in die boerdery op

Nonnashoek aangesluit. “As jy suksesvol met iets is, sal jy lief

raak daarvoor,” vertel hy.

Die Meirings het hoofsaaklik saadmielies geproduseer, aartappels

geplant en met Bonsmaras geboer. Oom Dietz skryf sy boerdery-

sukses toe aan die feit dat hy en tannie Kokkie saam geboer het.

“Sy is ‘n uitstaande kontroleerder,” vertel hy oor die nooientjie wat

hy destyds op die atletiekveld op Bethlehem raakgesien het en al

vir 57 jaar mee getroud is. “Ons ken mekaar se tekortkominge en

sterk punte,” vertel hy met ‘n glinster in die oog. Hul seun, Pieter en

drie dogters is uit die huwelik gebore.

As hy die gedig – wat vantevore wyd in die landboumedia gepu-

bliseer is – vandag moes skryf, wat sou hy verander het? “Ek sou

niks bysit of weglaat nie, want elke deel is steeds relevant. Dit sal

nie oor 20 jaar meer so wees nie, want gewone produsente verdwyn

heeltemal van die toneel. Megaprodusente stel ‘n spesialis aan

vir elke afdeling en hyself is dan net die oorhoofse bestuurder,”

reken oom Dietz.

Watter eienskap van landbouer wees wil hy uitlig? “Die belangrik-

ste ding is geloof – jy moet dit kan vat as jy teëspoed optel. En

om lewenslank ‘n student te wees, om op hoogte te bly van nuwe

ontwikkelings en om gewillig te wees om te leer van mense wat

meer as jy weet.”

Is daar iets op sy emmerskoplys wat hy nog wil bereik? Nee, sê hy,

hy het sy lewe vol geleef en alles gedoen waaroor hy gedroom het.

Oom Dietz sê ons is almal op ‘n trein wat een of ander tyd deur

die donker tonnel van die dood moet gaan – niemand weet egter

hoe ver jou trein van die berg af is nie, maar hy is nie bang vir

die berg nie.

JOHAN SMIT,

besturende redakteur,

SA Graan/Grain

1: Rym en skryf is iets wat nog altyd

spontaan vir oom Dietz Meiring

gekom het.

2: Oom Dietz en tannie Kokkie voor hul

huis op Bethlehem.

1

2

AKTUEEL

Julie 2017

96

Inspirasie