

Winteronkruide
om mee
rekening te hou ná die someroes
V
ogbewaring en die bestuur daarvan raak krities vir volhou-
bare gewasproduksie. Winteronkruide is net sulke sterk
kompeteerders vir vog en voedingstowwe soos somer-
onkruide. Daarom is dit tog belangrik om winteronkruid-
infestasies dop te hou en te beheer wanneer dit welig groei.
Saadstorting in die winter moet ook bekamp word sodat die pro-
bleem nie oor tyd eskaleer nie. Winteronkruide ryp nie dood nie en
om te skoffel is nie wenslik nie, omdat te veel grondvog verlore gaan.
Die mees algemene winteronkruide wat voorkom waar somerge-
wasse geplant was, is radiatorbossie (
Senecio consanguineus
),
sydissels (
Sonchus
spp.) vaalskraalhanse (
Conyza
spp.) en witblom-
bloudissel (
Argemone ochroleuca
).
Sommige onkruidspesies kan wel ook laat in die somer begin ont-
kiem en deur die winter saad stort. Sulke onkruide sluit kakiebos
(
Tagetes minuta
), kleinkakiebos (
Schkuhria pinnata
), knapsekêrels
(
Bidens
spp.) en Kaapse duwweltjie (
Emex australis
) in.
Gedurende die afgelope paar seisoene het die voorkoms van Kaap-
se duwweltjie verhoog en wanneer dit toegelaat word om onbe-
heerst te groei, kan dit ‘n paar bespuitings kos om getalle weer onder
beheer te kry. Die meeste winteronkruidspesies is breëblaar-spesies
(dikotiele) en kan effektief met na-opkomsonkruiddoders beheer
word. Onkruiddodertoediening met ‘n hoogloopspuit is ideaal omdat
bespuitings gedoen kan word terwyl gewasse (afgedroog) nog op
die land staan.
71
July 2016
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
Winteronkruidinfestasie
ELBÉ HUGO
en
MARLENE VAN DER WALT,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
“
Die goue reël met
onkruidbeheer is
dat hoe kleiner
die onkruid is, hoe
meer effektief kan
dit beheer word.
“
1: Radiatorbossie (
Senecio consanguineus
).
2: Gewone sydissel (
Sonchus oleracea
).
3: Witblombloudissel of Meksikaanse papawer
(
Argemone ochroleuca
).
1
2
3