

67
van sy bemarking te verkry. Die sagteware word elke jaar deur ‘n
kompetisie aan die publiek oopgestel. Die kompetisie is baie gewild
en word deur groot rolspelers soos BKB GrainCo, JSE en
Land-
bouweekblad
ondersteun.
Intydse monitering van ‘n produsent se JSE-posisies is natuur-
lik ook van kardinale belang. Dit het die maatskappy genoop om
hul analise- en moniteringsagteware mobiel te maak. Dit is nou
vir kliënte moontlik om via die internet of hul slimfoontoepassing
hul posisies en kontantvloei intyds te monitor en die heeltyd op
hoogte te bly van hul posisies. Dit kan produsente baie meer pro-
aktief maak in hul besluitneming.
Subjektiewe opinies bly ‘n baie groot dryfveer van prysbeweging
in die mark en dit het BVG genoodsaak om met ‘n navorsingsprojek
te begin om meer objektiewe inligting in die mark in te bring. Die
projek sluit die uitrol van ‘n netwerk van weerstasies deur die somer-
reënvalgebied in. Die weerstasies voorsien hulle van weerdata
wat uurliks na die databasisse afgelaai word. Die weersensors wat
gebruik word, verskaf aan hulle temperature, lugdruk, humiditeit,
hael, sonstraling en reënvaldata wat baie minder deur wind beïn-
vloed word. Die weerstasies is ook toegerus met ‘n kamera wat elke
dag foto’s van die graan neem.
Die intydse weerdata voorsien aan ons kliënte natuurlik ook die
geleentheid om op ‘n objektiewe wyse na die reënvalpatrone in die
land te kyk en nie net op opinies staat te maak nie. Die data word dan
deur BVG se navorsingspan gebruik om gewassimulering te doen
en die kliënt deurlopend in te lig wat betref die stres wat die grane
beleef en wat die geskatte effek daarvan op opbrengs gaan wees.
Inligting word gevolglik deur die kliënt gebruik om die samestel-
ling van sy JSE-posisie aan te pas en gee aan die produsent die
nodige inligting om vroegtydig op te tree, siende dat hy vroeër ‘n
realistiese idee van opbrengs begin kry.
Weerverskansing
WeatherInDe is ‘n dinamiese firma wat deur BVG geloods is om die
hoofrisiko van enige produsent – naamlik reënval en temperatuur
– aan te spreek.
Die eerste vraag op almal se lippe is: “Hoekom wil jy jouself
teen weer verskans as daar alreeds versekering is?” Dit is ‘n baie
relevante vraag. Alhoewel die ooglopende doel van weerverskan-
sing en versekering dieselfde lyk, is die toepassing daarvan totaal
verskillend.
Gewone multirisikoversekering is ‘n uitstekende produk wat al vir
dekades in gebruik is en wonderlik is om te gebruik om katastro-
fiese gebeure te onderskep, maar Weer Indeks Afgeleides (WIA) se
toepassing is baie wyer.
Weer Indeks Afgeleides stel die produsent in staat om sy weer-
risiko op ‘n baie meer direkte wyse aan te spreek. Die blote feit dat
die uitbetalings nie gekoppel is aan skade nie, maar aan ‘n indeks,
skep ewe skielik vir produsente ‘n geheel nuwe geleentheid om hul
risiko te verskans. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:
‘n Produsent benodig voor einde November ‘n sekere hoeveelheid
reën om te plant. Indien dit minder as dit gereën het, wil die produsent
sy lande laat oorlê. Om sy lande te laat oorlê, kos geld, so hy koop ‘n
reënvalopsie vir die tydperk om hom teen te min reën te verskans.
Indien dit te min reën, kry hy outomaties ‘n uitbetaling en hy kan
sy lande laat oorlê. Indien hy wel genoeg vog gekry het en geplant
het, is sy volgende risikotydperk Februarie tot Maart.
Sy graan lyk goed, maar as hy nie reën kry nie, gaan hy van ‘n uit-
stekende oes na ‘n gemiddelde oes skuif. Dan koop hy ‘n reënvalop-
sie vir Februarie en Maart. Dit verseker dat hy, as dit nie reën nie,
ekstra geld uitkry – alhoewel sy oes nog steeds ondergemiddeld is.
Die uitbetaling is op die reënval gebaseer en nie op die opbrengs
nie. Dieselfde beginsel geld dan ook vir verskansing teen hoë
temperature gedurende bestuiwing. Die opsie betaal uit wanneer
die temperature vir ‘n sekere tydperk ‘n sekere drumpel oorskry het.
Dit gee aan produsente nou die geleentheid om heeltemal anders
oor risikobestuur te begin dink. Produsente is nie meer uitgelewer
aan die weer nie en kan nou proaktief begin optree om hulle teen
weer te verskans.
Weer Indeks Afgeleides is gekoppel aan ‘n gemete indeks en nie
aan skadevergoeding nie. Daarom kan dit deur veeprodusente
ook gebruik word om ekstra geld vir veevoer gedurende baie droë
periodes te genereer. Vrugteprodusente kan hulself ook teen hitte en
reënval beskerm.
Weer Indeks Afgeleides bied dus aan die hele landbousektor die ge-
leentheid om hulle klimaatrisiko aan ‘n derde party te verkoop.
Vir meer inligting oor WeatherInDe se Weer Indeks Afgeleides en
BVG se reeks van produkte, kontak ons gerus by
info@weatherinde.
net
of
admin@bvg.net.Graan SA/Sasol fotokompetisie