

Julie 2016
66
moderne produsent
D
ie vinnige verandering in die wêreldekonomie en klimaats-
omstandighede het die hele landbousektor se horison vir
ewig verander. Die vinnige verandering het baie produsente
en landboumaatskappye onkant gevang en die dinamika in
die landbousektor baie vinnig verander.
Risikobestuur was redelik effektief deur optimalisering en verbete-
ring van boerderypraktyke en versekeringsbestuur. Die model het
baie goed gewerk en produsente het die vrugte daarvan gepluk en
hulle in staat gestel om met rasse skrede te groei.
Soos met enige faset van die lewe, gaan niemand verander as die
reëls dieselfde bly nie, maar die massiewe wisselvalligheid in die
weerpatrone, gekoppel aan groot valutaskuiwe en prysbewegings,
het die spelreëls in die graanmark onomkeerbaar verander.
Fi ansiële risikobestuur het baie vinnig die groter faktor in die
voortbestaan en winsgewendheid van die Suid-Afrikaanse graan-
produsent geword. Dié klemverskuiwing het ook natuurlik die fokus
binne maatskappye op risikobestuur begin plaas. Die fokus het
vinnig die tekortkominge uitgewys, maar ook vir visionêre markleiers
gewys dat die mark deur hierdie ongelooflike wisselvallige tyd
rigting nodig het.
Wanneer dit by risikobestuur kom, is daar altyd verskeie aspekte
waarna gekyk moet word. Die een gedeelte is om te beheer wat jy
kan beheer (boerderypraktyke) en om dit
wat jy nie kan beheer nie (prys en weer), só
te monitor dat dit op ‘n intydse en dinamiese
wyse bestuur kan word.
BVG verskaf al vir jare risikobestuurstelsels
aan graanprodusente. Hulle het besluit om
leiding in die mark te neem om stelsels
te ontwikkel wat risikobestuur vir graan-
produsente in die Suid-Afrikaanse mark
vergemaklik. Die vertrekpunt van al hulle
stelsels is: “Môre is ‘n week te laat”.
Dié vertrekpunt het hulle vinnig ‘n markleier
gemaak in die voorsiening van intydse
stelsels aan produsente en dié handelaars
wat hul posisies bestuur. Die maatskappy
glo dat besluite geneem moet word op
grond van die beste objektiewe inligting
wat beskikbaar is en dat graanbemarking
en risikobestuur ‘n deurlopende en geïnte-
greerde proses is.
Geen besluit kan in isolasie geneem word
nie en daarom benodig produsente stelsels
wat die verskillende aspekte op ‘n geïnte-
greerde wyse aanspreek. Die een stelsel
wat BVG ontwikkel het om die basis van
die hele risikobestuursproses te vorm, word
die “Graanbemarkingsplan” genoem.
Dié stelsel gee die produsent die geleent-
heid om die gelykbreekpunt van al sy
kommoditeite te bepaal deur ‘n vinnige
behoeftebepaling te doen. Die stelsel gee
dan aan die produsent die geleentheid om
sy verskeie strategieë te toets en te beplan.
JSE-posisies kan dus lewendig ingetrek
word en nog hipotetiese transaksies kan
bygevoeg word om “
what if
”-scenario’s
te toets voordat hy enige daadwerklike
besluite neem.
Dit gee aan die produsent ook die
geleentheid om sy vaste posisies in te lees
en sodoende die hele tyd ‘n globale prentjie
OP PLAASVLAK
Klimaatsomstandighede / Risikobestuur
Finansiële bestuur
HANS SMIT,
WeatherInDe, BVG
Meer oor Weer Indeks Afgeleides
Vir dié lesers wat nie vertroud is met Weer Indeks Afgeleides (WIA) nie, plaas ons graag
hier ‘n kort opsomming:
Weer Indeks Afgeleides is ‘n kontrak wat tussen twee partye aangegaan word – met ‘n
paar spesifieke vereistes. Die vereistes is baie eenvoudig. Eerstens word die logistieke
bepaal. Dit sluit in die tydperk van die kontrak (kontraklengtes tussen drie en 365 dae),
die ligging van die voorgenome meting en wat gemeet gaan word: Reënval, tempera-
tuur en genormaliseerde verskil in vegetatiewe indeks (
normalised difference vegeta-
tion index
[NDVI]).
Die volgende stap is dan om op die waardes te besluit waarvolgens uitbetaling sal
geskied (tref-waarde) en die hoeveelheid wat uitbetaal sal word vir elke gemete eenheid
(
tick
-waarde). Die kliënt betaal die premie en uitbetaling geskied na die afloop van die
kontrak indien daar ‘n uitbetaling moet geskied.
Byvoorbeeld: ‘n Kliënt benodig 50 mm reën vir Januarie 2017 en kom ooreen om ‘n
uitbetaling van R50 000 te ontvang vir elke millimeter reën wat dit minder as 50 mm
reën gedurende die tydperk, met ‘n maksimum kontrakwaarde van R1 000 000. Indien
dit gedurende Januarie 2017 meer as 50 mm reën, is daar geen uitbetaling nie, maar
vir elke millimeter minder as 50 mm, ontvang die kliënt R50 000 (sien
Grafiek 1
vir uit-
betalingswaardes).
Grafiek 1: Uitbetalingsprofiel.