31
January 2018
AKTUEEL
“Buite die boks”-boerdery
– ‘n menslike hulpbron-perspektief
E
k sit vandag en werk aan ‘n posontleding en posbeskry-
wing vir ‘n senior plaasbestuurder in die Bothaville-
omgewing. Terwyl ek daaraan werk, wandel my gedagtes
egter na verskeie ander besighede en bedrywe wat niks
met landbou te make het nie. Ek wonder skielik oor wanneer hier-
die denksprong van boerdery na besigheid gebeur het en wat die
sneller daarvoor was.
Die antwoord vind ek in die ontleding van hierdie pos waarmee ek
besig is. Die senior plaasbestuurder, en/of in die meeste gevalle
die eienaar van die boerdery, se sleutelprestasie-aanwysers is só
uiteenlopend soos tien ander poste in ‘n gewone maatskappy. Die
produsent moet ‘n projekbestuurder, bedryfsingenieur, statistikus,
grondkundige, bioloog, chemikus, Safex-handelaar, rekeningkun-
dige, belastingkenner, finansiële bestuurder, menslike hulpbron-
bestuurder, besturende direkteur, onderhandelaar, aankoper en
bemarker wees.
Nou wonder ek verder oor hoe ek die tydsverdeling van al hierdie
sleutelprestasie-aanwysers in ‘n geskrewe dokument gaan vervat
– vir een persoon se pos. Daar gaan mos nie soveel ure in sy maand
wees om effektief al hierdie funksies te verrig nie en dan moet
daar darem ook aan hom ‘n tydjie gelaat word om sy familiever-
pligtinge na te kom.
Die besef openbaar homself skielik aan my dat ek nie die enigste
persoon is wat hieroor wonder nie en dat die produsente al
reeds uiters strategies en met verbasende toekomsvisie hierdie
kwessie aangespreek het. Produsente in ons omgewing het
alreeds verskeie interessante planne bedink. Daar is verskeie
megalandboumaatskappye geskep – met aan-
deelhouding deur verskeie bestaande
produsente.
Sodoende word die aan-
wending van hulpbronne,
menslik en andersins,
gemaksimaliseer, omdat
groter gedeeltes grond
met dieselfde hulpbronne
bewerk kan word. Dit
stel produsente verder
bloot aan ‘n groter put
van kennis, wat genader
kan word wanneer be-
sluite geneem moet
word – om te verseker
dat alle relevante inlig-
ting in ag geneem word.
Hierdie praktyk skep ver-
skeie vlakke van bestuur,
aan wie verantwoordelik-
hede opgelê kan word en
vir wie die aandeelhouers
verantwoordbaar kan hou.
Ons maak ook toenemend
kennis met totale boerdery-
oplossings, waar bestaande
landboubesighede produsente wat daarin belangstel, bystaan en
verskeie produksie- en administratiewe funksies oorneem in ruil vir
‘n persentasie van die opbrengs en winste.
Hierdie praktyk het weer eens ten doel om hulpbronne maksimaal
te benut en om produsente in kontak te bring met kenners in
die sleutelprestasie-areas soos hierbo genoem, sonder om ‘n
permanente salarislas op die besigheid te plaas.
Soos jy seker van beide hierdie bogenoemde modelle kan aflei,
word hulpbronne meer effektief gebruik, wat tot gevolg het dat
minder trekkers, planters en personeel benodig word. Dit het by
implikasie die gevolg dat minder personeel benodig word, wat weer
eens bydra tot werkloosheid in ‘n gebied en daarmee saam ook
verskeie sosio-ekonomiese probleme.
Vanuit ‘n menslike hulpbron-perspektief moet ek dus vra: Is ar-
beidsverhoudinge ‘n stelsel en/of is dit net die bestuur van komplek-
se verhoudings? Moet ons vanuit ‘n menslike hulpbron-perspektief
stelsels ontwikkel wat bloot ons behoefte (om die hoeveelheid
hulpbronne benodig, te verminder) aanspreek en/of moet ons
eerder ons eie hulpbronne só ontwikkel dat dit daardie behoeftes
aanspreek?
Onwillekeurig spring my gedagtes weer na ander onverwante
besighede en besef ek dat boerdery ook tog só ‘n besigheid is
waar dieselfde en/of soortgelyke bestuurspraktyke toegepas moet
word, met verskillende posvlakke en verantwoordelike persone wat
omsien na die uitvoer van hul verantwoordelikhede. ‘n Kleinerige
boerdery se omset is soortgelyk aan groot besighede se omset.
Waarom word boerderye dan in die meeste gevalle nie soos ‘n
besigheid bestuur nie?
As ek die vraag aan die meeste van my boerderykliënte vra, gaan
hul vir my sê: “Onthou ek boer met my hart, ek wil sien as my
skape lam en my beeste kalf, ek wil sien as die koring spruit en die
sonneblomme geel in die blom staan; ek wil boer en nie bloot die
prosesse bestuur nie. Boerdery is tog ‘n roeping, ‘n leefwyse – my
nalatenskap aan my kinders.”
Wanneer ek daardie antwoord kry, kry ek gewoonlik ‘n traan in my
oog, want ek stem daarmee volkome saam. Boerdery bly egter ‘n
riskante, kapitaalintensiewe en arbeidsintensiewe besigheid wat
bestuur moet word.
Met die regte bestuursposte en -praktyke in plek, kan die daaglikse
risiko wat produsente trotseer, vroegtydig aangespreek en verskans
word. Met die regte bestuursposte en -praktyke in plek, sal die
produsent meer tyd hê om te boer, met die wete dat iemand die
risiko’s sal raaksien, rapporteer en verskans.
Hoe bekom ons egter die vaardighede wat benodig word om dít in
ons boerdery reg te kry?
Ons verseker hierdie vaardighede in ons boerderye deur die regte
persoon met die regte vaardighede aan te stel. Ons kan dit egter net
doen as ons weet wat die pos wat die persoon moet beklee, behels
en watter spesifieke vaardighede hy daarvoor benodig.
DIRK COETZEE,
arbeidsverhoudingspesialis, Noord-Vrystaat Bestuursdienste