35
January 2018
GRAAD
MINIMUM
MAKSIMUM PERSENTASIE TOELAATBARE AFWYKINGS (M/M)
A
B
C
D
E
F
G H
I
J
Hektolitermassa (kg/hl)
Valgetal (sekondes)
Proteïeninhoud ( %)
Erg ryp-beskadigde
korrels
Landswam-besmette
korrels
Opbergingswam-
besmette korrels
Sifsels
Ander graan en onge-
dorste are
Gruis, klippies en turf
Vreemde materiaal
(+ F)
Hitte-beskadigde
korrels
Beskadigde korrels
(+ H)
Gesamentlike afwy-
kings (D + E + G + I)
Graad 1
77
220 12
5
2
0,5
3
1
0,5
1
0,5
2
5
Graad 2
76
220 11
5
2
0,5
3
1
0,5
1
0,5
2
5
Graad 3
74
220 10
5
2
0,5
3
1
0,5
1
0,5
2
5
Graad 4
72
200
9
5
2
0,5
4
1
0,5
1
0,5
2
5
Utiliteitsgraad
70
150
8
10
2
0,5 10
4
0,5
3
0,5
5
10
Klas ander
<70
<150 <8
>10 >2
>0,5 >10
>4
>0,5 >3 >0,5 >5 >10
Minimum
grootte van
werksmonsters
1 kg - 2 kg 300 g Instru-
ment
instruk-
sies
25 g
25 g
100 g
500 g
50 g
100 g
100 g 100 g
25 g
-
Skoon
Gesif
Gesif
Gesif Ongesif Gesif
Gesif
Gesif
Gesif
Gesif
TABEL 1: BROODKORINGGRADERINGSTABEL.
en 0,8% laer as die 12,8% van verlede seisoen, wat die hoogste
gemiddeld sedert die 2004/2005-seisoen was. Die tien jaar geweegde
gemiddeld is 11,8%. Proteïeninhoud word oor die algemeen
beïnvloed deur die omgewing (grond en klimaatstoestande) waar
die koring aangeplant is, sowel as die kunsmisbehandeling.
Die produksiestreke in die Vrystaat het die hoogste gemiddelde
proteïeninhoud gerealiseer, naamlik 14,3%, gevolg deur die
besproeiingstreke met 12,3% en die winterreënvalstreke met 11,4%.
Die meelproteïengemiddeld was hierdie seisoen 11,2% in vergely-
king met die 11,8% van verlede seisoen. Proteïeninhoud word op ‘n
12% vogbasis gerapporteer.
Gemiddeld was die hektolitermassa 81,5 kg/hl, wat effe hoër is as
die 81,1 kg/hl van verlede seisoen. Die sewe jaar gemiddeld van
monsters waarvan die hektolitermassa met behulp van die Kern
222-instrument bepaal is, is 80,6 kg/hl. Die hektolitermassa van slegs
4% van die monsters was laer as die minimum vereiste vir graad 1,
naamlik 77 kg/hl. Drie van hierdie monsters het hul oorsprong in die
winterreënvalstreke gehad, een elk in die besproeiingstreke van die
Noord-Kaap sowel as Noordwes Provinsie en die oorblywende agt
monsters in die Vrystaatstreke.
1 000 korrelmassa, gerapporteer op ‘n 13% vogbasis, het toe-
geneem van 36,8 g verlede seisoen tot 38,6 g hierdie seisoen, wat
goed ooreenstem met die 38,8 g van 2014/2015. Die gemiddelde
persentasie sifsels van 1,86% is hoër as dié van verlede seisoen en
ook die hoogste sedert die 2003/2004-seisoen.
Die valgetal was gemiddeld 356 sekondes. Slegs vier monsters in
totaal het valgetalwaardes laer as 250 sekondes gehad en van hierdie
was twee monsters se valgetalle laer as 220 sekondes (minimum vir
grade B1 tot B3). Hoë persentasies uitgeloopte korrels is by die twee
monsters waargeneem, met valgetalwaardes onder 220 sekondes.
Al vier monsters was afkomstig vanuit die Vrystaatstreke. Alle
valgetalwaardes word aangepas vir die hoogte bo seevlak waarby
die analise uitgevoer word. Suid-Afrika ervaar oor die algemeen
minimale probleme met lae valgetalwaardes – tensy laat reënval kort
voor of tydens strooptyd voorkom.
Die gemiddelde mixogrampiektyd van 2,7 minute was dieselfde as
verlede seisoen en effe laer as die tien jaar-gemiddeld van 2,9 minute.
‘n Piektyd van tussen 2,5 en 3,5 minute word oor die algemeen deur
Suid-Afrikaanse bakkers verkies. Die mixogrampiektyd of -mengtyd
is ‘n aanduiding van die hoeveelheid tyd benodig om die deeg tot by
die punt van optimale ontwikkeling te vermeng.
Deeg wat optimaal ontwikkel is, het die perfekte balans tussen
uitrekbaarheid en kohesiwiteit en lewer die beste kwaliteit brood.
Onder- en oorvermengde deeg lei tot swak kwaliteit brood, wat die
volume sowel as die krummelstruktuur en tekstuur betref.
Die gemiddelde ekstraksie, verkry met die Bühler MLU
202-laboratoriummeule, was 72,5% in vergelyking met die 73,4%
van die vorige seisoen. Die meelkleur, bepaal op beide die Kent
Jones- en Minolta CM-5-instrumente, het goed ooreengestem met
vorige seisoene. Die as-inhoud van die meel, bereken op ‘n droë
basis, was effe laer as in 2015/2016.
Beide die nat (30,7%) en droë (10,5%) glutenwaardes gerapporteer
op ‘n 14% vogbasis, was laer as dié van verlede seisoen, wat te
wagte is aangesien die proteïeninhoud laer is. Die verhouding
tussen die nat gluteninhoud en totale proteïeninhoud is gewoonlik
tussen 2,5 - 2,8 tot 1. Die nasionale 2016/2017-waarde is 2,7. Glu-
tenindekswaardes het gevarieer van 63 tot 99, met ‘n gemiddeld van
94. Hierdie indeks verskaf ‘n aanduiding van die glutensterkte (hoe
hoër, hoe beter) en word nie beïnvloed deur die proteïeninhoud nie.
Reologiese deegeienskappe, bepaal met behulp van die farinograaf-,
alveograaf-, ekstensograaf- en mixograaf-instrumente word ge-
bruik om die gedrag van deeg tydens vermenging en prosessering,
asook die invloed van die eienskappe op die kwaliteit van die finale
produk, te voorspel. Wanneer daar na koringkwaliteit verwys
word, word daar na die proteïenkwaliteit – en dus indirek na die
glutenkwaliteit – verwys.