Background Image
Previous Page  32 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 44 Next Page
Page Background

30

Meer as 40 000 proewe wêreldwyd geplant

om gewastegnologie te verbeter

M

onsanto plant tans 40 500 proewe wêreldwyd op

22 000 lokaliteite waarby meer as 1 000 tegnici en

landboukundiges betrokke is om gewasproduksie te

verbeter om aan die produsent die hoogste gehalte

saad vir maksimum opbrengs en winsgewendheid te lewer, sê

mnr Hobart Beeghly (internasionale hoofbestuurder: Tegnologie

van Monsanto se hoofkantoor in die VSA).

Beeghly, die hoofspreker tydens die sesde tegnologiese konferen-

sie van Monsanto in KwaZulu-Natal, het gesê dié tegnici is die

maatskappy se top tegnologie-verteenwoordigers. Hulle kan as

gevolg van die ervaring uit die proewe, produsente op plaasvlak

adviseer oor die beste produksiestelsels en opleiding voorsien

rakende die aanwending van nuwe tegnologie om die produsent

gedurende die produksieseisoen voortdurend te ondersteun om die

maksimum opbrengste te benut.

Daar is volgens hom geleentheid vir alle produsente, groot en klein,

om voordeel te trek uit die tegnologiese vordering in landbou.

Van die grootste geleenthede is om opbrengste in Afrika suid van

die Sahara te stabiliseer deur verbeterde saadtelingstegnologie,

verskansing teen insekplae en droogtes.

Mnr Andrew Bennett (tegnologie-ontwikkelingsbestuurder: Afrika,

Monsanto) het gesê die maatskappy beskik oor 23 tegnologie-

ontwikkelingsverteenwoordigers wat reg oor die mielieproduksie-

gebied van Suid-Afrika, Oos-Afrika en Wes-Afrika, in nege lande

versprei is. Gesamentlik doen hulle proewe op meer as 375 lokali-

teite om die beste aanwending van Monsanto se wêreldwye teg-

nologie vir produsente op plaasvlak te bepaal.

Mnr Ivo Brandts (bestuurder: Regulatoriese wetenskap van die

maatskappy se EU-hoofkantoor in Brussel, België) het aantygings

dat glifosaat, die aktiewe bestanddeel van die onkruiddoder

Roundup Ready kankerverwekkend is, die nek ingeslaan. Hy het

daarop gewys dat die produk reeds langer as 40 jaar wêreldwyd

die markleier in onkruiddoders is. Geen regulatoriese instansie ter

wêreld beskou glifosaat as kankerverwekkend nie en nog minder as

‘n gesondheidsrisiko vir mense en die omgewing.

Dr Norbert Muelleder (tegnologie-ontwikkelingsbestuurder vir

Wes-Afrika en Ethiopië) het gesê dat Monsanto se GM-katoenteg-

nologie-ontwikkeling in Suid-Afrika verantwoordelik was vir die

suksesvolle katoenontwikkeling in 2008 in Burkina Faso in Wes-

Afrika. In die afgelope 18 maande het die maatskappy voorts goeie

vordering gemaak in Ghana, Ethiopië en Nigerië met die ontwikke-

ling van gehalte bastermieliesaad en die vestiging van tegnologie-

ontwikkelingsverteenwoordigers in dié lande.

Verskeie van die maatskappy se plaaslike tegnologie-verteenwoor-

digers het ook inligting oor die span se werksaamhede bekend

gemaak.

AKTUEEL

HANS LOMBARD,

namens Monsanto

Monsanto se tegnologie-ontwikkelingspan tydens die konferensie. Agter: Dr Norbert Muelleder, Andrew Bennett, Hugo le Roux, Anton Swanepoel,

Leonard Oberholzer, Paul Groenewald, Hobart Beeghly en Wimpie Maré. Voor: Riaan Rossouw, Tony Johnson, André Botes, Jako Benadie,

Tino Erasmus en Jaco van Zyl.

Foto: Hans Lombard