i
n landboukringe word dikwels gewonder of die regering
‘n begrip het vir die gevolge wat beleidsonsekerheid vir
effektiewe produksie en suksesvolle markontwikkeling inhou.
Dieselfde twyfel wat betref die staat of regering se politieke
en ekonomiese voornemens heers ook in die mynbou- en
vervaardigingsektore van die ekonomie. Die enkele mees
morbiede waarneming wat betref beleidsonsekerheid, is dat kapi-
taaleienaars skugter is om te draal in ‘n omgewing waar alle rol-
spelers nie konformeer tot gekodifiseerde spelreëls nie.
Anders gestel: Waartoevoeging vereis bestendige omstandighede
en voorspelbare gedrag van die belangrikste rolspelers. Die
Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) is ‘n uiters gekodifiseerde blou-
druk, maar om komplekse of selfs onverstaanbare redes kan die
lojaliteit van die regering jeens die NOP met reg bevraagteken word.
Die probleem ontstaan waarskynlik alreeds in die konseptuele
raamwerk van die NOP. Die regering se definisie van voedselseker-
heid verskil heel moontlik fundamenteel van dié van georganiseer-
de landbou. Só ook konsepte soos landelike veiligheid, ontwikkeling,
bemagtiging en grondhervorming. Die gebrek aan konsensus wat
betref hierdie konsepte het waarskynlik te doen met kompeterende
ideologieë.
Die staat beskou bemagtiging deur ‘n lens van staatsintervensie
en georganiseerde landbou verstaan bemagtiging as die natuurlike
nagevolg van ekonomiese groei. Die praktyk is egter aan landbou
se kant – veral as die relatiewe sukses van staatsintervensie gemeet
word aan die resultate van bemagtigingsprojekte wat produsente
op eie inisiatief onderneem.
Daar is ‘n fundamentele verskil tussen die staat en die megaboere
se inisiatiewe. Dit is geleë daarin dat die regering nie die oordrag
van bates as die belangrikste oogmerk van bemagtiging beskou
nie. Die geskiedenis laat egter weinig illusies: Eienaarskap is funda-
menteel tot bemagtiging.
In byna elke land in die wêreld waar eienaarskap en batebesit geëer
is, is relatiewe welvaart en bemagtiging ‘n gegewe. In suksesvolle
ekonomieë is die oordrag van eienaarskap wat betref bates, ‘n
eenvoudige, dog gereguleerde transaksie en die vloei van kapitaal
word bepaal deur die mark eerder as deur die teenwoordigheid of
onvoorspelbaarheid van diverse risiko’s.
Belangriker egter, is dat bates – of die waarde wat akkumuleer as
gevolg van die waarskynlike appresiasie in die waarde van bates
– oorgedra word van een generasie na ‘n volgende. Die eenvoudigste
bewys daarvan, is die feit dat in suksesvolle politieke ekonomieë
byna elke generasie materieel beter af is as die voorafgaande geslag.
Die mensdom beleef, in algemene terme, ongekende voorspoed
vis-à-vis
hul voorgeslagte en eienaarskap is in die kern van daardie
dinamika. Die Chinese ekonomie en die lewenskwaliteit van daardie
land se mense het astronomies gegroei met die besef van hul
politieke leierskap dat welvaart ‘n markgedrewe verskynsel is.
Sonder ekonomiese groei is relatiewe of selfs absolute armoede
‘n noodwendigheid; en kapitaalakkumulasie (ekonomiese groei)
vind slegs plaas onder omstandighede van mededinging en
investering. Sonder bates, egter, is beide mededinging en groei
blootgestel aan risiko’s wat onder meer geïnhibeerde groei insluit.
Maar die belangrikste kenmerk van eienaarskap en bate-besit is
dat dit vertroue in bepaalde ekonomiese aktiwiteite rugsteun; en
die ewewig van mededinging waarna markte behoort te streef, is
geweldig afhanklik van vertroue.
Dit is die rede waarom die bemagtigingsprojekte wat produsente
in Suid-Afrika self inisieer, byna altyd beter sal vaar as dié wat
geforseer word deur die ideologiese intensies van die staat. Die
kommersiële argitektuur van bemagtiging sal nooit tot wasdom
kom sonder die oordrag van bates, eienaarskap en titelaktes nie.
Daaruit vloei ‘n ander belangrike waarheid: Bemagtiging kan nie net
een van die deelnemende partye bevoordeel nie. Daar moet ook
bemagtiging in die transaksie of ooreenkoms wees vir die party wat
die risiko’s van die projek gaan dra. Wanneer produsente ‘n meet-
bare geleentheid tot groei in ‘n bemagtigingsprojek kan identifiseer,
het hul deelname waarskynlik aansienlik meer integriteit.
Die vraag is nou, hoe word die regering of die staat oortuig van die
waarde van bates en die oordrag van eienaarskap? Daar is geen
twyfel nie dat die ANC ‘n mate van wantroue jeens eienaarskap
as ‘n indikator van welvaart koester. Dit beteken nie dat arm Suid-
Afrikaners dieselfde wantroue troetel nie.
Kommersiële landbou en kapitaaleienaars moet self die proses
wat eienaarskap bevorder, dryf en bestuur. Produsente en die
sakegemeenskap het aansienlik meer gesag as wat hulle besef
– of wat hulle bereid is om te gebruik – in die onderhandeling van
bemagtigingstransaksies.
Gebruiksreg sonder eienaarskap gee nie alleen aan die staat on-
ewewigtige mag oor die bemagtigde nie, maar skep of bevestig
ook ‘n feodale ingesteldheid jeens welvaart wat inisiatief en die
bereidwilligheid om risiko’s te neem, inhibeer. Dus, indien landbou
bemagtiging enigsins wil laat wortel skiet op ‘n volhoubare basis,
sal produsente dit self moet doen. Dit is ‘n uitdaging, maar ook ‘n
geleentheid vir verdere welvaartskepping.
Eienaarskap is fundamenteel
tot bemagtiging
PIET CROUCAMP,
politieke ontleder
POLITIEKE
ont leding
AKTUEEL
Januarie 2016
26