Background Image
Previous Page  29 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 44 Next Page
Page Background

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

Reeks

D

ie jaarlikse Plaaspersoneel Ontwikkelingsdag wat deur

Overberg Agri gereël word, het op Donderdag, 3 Septem-

ber 2015 by twee afsonderlike proefplase in die Wes-Kaap

plaasgevind.

Die eerste geleentheid het die oggend om 09:00 by Roodebloem-

proefplaas net buite Caledon afgeskop waarna die tweede sessie om

13:00 by die Sensako-proefplaas op Napier plaasgevind het.

Verskeie gassprekers het waardevolle inligting by hierdie ses-

sies met soveel soos 400 plaaswerkers uit die omgewing gedeel.

Mnr Israel Mashile van Bayer het oor beroepsgesondheid en -vei-

ligheid op die plaas gesels, waarna me Samantha Smile, ‘n nuwe

era-boer van Spanjaardskloof, die hantering van persoonlike finan-

sies en die gebruik van selfone tydens werkstyd bespreek het.

Me Liana Stroebel het meer vertel van die verskeie Graan SA oplei-

dingskursusse wat aan alle plaaswerkers in die Wes-Kaap beskik-

baar is en personeel aangemoedig om aan te hou leer, hul kennis op

te bou en trots te wees op dít wat hulle doen, waarna verteenwoor-

digers van die Departement van Justisie en Maatskaplike Ontwik-

keling ‘n humoristiese vertoning gelewer het om die boodskap van

beter kommunikasie, reëls en konsekwentheid onder plaasgesinne

oor te dra.

Na afloop van hierdie gedeelte van die program, is plaaspersoneel

in hul onderskeie graan- of vee-spesialisareas verdeel. Persone wat

meer in die graanvertakkings werk, is uitgeneem na verskeie demon-

strasiepersele waar navorsers van die Wes-Kaapse Departement

van Landbou, Agricol, Sabbi, Klein Karoo en Sensako kultivarkeuse,

plantontwikkeling en die identifisering van verskeie siektes en on-

kruide op koring, gars, kanola en voergrane bespreek het.

Verder het personeel wat weer in die veevertakkings werk of be-

langstel, insiggewende inligting rakende die inenting en dosering

van skape van die plaaslike veearts, dr Hensie Lategan, ontvang.

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

Overberg Agri Plaaspersoneel Ontwikkelingsdag

1: Tydens die geleentheid by Roodebloem-proef-

plaas buite Caledon.

2: Samantha Smiles van DEHS Farming gesels oor

finansiële bestuur.

3: Dr Hensie Lategan vertel personeel meer oor

die inenting en dosering van skape.

4: Personeel van Sensako gesels oor verskillende

kultivars, asook die proses waartydens nuwe

kultivars ontwikkel word.

4

AKTUEEL

1

2

3

27

January 2016