Wen prysgeld
ter waarde van
R32 000
Dit ís
Landbou in volkleur
Waaraan dink jy as jy aan “Landbou in volkleur” dink? Goudgeel kanola- of
sonneblomlande vol in blom? Jong koring of mielies wat heldergroen uit
die bruin grond beur? ‘n Pienk en oranje sonsondergang op die plaas?
Wit en swart beeste wat water by die dam suip? Boeta wat met sy bloed-
rooi hemp op die trekker ry? Of dalk Sussa met haar pers rok wat in die
wa vol mielies speel? Komaan, verras ons met jou vertolking van 2016 se
fotokompetisietema “
Landbou in volkleur
”.
WAT KAN JY WEN?
Vanaf Januarie 2016 word daar vir twaalf uitgawes elke maand ‘n wenner
deur ‘n paneel beoordelaars aangewys. Die maandelikse wenner stap weg
met ‘n kontantprys van R1 000 en die twaalf finaliste kom in aanmerking
vir
R10 000 (wenner)
,
R7 000 (naaswenner)
en ‘n
derde prys van R3 000
.
Dankie aan Sasol Chemicals (Kunsmis) wat vanjaar weer die prysgeld borg.
GRAAN SA
/
SASOL CHEMICALS (KUNSMIS)
FOTOKOMPETISIE
KOMPETISIEREËLS
1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak uit die neem
van foto’s nie) mag vir die kompetisie inskryf.
2. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe verskil)
per uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie
foto’s wat ontvang word, vir die kompetisie in aanmerking geneem word.
3. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings
wat ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie
ingeskryf word.
4. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uitgawes
nie inskryf nie.
5. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp han-
del as foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat ingeskryf
word, mag ook nie voorheen gepubliseer wees nie.
6. Inskrywings moet die tema “Landbou in volkleur” uitbeeld.
7. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s saam
met die foto verskaf.
8. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).
9. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook ‘n verteenwoor-
diger van
SA Graan/Grain
en Sasol Chemicals (Kunsmis), sal die foto’s maande-
liks beoordeel.
10. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aanvaar word.
Die foto’s moet in elektroniese formaat wees, nie groter as 3 MB elk nie, in
JPG-formaat en nie kleiner as 10 cm x 15 cm nie. Indien foto’s met ‘n filmkamera
geneem word, moet dit teen ‘n resolusie van 300 dpi geskandeer word.
11. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar word
nie. Om ‘n foto te sny (
crop
) word nie as manipulasie beskou nie.
12. Graan SA behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompeti-
siereëls voldoen nie, af te keur.
13. Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA – dit sluit die CD’s in waarop
die foto’s verskaf is. Die foto’s sal in ‘n databank gebêre word en Graan SA en
Sasol Chemicals (Kunsmis) mag dit vir toekomstige promosie-, bemarkings- en
publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer in daartoe en
geen eise van derde partye vir skending van kopiereg kan ingedien word nie.
14. Werknemers van Sasol Chemicals (Kunsmis), Graan SA of Infoworks mag nie vir
die kompetisie inskryf nie.
Stuur foto’s na
elmien@infoworks.bizof aan Elmien Bosch,
Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572.
Onthou om ‘n naam, kontakbesonderhede en byskrif vir die
foto saam te stuur.
SLUITINGSDATUM:
MAART 2016: 7 MAART
APRIL 2016: 6 APRIL
Hano Saaiman van Ermelo se foto is Desembermaand se wenner. “I have taken some, which I consider, spectacular photos of the influence of
nature on agriculture. With the temperatures reaching record lows on the farm, producers need to adapt daily (keeping up with modern times).”
WENFOTO VIR
DESEMBER