Stella Pieterse van Koedoeskop se foto,
“Koring met sonsondergang – my man,
Koos, staan in die land en bestudeer die
groei van die koring”, het haar November
se wenner gemaak en R1 000 in die sak
gebring.
AKTUEEL
Fotokompetisie
Kyk deur ‘n gekleurde
bril na landbou
A
mateurfotograwe het weer die geleentheid om vanjaar
aan die opwindende Graan SA/Sasol Chemicals (Kunsmis)-
fotokompetisie deel te neem. In 2016 wil ons jóú inter-
pretasie van landbou in volkleur sien.
Komaan, moenie net dreig om in te skryf nie, stuur sommer dadelik
jou foto/’s in. Onthou: Van uitstel kom afstel. Ons sien uit daarna om
jóú interpretasie van ons nuwe tema te ervaar.
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
In die derde plek is Charné Saaiman van Ermelo se foto. “Veldbrande
berokken groot skade vir produsente met al die gevaar wat vandag
daarmee gepaard gaan. Moderne tegnieke soos voorbrande kan gebruik
word om onnodige wegholbrande te vermy.”
Tanya Swanepoel van Hartbeesfontein se foto behaal die tweede plek.
Op die foto is Corneels Swanepoel met Jandre op sy skouers en CW
langs hulle. Geneem op die plaas Rietfontein, Hartbeesfontein.
3
de
2
de
Die doel van hierdie dag is veelvoudig en
sluit in om plaaswerkers blootstelling aan
verskeie onderwerpe te gee, erkenning te
gee, op te lei, te motiveer om na uitnemend-
heid te strewe en om hul te laat besef watter
belangrike rol hul in die landboubedryf van
die Wes-Kaap speel.
Graan SA voel geëerd om deel te wees van
só 'n spesiale dag. Hartlike dank aan die
borge vir die dag naamlik Bayer, Terason,
Graan SA, SOILL, Verbac, Overberg Agri en
Sensako.
5: Lisa Smorenburg, navorser by die Wes-
Kaapse Departement van Landbou, voorsien
inligting rakende die identifisering van
Sclerotinia in kanola.
6: Israel Mashile gesels oor beroeps-
gesondheid en -veiligheid op die plaas. Hy
beklemtoon die voorkoming van ongelukke
en gee ook praktiese wenke oor die hante-
ring van sekere situasies.
Deel jou praktyke met medeprodusente
Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas
en wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel. Stuur 'n e-pos na
estiedv@mweb.co.zaen ons sal jou kontak.
5
6
Goeie arbeidsprak-
tyke en -verhoudinge
Januarie 2016
28