RUBRIEKE
/
FEATURES
1
Voorpunt
4
Graan SA Standpunt:
2015 vol uitdagings
5
Grain SA Point of View:
2015 filled with challenges
5
Uit die Woord
7
Om die waarheid te sê...
7
Op die kantlyn
47 Wiele vir die plaas:
Mazda se slim plan – Die Mazda CX-5 DE Akera
48 E-posse aan Grootneef:
Dis beter buite die stadspoorte
Pannar bemark ‘n volledige pakket voerge-
wasse om aan die unieke vereistes van elke
produsent te voldoen.
Acknowledgement is hereby given to the Maize Trust for its
financial contribution towards the distribution of this magazine.
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad
is hul eie en verteenwoordig nie noodwendig die mening
van Graan SA nie.
•
The opinions expressed by contributors are their own.
They do not necessarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-
inligting”-artikels feite kan bevat oor kommersiële produkte.
•
“Advertorials” are paid articles; while “product informa-
tion” articles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, teke-
ninge, advertensies en alle ander materiaal wat in hierdie
tydskrif gepubliseer word, word hiermee uitdruklik voorbe-
hou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet
op Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA, POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660
BESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Loxton
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7276
E-pos:
johan@grainsa.co.zaSUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING
(ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7281
E-pos:
marina@grainsa.co.zaREDAKSIE
REDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 013 752 5731 • Sel: 083 490 9449
Faks: 086 275 4157
E-pos:
estiedv@mweb.co.zaSA GRAAN/GRAIN
TEGNIESE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Faks: 018 468 7782
Sel: 082 553 7806
E-pos:
johan@infoworks.bizREDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
elmien@infoworks.bizBLADUITLEG EN REPRODUKSIE:
Ashley Erasmus,
Infoworks
Tel: 018 468 2716 •
E-pos:
ashley@infoworks.bizDRUKWERK:
Colorpress
Tel: 011 493 8622
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Jurgen van Onselen
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874
E-pos:
jurgenvo@iburst.co.zaKOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Johan van Onselen
Tel: 022 451 2773
GRAAN SA HOOFKANTOOR
Blok C, Alenti Office Park
Witheritestraat 457
Die Wilgers
Pretoria
0041
Tel: 08600 47246
Faks: 012 807 3166
Besoek Graan SA op die web:
www.grainsa.co.za3
Voorblad
/
Cover
nuarie 2015
d
it was die mees militante ve
gters vir grondhervorming
selfwatdiepuntbaieduidelikgemaakhet:Dieprobleem
met swart grondbesit is primêr in die stede, nie op die
plasenie.
Mnr Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters
(EFF) het vroeg in November 2014 ‘n groep inwoners gelei wat
onwettiglik grond in Nelmapius, Pretoria, beset het. Die EFF se
leierskap het dit duidelik gestel dat hulle glo dit is die korrekte
optrede endathulleditweer enweer saldoen.
In Kaapstad is ‘n organisasie met bande met die ANC, die
Ses’Khona People’s Rights Movement, ook aktief besig onwettige
grondbesettings indieSkiereiland.
ToghoudieEFF endieANC steeds volmethul emosioneleoproepe
dat plaasgrond dringend en ingrypend herverdeel moet word.
Soos die politieke temperatuur al warmer word op pad na die
plaaslike verkiesing van 2016 en die algemene verkiesing van 2019,
moet ons verwag dat die emosies rondom plaasgrond nog verder
opgejaaggaanword.
‘n Mens kan nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat
die grondkwessie in Suid-Afrika meer ‘n politieke en simboliese
as ‘n landboukwessie is. As dit waar is, moet landbouers en hul
organisasies dit in gedagte hou wanneer hulle oor grondhervor-
mingpraat enonderhandel.
Die koue feite is dat Suid-Afrika ‘n verstedelikte land is. Minstens
14 miljoen swartmense het sedert 1994 uit die platteland en die ou
tuislande na die stede en dorpe getrek. In 1990 het net 52% van
Suid-Afrikaners in stede gewoon. In 2014 het dit opgeskuif tot 67%.
Dit is een van die grootste migrasies van mense in Afrika in die
modernegeskiedenis.
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het in 2006 en
2007 in ‘n wye steekproef gevind dat meer as ses uit tien swart
Suid-Afrikaners nie landbougrond wil hê nie en die meeste van dié
wat aangedui het dat hulle graag grond wou besit, wou minder as
5hahê.
Die minister verantwoordelik vir grondhervorming, mnr Gugile
Nkwinti, het verklaar dat net sowat 6 000 van die sowat 78 000
aansoekers vir grondrestitusie verkies het om grond te kry, die
ander 62 000 wou geldelike vergoeding kry – omtrent R6 miljard.
“Ons het nie meer kleinboere nie, ons het nou mense wat ‘n loon
verdien,”hethygesê.
Natuurlik is hy reg. Die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners
b
k geleenthede beter onderwys vir hul kinders,
beter huise, beter dienste en dalk ‘n goeie motor en ‘n slim selfoon.
Dit ishopeloos temoeilik en riskantom ‘nprodusent tewees.
Die nasionale en provinsiale regerings moes die vinnige verstedeli-
kingsproses verwag het ná die afskaf van instromingsbeheer in
1986 en die ongedaanmaak van die swart tuislande ná 1990 – en
daarvoor beplan het. Hulle het nie; en vandag sit ons met meer
as 3 000 plakkerskampe in Suid-Afrika waar mense in vuil, gevaar-
like krottoestande leef. Plaaslike regering het, met ‘n paar uitsonde-
rings,heeltemal ineengestort.
Dít is die rooi lig wat vir Suid-Afrika flikker, nie soseer die stadige
vordering met grondhervorming nie. Ons ervaar byna elke dag ‘n
protesaksie êrens in ‘n
township
of ‘n plakkerskamp in Suid-Afrika
en heelwat daarvan gewelddadig. In die afgelope tien jaar is
minstens 43 mense wat aan sulke aksies deelgeneem het, deur die
polisie doodgeskiet (dit sluit nie die 34 mynwerkers by Marikana
in nie). Dít is waar die gevaar vir ons stabiliteit lê, nie soseer in die
frustrasie van swartmensewatgraagwilgaanboernie.
Dalk moet ons ‘n bietjie meer simpatie met die ANC-regering hê.
Hullehetmeer asdriemiljoen sogenaamdeHop-huisegebou sedert
1994 en vir miljoene water en elektrisiteit aangelê. Maar hulle kon
blootnie voorblynie.
Hoe vinniger hulle dienste verskaf en huise bou, hoe vinniger
stroom mense uit die plattelandse gebiede die stede binne. Voeg
daarby ‘n hele paar miljoen mense wat uit Lesotho, Mosambiek,
Zimbabwe en ander Afrika-state oor ons grense gestroom het en
onshet ‘n krisis vangeweldigeproporsies.
Ons kan egter nie die politieke en simboliese kant van grondher-
vorming weg wens nie. Te veel Suid-Afrikaners glo nog dit is ‘n
basiese reg, amper ‘n voorvereiste vir volle burgerskap, om grond
te besit. Die landbou word nog nie deur genoeg mense as primêr ‘n
ekonomiese aktiwiteitgesiennie.
Ons moet dit probeer verstaan. Die oorgrote meerderheid ver-
stedelikte swart Suid-Afrikaners het nog bande – ouers, grootouers
– met die landelike gebiede. Daar is nog ‘n sterk romantiek ver-
bonde aan die geskiedenis voor 1913 toe swart groepe primêr
landbouers en grondbesitters was. Dit voel net nie reg vir hulle dat
die meeste kommersiële landbougrond nou deur wit produsente
besitwordnie.
Dit is hoekom die georganiseerde landbou se nuwe inisiatiewe
om swart produsente op grond te vestig so belangrik is en met
grootenergie toegepasmoetword.Ordelikenmet ‘nklemopekono-
miese lewensvatbaarheid,werkvoorsiening en kosverskaffing.
Dit is inelkeprodusent sebelangendié vanhulenmynageslag,dat
hierdieprosesse slaag.Sógaanons stabiliteit koop.
Ǧ Ǯ
Ǯ
MAX DU PREEZ,
politieke ontleder
POLITIEKE
ont leding
AKTUEEL
POLITIEKE ONTLEDING
38