Background Image
Previous Page  94 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 94 / 150 Next Page
Page Background

2015

84

G

RAANGIDS

Bestuur nagmuise só

Alle graanprodusente moet bedag wees op die moontlike voorkoms van nagmuise of springhaas-

rotte in hul produksiegebiede. Indien dit nog nie by jou voorkom nie, gaan dit wel een of ander tyd

gebeur.

1. Let op vir gate van ‘n 60 mm-deursnit in die wenakker en aan die kante van bewerkte

landerye. As daar sulke gate begin verskyn, is dit gewis tyd vir ‘n anti-nagmuisveldtog.

2. Nagmuise moet ‘n harde knou toegedien word wanneer hulle op hul kwesbaarste is, naamlik

einde winter in die somerreënvalgebiede en begin herfs in die winterreënvalgebiede. Dit is

dán wanneer die diere verhonger is en die beste op knaagdierdoderlokaas sal reageer.

3. Slegs geregistreerde anti-koagulantknaagdierdoders wat vir nagmuise geregistreer is sowel

as sinkfosfied en aluminiumfosfied, mag gebruik word. Enigiets anders, soos byvoorbeeld

aldikarb en karbofuraan, gaan nie die gewenste uitwerking hê nie; dit is boonop ‘n strafbare

oortreding volgens Wet Nr. 36 van 1947 om sulke middels te gebruik.

4. Die anti-koagulante moet in 75 mm-besproeiingspype van 750 mm lank aangewend word:

Ryg drie of vier blokkies daarvan deur ‘n dun draad en laat die wasblokkies dan binne die

pyp versteek wees waar die nagmuise dit kan vreet en ander diere nie kan bykom nie.

Plaas die lokaaspype elke 50 m om die landery uit of selfs binne die landery waar daar

kolonies is. Vul elke vierde dag aan totdat die bevolking uitgedun is. Tel dooie nagmuise op

en begrawe hulle.

5. Sinkfosfied kan as gereed-vir-gebruik lokaas aangewend word of produsente kan hul eie

lokaas voorberei: Week uitskotmielies in water totdat dit ontkiem. Maak vinnig droog en

meng dan volgens die voorskrif op die etiket met sinkfosfied en kookolie. Gebruik dieselfde

pyp as vir die anti-koagulante en plaas twee eetlepels vol van die lokaas in die pype en elke

50 m om die landery. Sulke lokaas kan ook direk in die gate gegooi word (gebruik 25 mm-

pyp met tregter), waarna die gate dan toegetrap word. Sinkfosfied maak hulle vinnig dood en

die diere vrek selde bo die grond. Moet onder geen omstandighede die lokaas met kunsmis-

strooiers op die landerye uitgooi of sulke behandelde saad plant nie! Dit is totaal oneffektief

en skep vergiftigingsgevare.

6. Lokvaldromme kan ook gebruik word: Sny ‘n 210 liter-drom in sy helfte af en plant gelyk met

die grond. Vul met een-derde water en sprinkel sonneblomsaad op die water. Die nagmuise

verdrink as hulle in die drom inspring om die saad te vreet.

7. Plant sitplekke vir uile en roofvoëls. Een paal van 2,4 m hoog elke 50 m en een paal van

1,4 m hoog elke 50 m. Strooi saad om die paal in die laatmiddag, sodat dit die muise lok en

vandaar kan die uile dan op hulle begin jag maak. Rig ook ‘n uilkas op: Een uilkas per 50 ha

is genoeg.

8. Plant ‘n lokvalgewas van uitskotsaad in die wenakker dieselfde tyd wanneer die gewas ge-

plant word. Die lokvalgewas moet baie dig aangeplant word, sodat die nagmuise eerder daar

gaan vreet as in die gewas self.

9. Waar bewaringsbewerking toegepas word, is die kanse vir nagmuisinfestasie feitlik 100%,

omdat die wegdoen van diepbewerking nie meer die kolonies vernietig nie. Een keer elke vier

jaar behoort sulke gronde waar nagmuise floreer, ordentlik diep geploeg te word.

10. Vir die volledige bestuursplan oor nagmuise, stuur ‘n versoek per e-pos na

nesher@tiscali.co.za

.

Skrywer: Dr Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum en AVCASA