2015
85
G
RAANGIDS
Pla rooibekvinke (kweleas), sprinkane en
kommandowurms? Hier is raad.
Die Wet op Landbouplae (Wet Nr. 36 van 1983) verklaar rooibekvinke en sprinkane as ‘n plaag.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is verantwoordelik vir die beheer daarvan.
Prosedures wat die klaer moet volg om rooibekvinke aan te meld
Voordat ‘n amptenaar van die departement ‘n fisiese inspeksie sal kom doen, moet die volgende
prosedures/stappe deur ‘n klaer gevolg word:
a) Die slaap- of broeiplek van die betrokke swerm vinke wat skade aanrig, moet korrek geïdenti-
fiseer word. Die area kan alleenlik vroeg in die aand geïdentifiseer word, aangesien die vinke
nie deur die dag by hulle onderskeie slaapplekke sal wees nie. Broeiswerms sal wel neste hê en
dit kan deur die dag gebruik word as identifikasie van die broeiplek.
b) Indien die geïdentifiseerde area nie die eiendom van die klaer is nie, moet die klaer toestem-
ming vir die betreding en moontlike beheeraksie vanaf die betrokke grondeienaar verkry.
Die klaer kontak een van die hulpbronbewaringsinspekteurs (sien onderstaande kontaknommers)
met die bogemelde inligting en meld die rooibekvinke aan, waarna ‘n afspraak dan gereël word
om saam met die klaer ‘n inspeksie by die betrokke slaap- of broeiplek te doen.
Kontakbesonderhede vir vinke:
Kontakbesonderhede vir sprinkane:
John Tladi
Adjunkdirekteur: Migrerende Plae
Tel: 012 309 5743
Sel: 082 457 3741
Khuliso Gangashe
Assistent-direkteur
Tel: 012 309 5823
Sel: 072 231 2192
Colin Burke
Tel: 012 309 5826
Sel: 082 451 4861
Luka Geertsema
Tel: 012 309 5824
Sel: 082 457 3742
Gert Greyvenstein
Migrerende plaagbeampte: De Aar
Sel: 082 451 4860
Kontakbesonderhede vir kommandowurms:
John Tladi
Adjunkdirekteur: Migrerende Plae
Tel: 012 309 5743
Sel: 082 457 3741
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette, Graan SA