2015
18
G
RAANGIDS
• Soos genoem, moet alle verlof vooraf goedgekeur word. Die werknemer moet ‘n redelike tyd
voordat hy die verlof benodig, die omstandighede met die werkgewer bespreek en die nodige
goedkeuring verkry. Sou dit gebeur dat die verlof nie goedgekeur word nie en die werknemer
bly dan net weg, gaan hy sy werk verloor. Goedkeuring geld vir alle verloftipes: Gewone verlof,
kraamverlof, onbetaalde verlof en familieverantwoordelikheidsverlof. Die beste wyse om dit te
hanteer, is ‘n behoorlike verlofrekord.
• Siekteverlof is ‘n uitsondering op bogemelde. Die werknemer is egter verplig om voor die
aanvang van sy dagtaak of binne ‘n redelike tydperk, byvoorbeeld een tot twee ure daarna, die
werkgewer persoonlik in kennis te stel van sy siektesituasie. Die werknemer moet ook daagliks
direk aan die werkgewer of bestuur rapporteer oor sy siektetoestand en hy moet by sy woning
teenwoordig wees. Afwesigheid as gevolg van siekte word geweldig misbruik. Sieknotas is
nodig vir alle situasies waar die werknemer twee of meer dae afwesig is. Sonder ‘n sieknota
word die werknemer nie betaal nie. Hy kan ook aangekla word en moontlik sy werk verloor.
Misbruik van siekteverlof is tans die een element wat produktiwiteit in ondernemings die meeste
beïnvloed.
• Langdurige afwesigheid of “dros” vereis spesifieke optrede deur werkgewers of bestuur. Sou die
werknemer vir drie dae of meer afwesig wees, moet daar na hom gesoek word. Hierdie vereiste
word deur Suid-Afrika se arbeidshowe bevestig. Die werkgewer moet iemand stuur om die
afwesige persoon te gaan besoek en ‘n skrywe (drosbrief) moet by sy adres of laaste bekende
adres afgegee word. Indien hy reageer en terugkeer werk toe, tree die werkgewer op teenoor
sy langdurige afwesigheid en kan sy dienste beëindig word. Maak ook seker dat daar nie
werklike verskoonbare omstandighede bestaan nie. Sou daar egter ‘n duidelike intensie van die
werknemer wees om nie terug te keer nie of hy het heeltemal verdwyn, dan kan geag word dat
hy gedros het. Sy dienste word dan as “gedros” beëindig. Optrede moet binne die eerste week
of twee plaasvind.
• Werknemers is wetlik geregtig op drie weke per jaar verlof, ses weke per driejaar-siklus siek-
teverlof, gesinsverantwoordelikheidsverlof wat drie dae per jaar is – indien nodig – en tot vier
maande per kraamgeval kraamverlof. Dit bly egter die verantwoordelikheid van die werknemer
om dit vooraf te reël. Slegs indien die werkgewer dit goedkeur en aanvaar, sal dit geldig wees.
Skriftelike rekords hiervoor is egter noodsaaklik.
Skrywer: Braam Celliers, Arbeidsadviseur
Die bestuur van nuutaangestelde
werknemers en afwesigheid van werk
Vervolg van bl. 17