Background Image
Previous Page  16 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 150 Next Page
Page Background

2015

14

G

RAANGIDS

Wenke vir die bestryding en

bestuur van veldbrande

Veldbrande rig jaarliks groot skade vir produsente aan. Frans Marx, bestuurder van Wolmaransstad

se hoogs suksesvolle Brandbeskermingsvereniging (BBV) en direkteur van Suidwes, het ingestem om

‘n paar wenke na aanleiding van sy ervaring met ons te deel.

Wenke vir die voorkoming van veldbrande

• Maak en onderhou jou brandbane elke jaar betyds. Elke grondeienaar en -huurder is volgens

wet verplig om dit te doen. Verseker dit is vry van brandbare materiaal – ‘n bossiekapper maak

nie ‘n brandbaan nie.

• Praat gereeld met werkers en leer hulle die gevare van oop vure.

• Maak seker dit is skoon in die areas waar kos op oop vure gemaak word.

• Dit is raadsaam om breë brandstroke rondom jou werkers se huise te maak.

• Moenie op dae wat die wind sterk waai, die volgende doen nie:

1. Sny met snywiele naby droë gras.

2. Sweiswerk in die oopte (hekke, windpompe, trekpale ensovoorts).

3. Skraap van paaie met ‘n skraper op klipperige grond.

4. Sny met bossiekappers.

5. Maal van voer.

6. Wenakkers en brand van lande.

• Trekkers wat vir lang tye ligte werk gedoen het en skielik swaar werk doen, kan vonke by die

uitlaatpyp uitgooi – wat ‘n brand kan veroorsaak.

• As jy brandwerk móét doen, doen dit vroeg in die oggend.

• Maak die skouers van sekondêre paaie skoon en kort, sodat terugbrande maklik gemaak

kan word.

Wenke vir die bestryding van wegholveldbrande

Om wegholveldbrande te voorkom, moet daar ‘n oorhoofse brandstrategie bestaan. Dít is

gewoonlik die taak van die BBV, maar in gevalle waar daar nie só iets bestaan nie, kan produ-

sente dit self onder mekaar beplan en ‘n plan opstel. Die volgende aspekte moet in die plan

gedek word:

• Beplan waar wegholbrande gestuit gaan word, met ander woorde by groot grondpaaie of

groot brandstroke. Dit is belangrik dat alle grondeienaars (eienaars en huurders) deeglik bewus

is van waar hierdie punte is, sodat daar nie op die dag van ‘n wegholbrand getwyfel word waar

die terugbrand gemaak moet word nie.

• Beplan vir drie groepe om sodoende ‘n wegholbrand te stuit:

o Groep 1 is die span wat die terugbrand gaan maak om die vuur te stuit.

o Groep 2 is die span wat van links agter die vuur inbeweeg en dit van agter blus.

o Groep 3 is die span wat van regs agter inbeweeg om die vuur van agter te blus.

• Kommunikasie is van kardinale belang en daar moet van tweerigtingradio’s gebruik gemaak

word, aangesien selfone ondoeltreffend is.

• Goeie beheer by wegholveldbrande is belangrik. Gewoonlik neem die BBV-brandhoof die

leiding, maar in gevalle waar daar nie só iets bestaan nie, moet die eienaars só ‘n persoon

identifiseer en aanstel. Dit is verder belangrik om ander persone – ten minste drie per streek

– te identifiseer wat leiding kan neem.