Background Image
Previous Page  22 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 150 Next Page
Page Background

Skat só jou eie oesopbrengs

Droëland:

Besproeiing:

Are of halms per m

2

x sade per aar

3 500

= ton/ha

Are of halms per m

2

x sade per aar

3 000

= ton/ha

Navorsing ten opsigte van metodes vir die bepaling van akkurate haelskade word deurentyd deur

finansiële instellings gedoen. Opbrengsskattings vir ‘n reeks gewasse word ook gereeld verfyn.

Hierdie navorsing word nooit as afgehandel beskou nie. Nuwe terreine word voortdurend bestudeer

en bestaande prosedures word getoets en aangepas om tred te hou met onder meer nuwe kultivars en

veranderde boerderytegnieke.

Een gebied wat intens bestudeer word, is die bepaling van oesopbrengste of oesskattings.

Sekere formules is ontwikkel en aangepas, maar ‘n deeglike kennis van onder meer die betrokke

boerderyvertakking en -streek bly belangrik met die bepaling van ‘n oesopbrengs.

Die volgende inligting moet slegs as riglyne gebruik word. Nietemin kan dit handig te pas kom

wanneer produsente die potensiële oesopbrengs wil beraam. Daar moet egter in gedagte gehou

word dat daar baie veranderlikes is wat die akkuraatheid van ‘n oes- of opbrengsskatting kan

beïnvloed. Hoe nader aan oestyd, hoe akkurater kan bepalings gedoen word, omdat daar minder

kans is dat groot veranderlikes kan voorkom. Een van die mees kritieke faktore is die pitmassa. Dit

varieer nie net baie van seisoen tot seisoen nie, maar ook binne die seisoen. Selfs nadat die oes ryp

geword het, kan faktore soos kopvrot en ander patogene die pitmassa beïnvloed.

Die riglyne is soos volg:

1. Koring

By koring is ‘n goeie gemiddelde saadtelling ongeveer:

Droëland:

3 500 sade/100 g.

Besproeiing:

3 000 sade/100 g.

Vir opbrengsbepalings word twee algemene praktyke, naamlik saai en plant, afsonderlik beskryf.

1.1 Die saai van koring of plant in baie nou rye

1.1.1 Eerstens word die aantal are of halms per vierkante meter (m²) bepaal.

1.1.2 Die gemiddelde aantal sade per aar word bepaal deur die sade in ‘n monster van

koringare, wat klein en groot are na verhouding insluit, te tel. Indien die sade nog nie getel

kan word nie, moet ‘n goeie gemiddelde telling vir die betrokke kultivar gebruik word.

1.1.3 Die volgende formule kan aangewend word vir die berekening van die opbrengs waar

koring gesaai is:

1.2 Koring wat in onderskeibare rye geplant is

1.2.1

Bepaal die rywydte soos volg: Die afstand oor tien ryspasies word gemeet, met ander

woorde vanaf ry een tot ry elf, en die afstand só verkry, word deur tien gedeel om die

rywydte te bepaal.

VOORBEELD

Afstand oor 10 ryspasies = 3,5 m

Rywydte is 3,5 m

10

= 0,35 m

Vervolg op bl. 21