Background Image
Previous Page  17 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 150 Next Page
Page Background

2015

15

G

RAANGIDS

• Die nasorg (ingooi van miskoeke, stompe en ander materiaal wat nog smeul) is baie belangrik

aan elke kant van die vuur, sodat daar nie weer ‘n brand ontstaan nie. Iemand moet getaak

word om dit te doen. Dit is gewoonlik die grondeienaar se taak om te sorg vir nasorg by

die vuur.

• ‘n Vroeë waarskuwingstelsel moet beplan word. Tweerigtingradio’s werk goed. Borde langs

hoofroetes met selfoonnommers daarop is ook effektief om die publiek te betrek om betyds

alarm te maak tydens brande.

• Aanvullingspunte vir water moet geïdentifiseer word.

• Skakel met die polisie en die verkeerspolisie, sodat paaie gesluit kan word indien digte rook oor

paaie beweeg en verkeer sodoende beheer kan word. Indien daar kraglyne is wat brand, kan

Eskom ook betrek word.

• Beplan opleiding vir grondeienaars en plaaswerkers wat betrokke gaan wees by die bestryding

van veldbrande.

Wenke tydens veldbrande

• Kyk na die spoed en rigting van die wind, want dit bepaal hoe ver vooruit jy ‘n terugbrand moet

maak om die vuur te stuit.

• Bepaal die punt waar jy die vuur gaan stop en laat die persone wat daarvoor getaak is, dit

daar gaan doen.

• Beweeg sover moontlik in reeds-gebrande gedeeltes – veral op warm dae wanneer warrelwinde

voorkom. Só ‘n warrelwind kan veroorsaak dat jy binne die vuur vasgevang kan word.

• Maak seker jy weet altyd waar jy is en waar die gedeeltes is wat klaar gebrand het, sodat jy

soontoe kan vlug as dit moet.

• Moenie vorentoe beweeg indien die vuur agter jou nie heeltemal geblus is nie.

• Bestry altyd eerste die buitekante van die vuur; binnebrande kan later geblus word. Maak seker

dat jy weet watter is die buiteflanke van die vuur.

• Probeer altyd in spanne van drie spuite werk, dan is ‘n mens gewoonlik verseker dat die vuur

agter jou geblus is.

• Hou jou voertuig se hittemeter altyd dop.

• Sorg altyd dat daar genoeg persone betrokke is by die terugbrand om die vuur te stuit,

sodat daar nie ‘n tweede vuur ontstaan nie. Slegs die brandhoof besluit waar teruggebrand

gaan word.

• Dra altyd beskermende klere en maskers.

• Neem genoeg drinkwater saam en neem gereeld water in.

• Laat weet grondeienaars wat deur die vuur bedreig word betyds om hulle vee te verwyder

– ± 10 km vooruit tydens wegholbrande.

• Dink altyd helder en moenie kanse vat nie – jou lewe is meer werd!

Skrywer: Frans Marx, BBV Wolmaransstad