2015
17
G
RAANGIDS
Die bestuur van nuutaangestelde
werknemers en afwesigheid van werk
Soos met enige van die ander bestuursfunksies van die boerdery-onderneming, benodig menslike
hulpbronne bestuursondersteuning en aandag.
Die bestuur van werknemers in diens van ‘n boerdery plaas daagliks uitdagings op die bestuur of
eienaar van die boerdery. Hierdie uitdagings is legio en vereis goeie kennis, geduld en begrip van
elke situasie. Ons gee in hierdie artikel aandag aan sekere aktuele situasies waarmee werkgewers
gekonfronteer kan word.
• Die eerste probleem ontstaan net ná die aanstelling van ‘n nuwe werknemer. Dit het aanvanklik
goed gegaan vir die eerste weke of dalk maande en dan het probleme begin kop uitsteek. Dit
is uiters belangrik om reeds met die onderhoud vas te stel of die kandidaat wat jy wil aanstel
oor die nodige vereistes beskik wat jy aan hom wil stel. Met ander woorde, sal hy die werk wat
jy van hom verwag, kan doen? Daarvoor is dit nodig dat jy ‘n proeftydperk moet instel om
sodoende die werknemer se geskiktheid te meet. Slegs as daar afwykings is, het jy die reg om
die werknemer se dienste te beëindig sou hy nie aan die vereistes voldoen nie. Die volle prose-
dure van diensbeëindiging moet egter steeds gevolg word.
• Daar is ook gevalle waar die werknemer sekere aspekte van sy persoonlike situasie van die
werkgewer weerhou het tydens die onderhoud en aanstelling. Hiervoor is dit belangrik dat jy
al die inligting verkry wat vir jou belangrik is, maar die werknemer moet op sy dienskontrak
verklaar dat hy eerlik is met inligting wat oorgedra word. Die vasstel van probleme later in die
diensperiode kan ook tot ontslag lei.
• Daagliks is daar ander situasies wat ook ‘n sterk impak op die bestuursvaardigheid van die
werkgewer of die bestuurders van ‘n onderneming het. Die afwesigheid van werk skep ‘n ern-
stige dilemma met produktiwiteit. Afwesigheid neem verskeie vorme aan. Onthou egter dat die
werknemer sy tyd aan die boerdery verkoop. Indien hy nie sy tyd of aandag aan die onderne-
ming beskikbaar stel nie, is hy nie geregtig op vergoeding nie. Geen werk, geen betaling, is die
beginsel.
• Wegbly van die werk is ‘n ernstige oortreding en behalwe dat die werknemer nie betaal word
nie, moet hy ook, gebaseer op jou dienskontrak en dissiplinêre kode, gestraf word.
• Maandag- en betaaldag-afwesighede is van die meeste probleme wat ervaar word. Soos met
enige ander afwesigheid van werk, soos byvoorbeeld waar die werknemer verlof neem, moet
die werkgewer vooraf kennis dra van enige wegblyery van die werksplek. Streng optrede kan
volg wanneer daar nie vooraf kennis gegee is en toestemming vir afwesigheid nie verkry is nie.
Hierdie situasies word misbruik tot nadeel van die produktiwiteit van die boerdery. Dit is die
werkgewer of bestuur se verantwoordelikheid om die misbruik te stop.
Vervolg op bl. 18