Background Image
Previous Page  18 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 150 Next Page
Page Background

2015

16

G

RAANGIDS

Werknemer onder die invloed – wat nou?

Werknemers aan diens wat onder die invloed van alkohol verkeer, bly ‘n probleem vir enige

werkgewer. Alkoholgebruik affekteer ‘n werknemer se visie, spraak, koördinasie en reaksiespoed.

Werknemers wat onder die invloed van alkohol is en met masjinerie werk of voertuie bestuur, hou

‘n hoë risiko in vir die werkgewer, hulself en ook hul medewerknemers. Daar rus ‘n verpligting op

die werkgewer om ‘n veilige werksomgewing vir alle werknemers te skep en daarom moet hierdie

oortreding in lyn met die dissiplinêre kode en prosedure hanteer word.

Hoe om te bepaal of ‘n werknemer onder die invloed is:

Arbeidswetgewing spesifiseer nie wat die simptome is om te bepaal of ‘n werknemer onder die

invloed van alkohol is nie. Daarom is dit belangrik om beleidsmaatreëls ten opsigte van alkohol

in die werksplek te implementeer. Werknemers kan ook aan alkoholtoetsing onderwerp word

gedurende werkstyd, maar slegs indien dit só vervat is in hul dienskontrakte of in ‘n alkoholbeleid.

Werkgewers kan in die algemeen die volgende simptome in ag neem om te bepaal of ‘n werk-

nemer onder die invloed van alkohol is:

• Rooi en bloedbelope oë met pupille wat vergroot is.

• Praat met ‘n sleeptong en onsamehangend.

• Gedragsverandering.

• Slingerloop, met ander woorde die persoon is gedisoriënteerd.

• Vertraagde koördinasie en reaksie.

• Asem ruik na alkohol.

Hoe om op te tree indien ‘n werknemer onder die invloed is:

1. Roep die werknemer eenkant, verkieslik na ‘n kantoor. Sorg dat ‘n getuie teenwoordig is.

2. Stel vas of die werknemer onder die invloed is. Versoek die werknemer om in die toetsapparaat

te blaas. Indien jy nie oor só ‘n apparaat beskik nie, kan die werknemer na ‘n geneesheer

geneem word vir bloedtoetse om sy alkoholvlak te toets.

3. Indien hierdie metodes nie beskikbaar is nie, of indien die werknemer weier om sy/haar

samewerking en toestemming te gee, teken sy gedrag en voorkoms aan. Vra ook getuies om

hul waarnemings aan te teken. Dit is belangrik om dit op skrif te stel.

4. Stuur die werknemer liefs huis toe vir die dag, sonder betaling.

5. Volg die korrekte prosedure volgens jou dissiplinêre kode.

Dissiplinêre verhoor

Indien ‘n dissiplinêre verhoor gehou word, is dit belangrik dat die korrekte prosedure gevolg word

om regverdige prosedure en substantiewe billikheid te verseker. Tydens die dissiplinêre verhoor

moet alle getuies wat die simptome waargeneem het, teenwoordig wees. Die bewyslas is nie

so swaar in arbeidsreg nie en die werkgewer moet slegs op ‘n oorwig van waarskynlikheid kan

bewys dat die werknemer wel onder die invloed van alkohol was gedurende werkstyd, wat ‘n baie

ernstige oortreding is.

Drank- en dwelmoortredings in die werksplek is baie ernstige oortredings en die verantwoorde-

likheid om hierdie oortredings aan te spreek, lê by die werkgewer. Indien daar ‘n ongeluk in die

werksplek plaasvind en die betrokke werknemer was onder die invloed van drank of dwelms,

sal die werkgewer verantwoordelik gehou word indien hy/sy nie opgetree het teenoor sodanige

werknemer nie. Om dissipline in die werksplek te handhaaf, moet dit konsekwent toegepas

word. Duidelike reëls in die werksplek is van kardinale belang om ‘n werksomgewing te skep

waarin konflik beperk word met die oog op verhoogde produktiwiteit. Kontak gerus die LWO

Werkgewersorganisasie vir meer inligting by 086 110 1828,

info@lwo.co.za

of

www.lwo.co.za

.

Skrywer: Crystal McLauchlin, Regsadviseur: LWO Werkgewersorganisasie