Let op die aankoop en gebruik van insetmiddele
Die gebruik van ongetoetste insetmiddele en
die aankoop van insetmiddele by onbekende
verspreiders, stel produsente jaarliks aan groot
risiko’s bloot. Let dus op die volgende wenke
wanneer insetmiddele aangekoop en gebruik
word:
• Maak seker dat die insetverskaffer ‘n erkende
maatskappy is met ‘n bewese rekord.
• Sorg dat alle aanbevelings sover moontlik op
skrif gestel en veilig bewaar word.
• Probeer sover moontlik rekord hou van alle
aankope.
• Gaan die kwaliteit van die insetmiddel na,
byvoorbeeld by saad kan die ontkieming van
die spesifieke saadlot aangevra word.
• Saadbehandeling moet deur die saadmaat-
skappy self of met gesertifiseerde saadbe-
handelingstoerusting gedoen word.
• Wanneer landbouchemikalieë aangekoop
word:
Maak seker die insetmiddel is geregistreer
vir die doel van gebruik;
Verseker dat die maatskappy wie se inset-
middel dit is, lid van CropLife is;
Maak seker dat die verspreidingsmaat-
skappy lid van CropLife is en dat die
agent gekwalifiseerd is; en
Raadpleeg die 2013 MIG-publikasie van
die LNR-Instituut vir Graangewasse.
Gebruik oor die algemeen kleinkontrolepersele
om nuwe insetmiddele te toets alvorens dit op
groot skaal gebruik word.
Wat Rhizobium-bakterieë betref, is dit belangrik
dat slegs geregistreerde insetmiddele gebruik
moet word. Die spesifieke produk moet ook
verkieslik deur die betrokke saadmaatskappy
wie se saad geplant word, aanbeveel word.
Moenie nuwe produkte op groot skaal
gebruik nie.
Wat pryse betref, maak seker dat die beste
markgerigte prys betaal word. Kry ten minste
drie kwotasies waar moontlik en moenie die
eerste beste prys goedsmoeds aanvaar nie. Lede
kan gerus vir Graan SA skakel in verband met
insetprystendense.
Let op na die koop van grondverbeteraars,
blaarvoedings en organiese middels
Die werking van hierdie insetmiddele word
nie bevraagteken nie, maar produsente moet
daarop let dat sommige van hierdie insetmid-
dele nie behoorlik getoets of onder Wet 36 van
1947 geregistreer is nie. Wanneer dus oorweeg
word om só ‘n insetmiddel te gebruik, moet op
die volgende gelet word:
• Maak seker dit is onder Wet 36 van 1947
geregistreer.
• Dring aan op langtermynstatistiese- en ver-
kieslik onafhanklike plaaslike proefresultate.
• Moet nooit só ‘n insetmiddel dadelik op
groot skaal gebruik nie; maak eerder van
kleinskaalse strookproewe wat statisties
geëvalueer kan word om die insetmiddel se
prestasie te meet, gebruik.
• Bepaal of dit koste-effektief is om die inset-
middel te gebruik.
Graan SA is van mening dat al hierdie tipe
insetmiddele eers statisties deur ‘n erkende
plaaslike onafhanklike instansie vir volhoubare
produksieverbetering ten opsigte van ekono-
miese voordeel getoets moet word alvorens dit
geregistreer en bemark kan word.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette,
Graan SA
G
RAANGIDS
2014
96