Volg die volgende stappe wanneer jy kalibreer (om algeheel te spuit):
1. Besluit in watter rat en enjinomwenteling jy met jou trekker gaan spuit. Vul die tenk met water en
bepaal dan die tyd wat die trekker sal neem om 100 m in die land af te lê.
2. Maak seker dat die spuit met die korrekte spuitpunte toegerus is. Met die trekker in ‘n stilstaande
posisie, sit die pomp aan en stel die spuitdruk in op die gewenste vlak en teen dieselfde enjinom-
wentelings as in stap 1.
3. Met die spuitdruk op die gewenste vlak ingestel, meet nou die hoeveelheid water deur elke spuit-
punt gelewer in die tyd soos bepaal in stap 1.
4. Meet die totale spuitwydte van die spuit.
5. Met die bostaande inligting, bereken nou die spuitvolume per hektaar:
6. Indien verlangde spuitvolume nie gelewer word nie, moet stappe 1 tot 5 herhaal word met
verskillende ratkombinasies, totdat die verlangde volume per hektaar toegedien word.
7. Bereken nou die korrekte volume gifstof wat by die spuittenk gevoeg moet word:
Maklike stappe vir kalibrering
Spuitvolume =
10 000 x totale volume water (liter)
(soos bepaal in stap 3)
afstand (100 m) x spuitwydte (meter)
Volume gifstof wat by tenk
gevoeg moet word =
inhoud van tenk x gifstofdosis/ha
spuitvolume/ha (soos bepaal in stap 5)
Bron: Produsent: Jan de Villiers, Ficksburg
2014
97
G
RAANGIDS