

Desember 2016
12
Ons kyk terug op 2016
– die wie, wat, waar, wanneer en waarom
van Graan SA in die media
G
raan SA se openbare betrekkinge-strategie fokus deurentyd op die bou van netwerke en die skep van bewustheid
van sy aktiwiteite gedurende die jaar. Ons is oortuig daarvan dat innoverende boodskappe en veral konsekwent-
heid belangrike beginsels is om die organisasie in stand te hou en te laat groei en moedig daarom ons lede deurlopend
en aktief aan om inligting intern te deel en ons fokus daarop om netwerke met landbourolspelers en -belanghebbendes
ekstern te versterk.
Differensiasie
Versekering dat ons pogings, kommuni-
kasie-aanbiedings, diens aan graanpro-
duserende lede, besprekings van kwessies
en openbare betrekkinge-strategieë ons
organisasie uniek en anders maak.
Assosiasies
Bevestiging dat die gevolge van alle
kommunikasie- en media-aktiwiteite wat
uitgebeeld word, die organisasie se strewe
kenmerk om betrokke te wees by en
geraadpleeg te word oor alle sake wat op
die welstand en beleidsomgewing van die
bedryf betrekking het.
Identiteit
Sekerheid dat die organisasie en sy werk-
nemers uitgebeeld word as tegniese
kundiges en sterk voorstanders daarvan
om die graanprodusent se rol in die ver-
sekering van volhoubare voedselsekerheid
te bevorder.
Welwillendheid
Vergewissing dat die beleide en optrede
van die organisasie waarby ander baat
en wat die gemeenskapsbelange van
belanghebbendes bevorder het, aan alle
lede gekommunikeer word.
GRAAN SA
ALZENA GOMES,
skakelbeampte: Graan SA
Internet
65 491
Graan SA-webbladbesoeke
85 149
NAMPO-webbladbesoeke
54 512
Safex-webbladbesoeke
513
2015 2016
1 002
775
2015 2016
1 085
582
2015 2016
1 424
Elektroniese
media
Uitsaai-
media
Gedrukte
media
2016
Kommunikasiekanale
Graan SA gebruik verskeie kommunikasiekanale en mediaplatforms om sy teikengehore te bereik, sodoende die boodskap
met betrekking tot die belangrikheid van voedselsekerheid en volhoubare graanproduksie aan beide sy lede en die algemene
publiek oor te dra.
Media
Fokusareas
Ons fokus spesifiek op die konsepte wat noodsaaklik is om die organisasie deur middel van sy openbare betrekkinge-aktiwi-
teite te posisioneer. Hierdie konsepte kan soos volg opgesom word: