Background Image
Previous Page  28 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 44 Next Page
Page Background

AKTUEEL

Hoe word datawetenskap

in die VSA toegepas?

LANDI KRUGER,

datawetenskapkoördineerder: Graan SA

D

atawetenskap is ‘n konsep wat

die afgelope tyd al meer op die

voorgrond getree het, veral van

toepassing op die landbousektor.

Hoewel die implementering en presiese

werking van dié wetenskap op die huidige

stadium meer vrae as antwoorde inhou, is

dit definitief ‘n wetenskap om mee rekening

te hou in die toekoms.

Vroeër vanjaar het ek die geleentheid ge-

had om te gaan kyk hoe die VSA die gebruik

van datawetenskap in die landbousektor

toepas danksy ‘n borgskap van Monsanto en

Graan SA. Ek deel graag in hierdie artikel ‘n

paar waarnemings met ons lesers.

Monsanto is toegewyd tot toenemende

produksie en bewaring van hulpbronne en

het die afgelope drie jaar meer fokus ge-

plaas op die gebruik van tegnologie en hoe

dit produsente se risikobestuur kan verbeter

en produktiwiteit kan verhoog. Die maat-

skappy het in hierdie tyd in drie organisasies

belê wat spesialiseer in verskeie fasette van

presisieboerdery en datawetenskap.

Climate Corporation (St Louis, Missouri)

lewer unieke sagteware, hardeware en

versekeringsdienste aan produsente. ‘n Pro-

dusent kan al sy landerye op die webblad

registreer, waarna hy elke keer ingelig word

wanneer en hoeveel dit op die spesifieke

land gereën het. Weersimulasies kan per

land gesien word – wat handig te pas kom

wanneer daar gespuit moet word.

Die program kan verder gebruik word om

satellietbeelde van die landerye te sien wat

op ‘n weeklikse basis opgedateer word en

dit wys ook areas in die land uit waar tekorte

of siektes ontstaan. Dit stel die produsent in

staat om vinnig daarop te reageer en reg-

stellings aan te bring indien moontlik.

Toediening van die regte hoeveelheid stik-

stof, op die regte tyd, is ‘n groot uitdaging

vir die meeste VSA-produsente en Climate

Corporation spreek dié uitdaging aan deur

‘n stikstofaanbeveling te maak. Inligting

wat in ag geneem word, is die grondtipe,

bewerkingsmetodes, vorige gewas op

die land, plantdatum, plantpopulasie en

teikenopbrengs.

Die program neem weervoorspellings en

beplande stikstoftoedienings in ag en be-

reken of die plant te min, te veel of die regte

hoeveelheid stikstof gaan ontvang. Die doel

van die program is om die produsent van

akkurate inligting te voorsien, wat sy be-

sluitneming ondersteun en in staat stel om

probleme te identifiseer en daarop te rea-

geer voor dit die opbrengs beïnvloed.

Precision Planting (Tremont, Illinois) fokus

ook op tegnologie met spesifieke ver-

wysing na presisieboerderytoerusting. Hul

produkreeks sluit meganiese produkte,

monitors en wolk (

cloud

)-oplossings in. Nie

net maak hul akkurate data-insameling en

-verwerking moontlik nie, hul meganiese

produkte stel die produsent ook in staat om

die aanbevelings te implementeer.

Die maatskappy beskik oor ‘n inbelsentrum

waar hul kliënte se vrae en probleme in ‘n

kits uitsorteer. Die persone aan die ander

kant van die foon is bekwaam, ken hul

toerusting en het die toerusting byderhand

om dieselfde probleem te simuleer en die

produsent te help om dit spoedig op te los.

Suid-Afrikaanse produsente kan self van hul

produkte bekom deur Cerealis Precision, hul

plaaslike agent.

640 laboratoriums (Chicago, Illinois) is on-

langs deur Climate Corporation oorgeneem

en het ‘n toestel ontwikkel wat aan die trek-

ker of stroper gekoppel word om sodoende

dieselfde inligting in te samel wat deur ‘n

monitor ingesamel sou word. Die voordeel

van dié toestel, die Fieldview Drive, is dat

dit op masjinerie van verskeie vervaardigers

aangewend kan word. Selfs al is die pro-

dusent nie self op die trekker nie, ontvang

hy sms- of e-posverslae en kan die monitor

dophou van ‘n afstand of enige ander toe-

stel (soos tablet of slimfoon) af. Die integrasie

van dié drie organisasies maak samewerking

en vloei van inligting baie makliker.

Volgende aan die beurt, was ‘n besoek aan

John Deere (Moline, Illinois) wat self baie

navorsing op dié gebied doen en produsen-

te al ‘n geruime tyd van tegnologie verskaf

om akkurate data-insameling op grondvlak

te doen.

‘n Toename in sensors, monitors en ander

tegnologiese toestelle kan verwag word

hoe meer produsente die waarde van ak-

kurate en volledige data-insameling besef.

Du Pont Pioneer (Des Moines, Iowa) het

‘n produk bekendgestel genaam Encirca.

Encirca View is ‘n program, gratis beskik-

baar, waar produsente hul lande kan merk

op ‘n satellietkaart en, wanneer hy in die

land sekere waarnemings maak, foto’s

daarvan neem en dit oplaai of notas maak

wat vir daardie spesifieke land op dag en

datum gestoor word.

Sulke notas behou waardevolle inligting

en kan selfs oor jare heen gestoor word vir

vergelykings. Encirca View Premium is ‘n

opgradering van Encirca View en beskikbaar

teen ‘n nominale fooi. Dit samel akkurate

weer- en reënvaldata per land (deur weer-

stasies moontlik gemaak) in. Encirca View

Premium bied ook die nuutste marknuus en

prysinligting aan produsente. Encirca Yield

Stand bied weer data-ontledingsdienste wat

alle fases van die gewasontwikkeling moni-

tor en aan die produsent inligting deurgee

rakende die stikstofvlakke, grondinligting

en vele meer. Die doel van die program is

om produsente akkurate, tydige inligting

te bied waarop hul vinnige besluitneming

kan baseer.

Buiten die tradisionele landboumaatskap-

pye wat in datawetenskap belê, is daar

heelwat sagteware-ontwikkelaars wat hul

fokus na die landbousektor verskuif en om

te bepaal hoe hulle ‘n verskil kan bewerk-

stellig. Een van dié organisasies is Granular

(San Francisco, Kalifornië). Hul program

bied aan produsente die geleentheid om

nou alle bestuursfunksies elektronies in te

voer, te monitor en afwykings dadelik te

identifiseer: Van die beplannings- en be-

grotingsfase regdeur al die plaasaktiwiteite

wat op ‘n daaglikse basis plaasvind tot ‘n

baie akkurate analisering aan die einde van

die seisoen.

Desember 2015

26